DA wen in die Tshwane-metro

Foto: Twitter via @Our_DA

Foto: Twitter via @Our_DA

Die DA het geskiedenis gemaak deur die ANC te onttroon as die grootste party in die Tshwane-metro.

Met 100% van die stemme getel het die DA 761 618 (43,1%) van die stemme en 93 setels gekry, die ANC 728 618 (41,23%) van die stemme en 89 setels en die EFF 206 874 (11,71%) van die stemme en 25 setels. Die VF Plus het 1,99% van die stemme en vier setels op hom verenig.

Die ANC het in die 2011 munisipale verkiesing 800 367 (55,32%) stemme in die Tshwane-metro ontvang en die DA 559 286 (38,65%) stemme. In die provinsiale verkiesing in 2014 het die ANC 517 741 (49,31%) stemme op hom verenig, die DA 354 403 (33,75%) stemme en EFF 120 849 (11,51%) van die stemme.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het reeds Vrydagaand voorspel dat die DA die grootste party in die Tshwane-metro sal wees wanneer die stemtellery afgehandel is. Hy het terselfdertyd Solly Msimanga, die DA se burgemeesterskandidaat, gelukgewens. Maimane het benadruk dat sou dié party nie ʼn meerderheid behaal nie, die DA sy eie regering sal vorm deur koalisies met kleiner partye.

Die EFF word in talle gevalle as sogenaamde koningmaker gesien in groot metro’s soos Tshwane en Johannesburg waar geen partye ʼn meerderheid kon bereik nie.

Prof. Koos Malan, dosent in openbare reg aan die Universiteit van Pretoria, het voorspel dat geen party ná die munisipale verkiesing in die metro’s sou kon regeer sonder die hulp van ʼn koalisievennoot nie. “Dit is interessant dat, indien die maatstaf van politieke ideologie gebruik word, ʼn mens nie ʼn koalisie tussen die DA en EFF in die vooruitsig kan stel nie. Dit is duidelik dat politieke ideologie nie bondgenootskappe gaan bepaal nie,” het Malan gesê.

“Op skrif is die DA en EFF ver verwyderd – veel meer as die DA teenoor die ANC en die EFF teenoor die ANC. Maar takties gesproke is die moontlikheid dat die DA en EFF ʼn koalisie sal vorm baie sterker vanweë twee groot redes.”

Volgens Malan is die grootste rede geleë in albei partye se weersin in pres. Jacob Zuma. “Die Zuma-faktor is wat die ANC en EFF uit mekaar se arms hou. Daar is ʼn geweldige wig tussen die ANC en die EFF met Zuma wat bly. Die ander faktor is persoonlike vyandskappe. As mense weens persoonlike redes weersin het, is dit gewoonlik baie erger as ideologiese weersin.”

Malan het ook voorspel dat die DA en EFF genoeg steun in Pretoria sou kon kry om nie ander partye te benodig vir ʼn koalisie nie. “Die effek wat ons hierdeur kan sien, is dat ʼn koalisie met die DA ʼn matigende invloed op die EFF sal hê. Die DA wil hom as ʼn goeie regeerder vestig en kan dus nouliks radikale standpunte handhaaf aangesien hy sy steun op die lang duur wil stabiliseer.”

Malan het gesê die onluste wat ʼn ruk gelede in Pretoria gewoed het weens die ANC se burgemeesterskandidaat, kon moontlik tot gevolg hê dat baie van die ANC se ondersteuners eerder DA stem of glad nie stem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

WitBlits ·

Daar het jy dit ……… die EFF gaan eintlik die septer swaai en nie die DA of ANC nie!

johan ·

Jy het die spyker so op sy kop geslaan…. Die eintlike oorwinaar in hierdie helle verkiesing is die EFF….. Want hulle het almal aan die peere beet:) En ongeag met wie die EFF in koalisie in gaan meer, hulle kan nou selfs daai partye se beleids rigtings beinvloed. Die ironie is….. As die ANC nou vir Zuma laat gaan, en ons weet die EFF like nie Zuma nie….. Sal die EFF dan dalk saam met die ANC in die bed spring?

Anonymous ·

Eff septer swaai?? Hoe nogal. Om koalisie te vorm gee nie die mag aan EFF oor nie….Hoop eerder dat Zuma bly, anders is dit ANC en EFF wat saamsmelt en grond gryp.

jaco ·

die MDC in Zimbabwe het ‘n paar jaar gelede die stadsraad van Harare oorgeneem. ZANU het dit aanvaar. Maar toe die MDC die algemene verkiesing in 2008 wen, het ZANU die weermag en polisie ingestuur om MDC-ondersteuners te onderdruk en selfs dood te maak. Zim se polisie en weermag het ook dit duidelik gemaak dat hulle slegs onder ZANU sal dien. Dieselfde gaan in SA gebeur. Hierdie wonderlike vordering van die DA is ‘n “flash in the pan”. Die ANC beheer steeds die land se sentrale regering en 8 van die 9 provinsies. Eintlik is niks bereik nie. Nkandla en ander wanbestuur sal maar net soos altyd voortgaan.

Marlina Erasmus ·

Mooi DA!….nou begin julle werk…proof is in the poeding.

Jan maak n plan ·

Die DA moet nou nie grootkop kry nie en hulle ore oop maak en na die mense luister anders gaan hulle gou dieselfde pad as die ANC loop.

Kobus ·

As die EFF toestem tot ‘n koalisie, want hulle beduie tot dusver hulle stel hoegenaamd nie daarin belang nie, gaan hulle so destruktief wees soos in die parlement, of gaan hulle wel toestem, maar met ‘n swaard oor die DA se kop en die DA nederig hou?

Malema beduie mos die ANC en DA is arrogant. Dan sit hulle met ‘n hangparlement. Wat van dan nog meer betogings en bakleiery onder mekaar? Dit sal interessant wees om te sien hoe die DA die Malema faktor en hul weerbastige grondeise gaan hanteer.

Malema se span is nie daar om vriende met die DA of ANC te maak nie, ook lyk dit of hulle ‘n veer voel vir die realiteit. Die JHB en Tshwane ritte gaan vir die DA soos ‘n nagmerrie wees, jy gaan nooit seker wees van wat die EFF gaan aanvang nie. Of gaan die EFF tot hul sinne kom en ook die voordeel van ‘n koalisie met die DA insien? Dan net todat iemand iets sê waarvan hulle nie hou nie? En as die ANC sou besluit Ramaphosa vat oor ‘n paar maande by Zuma oor?

jo-anli ·

Kan iemand moontlik net voorlopig sê Randfontein hoe staan DA ANC VF asb dankie

Kobus ·

Hi jo-anil – tot op datum is dit as volg:

ANC = 52, 27% ; DA = 26,82%; EFF = 11,74%; RPP = 3,35% ; VF Plus = 1,48%

Pieter ·

Jo Anli as jy by netwerk 24 ingaan daar is n kaart wat jy kan kyk waar jy gestem het en die uitslag in Randfontein

Arina ·

Hi Jo-ann setels vier Randfontein is aa volg Anc 37 DA 19 EFF 8 RPP 2 VF+, Azapo en IVP 1 setel elk

jaco ·

mark my words die ANC en die EFF gaan n koalisie vorm om die sogenaamde “ryk wit rassistiese” DA uit te hou… Bloed kruip tog waar dit nie kan loop nie…

magda ·

Ek dink nie so nie nie. Malema haat eierkop. En dan kan melama nie toi toi in die parlement nie. Dit sal nogal n grap wees anc eff uit jaag uit die parlement.

jaco ·

Die ANC hoef net een ding te doen: DADELIK te begin om wit boere se grond sonder vergoeding en met staatsgeweld af te vat, en die EFF is weer saam met die ANC. Dan help die DA wat anyway ten gunste van grondhervorming is, absoluut niks nie

Pieter ·

Wonder wat het van ons Agbare President geword kruip se weg in Nkandla.

Columbiana ·

Shame man gee hom ‘n breek. Hy is nou eers opsoek na ‘n lappie grond om nuwe Nkandla te bou aangesien hy en sy maatjies daar verloor het

Arina ·

Geluk dat die Anc nie met meerderheid in beheer is nie. Geluk DA en selfs die VF+ met jul setels. DA is sover tweede grootste party met setels en die VF+ is vierde grootste in Gauteng

jo-anli ·

Dankie Kobus, Pieter en Arina waardeer.
Bly DA het soveel setels gewen.

Kobus ·

Hehehehe. Nou gaan die Uniegebou en Zuma se kantoor ook beter diens kry as onder die ANC?

Kobus ·

Jip, onder in die Kaap met die parlement is dit DA, bo in Pretoria/Tshwane met die Uniegebou is dit DA.

Nou kan die klop eers lekker diens verwag. Niks om oor te bekommer nie.

Disselboom ·

Die waarskynlike DA/EFF-koalisie laat Disselboom terugdink aan daardie kort TV-programmetjie wat vir soveel vermaak gesorg het op sy tyd: “Rooi en Blou”. Hulle kon mekaar so goed help, maar net so lekker stry.

Arina ·

Ekurhuleni uitslae is bekend en die Anc kan deur koalisie vervang word Anc 109 setels, DA 77, EFF 25, AIC 4, VF+ en IVP 2 elk, asook 5kleiner partye met 1 setel elk

Kobus ·

Ek glo na dese kan die ANC nie bekostig om Zuma in sy pos aan te hou nie, hy gaan voor die einde van die jaar waai. As hulle Zuma daar moet hou tot die einde van sy termyn, dan het die land daarna ‘n nuwe DA president.

Dankbaar ·

Dankie Here dat U ons hulp roep gehoor het!! Nou sal ons Munisipale geld nie meer deur die fat cats gesteel word nie, hierdie verkiesing was vir ons n gebed saak en ek gee vandag alle Eer aan God en vertrou Hom dat Hy weet wat Hy vir Sy kinders beplan. Slegs goed en niks sleg!!!

Ander Koos ·

Met respek ek dink die lofprysinge is voortydig. Niks gaan oornag verander nie.

jaco ·

Julle vergeet die ANC beheer steeds die sentrale regering en Gauteng se provinsiale regering. Dis bitter maklik, as dinge in Tshwane nie werk nie, om die verkiezingsuitslag nietig te verklaar, die metro onder administrasie te plaas en ANC-kaders te ontplooi om dan Tshwane te bestuur

N ·

Ek wonder vir wie het jy dan gestem Jaco? Dis nou as jy gestem het….

jaco ·

Dieselfde DA-mense wat nou so dans en fees vier oor hulle sogenaamde “oorwinning” in Tshwane, gaan nog LANG trane huil. Hierdie “setup” in Tshwane kan en gaan nie werk nie.

ss ·

Ons glo in n beter toekoms Jaco! Nie soos jy nie … en ek dink jy is die ene wat gaan lang trane huil en jou woorde nog gaan sluk. Ons mense soek regverdigheid en dienste en dis wat ANC nie kan doen – hul dit oor en oor bewys en hul eie lede het dit nou besef ook.
Baie Geluk DA en VF+ ….. ons het weer hoop in Tshwane en in ane munisipaliteite. Gebede is verhoor en daar is Lig vir almal weer.

N ·

Jaco – dit is mense soos jy wat so negatief is wat dinge moeiliker maak! Genade kan jy nie net die oomblik geniet nie? Die ANC het nie so goed gedoen soos hulle verwag het nie. Dit is reeds a groot oorwinning! Kan ons dinge nie maar stap vir stap vat nie?

Daan Van der Merwe ·

Nadat die ANC in 1994 meer as ‘n twee derde meerderheid in die parlement behaal het, het ek geen hoop vir ons land gehad nie. Maar soos misdaad en korrupsie toegeneem het, en politieke leiers hul misnoë met die ANC uitgespreek het, het ek weer hoop gekry. Korrupsie en misdaad was nie Nelson Mandela se droom nie. Sy droom was ‘n demokratiese Suid-Afrika waar redelike en verstandige mense, wit, bruin en swart, saam werk en beheer neem van ons land. Dit het nou uiteindelik gebeur en ek is na 22 jaar weer ‘n patriot. Trots om myself ‘n Suid-Afrikaner te noem.

jaco ·

Jy is verkeerd Daan. In 1994 het die ANC na ‘n onderhandelde skikking aan bewind gekom. Die hele wereld se oe was op SA. Die ANC kon nie die wit mense wegjaag of doodmaak nie. Toe onthou hulle daars misdaad en toe besluit hulle “let the criminals do our job for us. Let the criminals get the whites back for apartheid”.

Cecilia ·

EK Is bly en dit omtrent naels nog met tye. Die DA as harde werk gaan nou begin. Mense gaan nie Lee beloftes duld nie. Hoop DA sal in almal se belang optree staan vir wat reg en regverdig is. daar is baie harde werk voor om dinge set te ruk en alle oe gaan op DA wees. Dit gaan n baie interesante tyd wees. Geluk DA so wat ons as kierers vra is hou Jul beloftes en moenie ook so korrup en magsbehep raak nie.TREE REGTIG IN BELANG VAN AS OP. Moenie ons teleurstel nie

Oni ·

Jaco met soveel bitterheid kan jy niks bereik nie. Die DA staan nie net vir sekere groepe nie maar is vir almal daar.

johan ·

Sjoe, maar julle kap vir Jaco omdat hy die waarheid praat ne. Die eerste ding wat ons in ag moet hou is die ANC se vriendskap met die unies, en dan natuurlik die ANC se ideologie van die Aprtheids jare…… “We will make this country ungovernable” Ek bly in Meyerton (Midvaal), en kyk hoe het die onrus hier opgevlam so twee weke terug, onder die dek mantel van ‘n unie wat baklei vir sy mense se regte. So ja, Jaco het dit reg….. Moenie dink die DA gaan ‘n maklike tyd he nie….. Die ANC is steeds ‘n party wat deur die kommuniste opgelei was om gemeenskappe te intimideer en te destabiliseer.

Lida ·

Johan, natuurlik gaan die DA ‘n moeilike tydperk binne. Onthou hulle moet nou eers ontslae raak van al die oortollige personeel in Tshwane en probeer om die geld wat so gesteel is deur die jare terug te kry. Dit is GROOT HUIS SKOONMAAK hier en Rome is nie in een dag gebou nie. Mense moet besef dat verandering gaan tyd neem maar ons sal dit sien. Die DA is immers opgevoede gedisiplineerde mense. Kom ons wag en kyk.

Tc ·

Dis tyd vir koalisies vorm dat daar op die einde eintlik net twee partye oorbly soos die DA en ANC.Dit gaan baie beter wees dan in nasionale verkiesing.Al die ander klein partye soos VF+ ens moet tot niet gaan.

John ·

Ds Maimani is gewoond alleen op die podium. Hy lief sy stem en hy praat en praat ~ alleen. As hy vergeet van diegene wat hom tot daar gedra het, gaan hy weer moet terug na sy gemeentetjie. Die vyande spoeg vuur. Man alleen veg… aikonna.

Andre ·

Onderduimsheid bly een van die primere karaktereienskappe van politici. Moenie verbaas wees as die DA uiteindelik gaan dans volgens die deuntjies van ander wat hy nou by die stembus geklop het.

Judy ·

So bly die D.A het gewen hoop die land gaan nou reg kom meer werk vir amal daar soveel mense wat buite slaap

GJ de C K ·

Jaco, ek dink dit sal wys wees as mense jou woorde mooi ag op slaan en bewaar.

Fanie ·

Die DA sal ‘n grootliks swart party moet word om die ANC in 2019 te kan wen , met ‘n beleid waarvoor swartmense sal stem. Hul sal begryplik nie Afrikaans en Afrikanersake kan bevorder nie. Dit sal nou nog meer deur organisasies soos Solidariteit en AfriForum hanteer moet word.

leendert jonker ·

Deze uitslag van de gemeentelijke verkiezingen is een felicitatie waard! Er komen in Zuid Afrika nu meer normale politieke verhoudingen, die maken coalities en compromissen noodzakelijk. Dat is precies wat hoort bij een volwassen democratie. Graag wens ik u veel succes toe bij het verwerken van deze verkiezingen.

John-Henry ·

Díe wat negatief is hierop sou in géén geval positief gewees het nie…

Dit is inderdaad ‘n ongelooflike uitkoms vir die DA. Baie opgewonde daaroor. Meer belangrik om te weet is dat die toets nou kom. Hulle het baie werk om te doen om te bewys dat hulle korrupsie kan hokslaan en dat hulle vir almal dienste kan bekom. Indien hulle dít kan doen, sal die volgende verkiesing baie makliker verloop vir die DA.

Bly die DA het vir ‘n slag iets om oor fees te fier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.