DA wen belangrike Vrystaatse tussenverkiesing

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: Mmusi Maimane/Facebook)

Die DA het hierdie week ‘n verrassend sterk oorwinning oor die ANC behaal in ‘n taai tussenverkiesing in die Vrystaat, wat tesame met ander onlangse uitslae in oorwegend bruin gebiede ‘n moontlike aanduiding is dat DA-steun onder bruin kiesers sterker kan wees in vanjaar se algemene verkiesing as wat die syfers tot ‘n paar maande gelede getoon het.

Hierdie week se tussenverkiesing was in wyk 47 van die Mangaung-metro, wat setel in Bloemfontein. Die wyk omvat grootliks die oorwegend bruin buurt Heidedal, met ‘n klein sliert van die township Mangaung bygelas.

Die tussenverkiesing is gewen deur Mokgadi Kganakga (DA), wat 1 481 stemme verower het. Die ANC was tweede met 1 225 stemme, gevolg deur die Patriotic Alliance met 340, die EFF met 205 stemme, ‘n onafhanklike kandidaat met 92 stemme en die African Progressive Movement met 5 stemme.

DA-bronne was vandag verlig en miskien ‘n bietjie verras oor die party se sukses in Heidedal, wat jare lank ANC-raadslede verkies het en tot ‘n paar jaar gelede ‘n stoere ANC-bakermat was. In 2016 het die DA die wyk net-net ingepalm, maar hierdie week se uitslag wys dat die gaping tussen die DA en die ANC in Heidedal sedert 2016 vergroot het.

Hoewel die DA-stem een persentasiepunt swakker was as in 2016, het die ANC selfs verder teruggesak, met veral die Patriotic Alliance (‘n party wat aanvoer dat hulle bruin etniese belange eerste stel) wat die sterkste groei sedert 2016 aangeteken het.

‘n Interessante aspek van die tussenverkiesing was dat die DA die enigste party was wat ‘n swart kandidaat gestel het in die oorweldigend bruin en bykans volkome Afrikaanse wyk. Al die ander partye se kandidate was bruin en Afrikaans. Die persepsie was nog altyd dat brandarm bruin stedelike kiesers soos Heidedal s’n glad nie geneig sou wees om vir ‘n swart kandidaat bo ‘n bruin kandidaat te stem nie, maar hier het dit beslis gebeur.

Dit kan op twee neigings dui. Eerstens, dat die bruin werkersklas-rassisme teen swart mense (minstens in Heidedal) nie ‘n rol gespeel het nie en straks op meer plekke landwyd besig is om te vervaag, sodat al meer Suid-Afrikaners beleid belangriker begin ag as identiteitspolitiek en rasse-vooroordeel.

Tweedens dui dit daarop dat die DA se handelsmerk onder bruin kiesers dalk sterker is as wat met die huidige interne DA-gekibbel, die koerslose gebrek aan beleidsekerheid en die swak hantering van die Patricia de Lille-geskil gedink is.

In hierdie verband sluit die DA se sterk vertoning in Heidedal aan by die party se gerieflike twee onlangse oorwinnings in oorwegend bruin wyke – in die Kaapse buurt Bonteheuwel, waar die ANC ondanks ‘n groot en gefokusde veldtog die kreeftegang gegaan het met net 14% steun, en in Eendekuil in die Swartland, waar die DA die wyk by die ANC afgeneem het.

Hierdie drie uitslae is ‘n groot verbetering op DA-uitslae in oorwegend bruin gebiede sedert die begin van die DA se botsing met De Lille in Oktober 2017. Van Oktober 2017 tot aan die einde van verlede jaar het die DA kwaai verswak in ‘n wye verskeidenheid oorwegend bruin wyke, en verskeie van daardie wyke aan die ANC afgestaan.

Die drie tussenverkiesings in oorwegend bruin gebiede sedert Nuwejaar lyk egter baie sterker vir die DA, en dui op ʼn moontlike herstel in bruin DA-steun, asook dus moontlik ‘n beter as verwagte DA-vertoning in die algemene verkiesing, mits die stempersentasies in oorwegend bruin gebiede skaflik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Ellisras ·

Ek stem nie 100% met die DA saam nie. Maar die DA het my stem. Jy wat nog wonder, daar is niemand met wie jy 100% saamstem nie. Die lewe werk so.

Marius ·

Dis hoekom ek hierdie keer VF+ gaan stem. Ek stem ook nie 100% saam met hulle nie, maar dis ten minste ‘n stem vir’ n party wat na die regte van die Afrikaner omsien. Die DA voel ‘n veer vir die Afrikaner – maak nie meer sin, vir my, om vir hulle te stem nie.

Johan ·

Ellisras, stem saam met jou.
Veral hier in die Kaap sal n stem vir n kleiner party niks anders beteken as om reg in die hande van die ANC te speel. Partykeer moet mens maar net die groter prentjie sien

bollie ·

Marius – wat doen die VF+ nou kamma vir die Afrikaner? Hul beleid is blykbaar vir selfbeskikking maar hulle doen absoluut NIKS in die verband nie. Hierdie saak is nog nie eers in die parlement geopper nie en op geen beskikbare openbare verhoog sover ek weet nie. Absoluut geen gesprekke oor selfbeskikking nie, zilts.

Jasper ·

Die EFF gaan jou erger terug spite James. Ek gaan VF plus stem.

Stella ·

Die VF is maar skaars op die nuus,DA gee terugvoer,en hulle is aan die gang,stem nie saam met alles nie,DA het my stem

JK ·

@Stella, as ek vir n rassistiese party wou stem, sou die EFF,BLF,ANC of DA gewees het, maar ek het bietjie meer integrity as dit.

dolla ·

Definitief DA, steeds die beste opsie. VF+ is useless. Stel kamma selfbeskikking voor maar doen niks in die verband nie. Nog nie eers in gesprek getree met belanghebbendes nie, useless.

Deon ·

Groenewald en Mulder is te oud. Dit is tyd vir jonger Afrikaners om oor te neem.

Dries du Toit ·

Stella stem jy vir die party wat op die nuus is. Stem dan vir EFF. Hulle is op die nuus

Johan ·

Ellisras, stem saam met jou.
Partykeer moet mens die groter prentjie sien.

Beste van beide werelde is om nasionaal met my hart VF+ te stem en provinsiaal in die Wes-Kaap die DA aangesien hulle tussen hulself en die ANC die strate beter opsie is om hierdie provinsie te beheer

Johan ·

Leeu as jy nie stem nie is dit net so goed jy stem vir die ANC

Leeu ·

Daar is geen verskil tussen die DA en ANC nie, so dit maak regtig nie saak nie.

Gaitsigubib ·

Nee Johan daar is jy verkeerd. Jy moet eerder gaan stem vir die ANC anders tel jou stem vir die EFF. Jy sal sien wat maak die ANC as hulle begin steun verloor. Gaan kyk gerus wat het Bob gedoen toe die MDC in Zim begin steun kry. Hy het gegee wat hy by ander gaan vat het. Die oproer in die Kaap word veroorsaak deur die ANC wat julle DA kerels nie gaan vergewe vir jul verraad nie. As jy dink jy sal Afrika verander by die stembus, dan wonder ek waar kry jy jou inligting. Hierdie is van 94 af nie meer die Weste nie my ou maat, dis nou die Wilde Weste.

Daan ·

Die VF is baie aktief in ons area en het groter verskille gemaak in die druk wat hulle toepas as enige ander party.

IK ·

Sodra ek kyk wat die DA se jeugleier en hulle Noordwes-leier gedoen het met die juffie op Scweizer dan het hul nie my stem. Wanneer ek kyk na sommige vakansieklubs se onregmatige houvas op lede (ongeag ouderdom, siekte ens.) letterlik tot die dood toe en wat die VF+ uitgerig het, wel dink vir jouself. Soverre ek bewus is het die DA geen verskoning aangebied vir hul optrede teenoor Elana Barkhuizen. Vir die DA is dit seker onnodig maar ‘Small things make perfection but perfection is no small thing’.
Koebaai DA . . .

Anoniem ·

Wen met 256 stemme. Kom verkiesingsdag sal dit egter ‘n heel ander prentjie wees wanneer die EFF vir die ANC stem.

Jaco ·

Ek weet nie meer vir wie om te stem nie, DA of VF? VF het nie veel mag nie, want ons blankes en kleurlinge is n onsienbare klein kolletjie ….Die DA het hulself nou weer uit en uit bewys in die Kaap, hulle weet hoe om met integriteit op te tree en het meer mag….vandat die DA die kaap hardloop lyk dit soos n eerstewereld stad en dit in slegs 15 jaar van in bewind wees…so dink net as hul die hele land kan oorneem…of hoe?

DAs ·

@Jaco, n eerstewereldsstad, maar tog met die meeste moorde in SA. Gaan meet die Kaap op teenoor die res van SA, dan sal jy vinnig sien dis glad nie so great nie.

Johan ·

@Jaco, verdeel dan jou stem. VF+ Nasionaal en DA Provinsiaal.
Kyk maar na historiese verkiesingsuitslae, baie mense in die Kaap doen dit.

bollie ·

DAs – Kaapstad is aangewys as “Best City in the World” vir 2018. Die moorde is gekonsentreerd in sekere gangster-gebiede op die kaapse vlakte, raak net die mense daar.

Grys ·

Ek bly in IFP- area hier in kzn, nie te bad nie. Ek Stem nog steeds nie mors van tyd.

DADA ·

DA die enigste haalbare opsie vir ‘n verenigde SA. VF+ is apartheid-lite, sal nooit my stem sien nie. Leer die mense dan nie uit die verlede nie?

Frik Lotz ·

VF Plus se beleid het niks met apartheid te doen nie. Hul veg onbeskaamd vir minderhede se regte. DA steun regstellende aksie wat diskrimineer teen minderhede soos witmense en bruinmense. Nee wat, die DA is eintlik n lite, n ANC-lite!

DADA ·

VF+ steun nie regstellende aksie nie want hulle ontken die ongelykhede van die verlede en die noodsaaklikheid dat dit aangespreek word. Dis een van die probleme wat ek met hulle het. Apartheid-lite.

Herman ·

Die Vrystaaters sal seker eers 5 jaar later agterkom dat die DA se beleid amper lynreg met die ANC is

Krummel ·

Die DA is ook maar net nog ‘n klein party’tjie. Die EFF gaan hulle binnekort verbysteek as opposisie. Hulle is niksbeduidend teen die ANC en dit sal nooit regtig verander nie. Hulle het eintlik ook maar hul plafon bereik. Die probleem in hierdie land is dat die meeste burgers nie die basiese begrip van die ekonomie ens. verstaan nie. Hulle sal dus altyd agter die massas aan hol. Hulle verstaan nie dat dit ook maar hul eie ondergang gaan beteken. Ek stem VF+ nou en vir altyd.

Gaitsigubib ·

Ikona, waarom het die mense weggedraai van Zanu PF in Zim? Mense soek n “revolution” . Hulle sal hier die selfde doen dis waarom die ANC sommer EFF beleid oorneem het. Polities het hulle eintlik nie veel van n keuse gehad nie. Ek dink albei hierdie partye sal sterker word teenoor die ANC dit gaan egter nie die land stabiel maak nie.

SjN ·

Waar moet ek stem, da by die stembus en definitief nie DA nie. Cop(y)e en paste is nie n slegte opsie nie.

honourable member ·

Hierdie verkiesing maak my bang want mens weet eerlik waar nie vir wie om te stem nie want niemand kan ons red in hierdie land nie. Hierdie ANC regering het in 25 jaar hierdie land letterlik tot op die grond afgebreek en rassisme en crime aangehits. As daar ooit weer n ander party aanbewind moet kom moet hulle al hierdie jare en jare se agterstande probeer oplos want eintlik ontmoontlik is. En natuurlik sal die ANC sorg dat hulle altyd in beheer gaan bly so ons kan nooit wen in hierdie land nie……

Kobus ·

Daai swart man kry nie weer my stem nie, die DA gaan na die verkiesing niks beteken nie.

Frying Frog ·

Dis nie sonde, dom of weggooi van my stem om vir ‘n kleiner party te stem soos die VF+ nie. Hierdie partye word deel van ‘n koalisie en word dan die “kingmaker”. Tot dusver moes die DA in Gauteng en PE op die EFF staatmaak! Eish! En terloops, honourable member, al van God Almagtig gehoor. Op die oomblik straf Hy ons, maar sy toorn sal nie vir ewig bly staan nie.

Veritas ·

Stem Cope. Mosioua Lekota staan sterker teen grondonteiening as enige ander party. Hy ken die ware geskiedenis van SA en is nie bang om dit op publieke platforms te noem nie. Die feit dat hy weer in beheer van Cope is, sal meebring dat baie oud Cope stemmers dié party weer gaan ondersteun. Ek weet dat ek gaan.

Ellisras ·

Terror Lekota is mos die ou wat die kommando’s afgeskaf het. Dit sê alles. Hy kry nie my stem as beloning vir dit nie.

Kwagga ·

Ek stem VF+. As die DA my stem wil hê, maak ‘n koalisie met die VF+. Sodoende verseker ek darem dat ek stem vir ‘n party wat vir my belang sal staan en nie bang is om swart kiesers af te water nie( dit is hoe die DA tans optree). Die DA het vergeet “#whitevotesmatter”

Judge Dredd ·

Stem 100% saam – maar baie mense hier verstaan blykbaar nie hoe koalisies werk nie.

Cornelia ·

As ons, ons eie volk se leiers versaak t.w.v “getalle politiek” dan het ons werklik geen vertroue in ons eie beginsels, beleid, goeie bestuurs kwaliteite, etiese visie of daadwerklike vermoë om ‘n globale ommekeer in Suid Afrika as ‘n teenpool teen anargie en rassepolitiek teweeg te bring nie. Ons verre verlede getuig van “daadkrag” deur “geloofskrag” ongeag die “groter prentjie.” Tydens die oorlog teen Àmalek (Ex 17 : 8 – 15) het Äaron en Hur, Moses se hande aan weerskante ondersteun deur dit na Bowe te rig. Want telkens as sy arms moeg geword het, het hy dit laat SAK en dan het Ámalek die veld gewen. Ondersteun die leiers wat die Here uit ons midde vir ons aangewys het op hierdie selfde wyse sodat hulle nie “moeg” word om vir ons op te tree in ‘n onheilspellende tyd van bloed, vuur en onberekenbare ligsinnigheid nie. U ken die “groter prentjie”

Chris -Natal ·

Bollie, Kaapstad is ook aangewys as “Gang Town” maar die algemene publiek steur hulle nie daaraan nie want wat die oog nie sien nie gaan die hart nie aan nie.
Steeds stroom mense van buite die RSA na die skiereiland en die karakter van die Wes Kaap is besig om oornag te verander, sterkte aan die DA , nie eers Salomo se wysheid gaan die gety omkeer nie. wat nog van ‘n politieke party.

Judge Dredd ·

Ek sien baie mense verstaan nog nie die nut van koalisies nie.

Frik Lotz ·

Hoe kan mense nog DA stem? Dis beslis ook nie so n groot en sterk oorwinning soos Jan-Jan Joubert ons vertel nie en die stempersentasie was ook nie baie hoog nie. Jan-Jan Joubert se DA onderrok hang lekker ver uit. DA en ANC verskil nie veel van mekaar nie en voel niks vir minderheidsregte nie en albei steun regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging. Die groeiende alternatief is die VF Plus en dis net logies om vir hul te stem.

Sinies ·

Stem VF, in sommige gevalle mag hulle die magsbalans hou.
Dit sal hulle onderhandelibgsposisie dramaties versterk.
.
Ten minste is hulle aanslag positief.
.
DA is ANC lite, het usefull idiots se stemme nodig totdat hulle magsbasis voldoende verswart het.
Dan gaan hulle die idiots uitspoeg soos n uitgesuigde lemoen.

Gert J ·

Wanneer jy nie stem nie kan jy ook niks se nie. Kyk na die groot prentjie, bid hieroor en kry leiding van Bo. Moenie verkeerd deur gevoelens stem nie. God is en bly in beheer en Hy alleen kan SA help, want Hy het ons verlede en toekoms in Sy hande. Dis nie krag of geweld wat ons moet nastreef nie, maar ons moet staatmaak op die rigting wat die Heilige Gees ons lei. Moenie dit te lig skat nie. Ons is kragtig wanneer ons op ons kniee voor die Almagtige is.

Corne Barnard ·

2019 stem ons hele gesin en Vriend VF+ hul doen baie vir ons. VF+ Ons vat jul hand in 2019! Sterkte!

Afrikaan ·

Maimane lyk hoeka nes Zuma met sy hande so in die lug. Maar dan weet ons Maimane is op anc se payroll . Enige witmens wat vir DA wil stem moet ernstig berading kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.