DA-wedloop lyk na ’n driebeen-resies

Mike Waters. Foto: DA

Die wedloop om James Selfe te vervang as voorsitter van die DA se federale dagbestuur lyk in hierdie stadium of dit tussen drie kandidate beslis kan word.

Dit kom nadat ’n nuwe kandidaat hom as opsie by die verwagte tweestryd tussen Thomas Walters en Athol Trollip aangesluit het.

Daardie derde kandidaat is Mike Waters, federale ondervoorsitter en gewese adjunk-hoofsweep van die party.

“Ek kan bevestig dat ek deur verskeie mense gevra is om te staan en dat ek dit sterk oorweeg. Die versoeke om my verkiesbaar te stel, het veral gekom na die verwikkelinge van die afgelope paar dae, toe ek vrae oor (die DA-leier) Mmusi Maimane se huis en motor gestel het by die vergadering van die federale dagbestuur,” het Waters by navraag gesê.

Die nominasies vir die posisie open more en sluit Vrydag. Indien Waters staan, sal hy beskou word as die sterkste opposisie teen Maimane van die drie kandidate. Na verstaan word, sou Maimane verkies dat Trollip die posisie vul.

Trollip is tans die nasionale voorsitter van die DA en was voorheen burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth.

Waters is tans die ondervoorsitter van die party se federale dagbestuur. Die verkiesing vind tydens die volgende sitting van die federale raad op 18 tot 20 Oktober plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert J ·

Ag shame DA, julle hand is net so lekker diep in die goue pot soos die Juju gang. Musi moet nou uit.

Maljan ·

Lyk of mnr waters haan kers opsteek het by die ob om vrae te vra oor sake wat reeds in die !edia gewas word.

Animal Farm ·

Die klomp politici gee nie n duit om vir die kiesers nie! Hulle is net daar om vinnig ryk te word! Maak nie saak watter party hulle verteenwoordig nie!

Gert van Wierdapark ·

Hou basaar dan hardloop julle die drie-“” been resies! Lyk my die party raak al hoe meer soos’ n afkop-hoender?

Gert Retire@Midstream ·

Die drie M’e. Maimane, Magachule en Malema. Driemanskap.

sweis ·

Ek hou maar by VF+ die DA/anc lite kan niks vir my doen nie.

barend v d westhuizen ·

ja da maak nie meer saak wie julle kies nie my stem kry julle nooit weer nie

marina ·

O dit gaan nie werk al 3bblank en in hierdie land mag geen blanke top bestuur wees! Al het geskiedenis bewys dan werk iets!! So ironies Tony Leon en Zille DA laat groei en hier kom Maimane en DA op afdraend pad!! Geskok oor Maimane ook maar voete van klei het kon versoeking van welvaart nie weerstaan en gaan nou prys daarvoor betaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.