DA wen KZN-munisipaliteit

John Steenhuisen (Foto: DA/Twitter)

Die Demokratiese Alliansie het vir die eerste keer die meeste stemme verwerf in ʼn munisipaliteit in KwaZulu-Natal.

John Steenhuisen, leier van die DA, sê die DA het 13 van die 25 setels in uMngeni (Howick) in die uMgungundlovu-distrik verower.

“Die DA kan uMngeni nou by Kouga in die Oos-Kaap en Midvaal in Gauteng byvoeg as voorbeelde van munisipaliteite waar inwoners besef dat slegs die DA met sy skoon regering, toewyding tot dienslewering en zero-toleransie jeens korrupsie hulle dorpe teen ANC-ondergang kan red.”

Kouga en Midvaal word reeds erken as die munisipaliteite wat die beste bestuur word in hul onderskeie provinsies en Steenhuisen is vol vertroue dat uMngeni ook binnekort met dié eerbetoon sal kan spog in KwaZulu-Natal.

Die voormalige ANC-adjunkburgemeester van uMngeni, Nompumelelo Buthelezi, het op die vooraand van die verkiesing ook by die DA aangesluit.

“uMngeni se nuwe DA-burgemeester, Chris Pappas, weet dat hy en sy administrasie oor die volgende vyf jaar baie hard sal moet werk as hulle dié gebroke munisipaliteit in ʼn juweel vir die KwaZulu-Natalse Middellande wil omskep. Maar dit is wat die DA doen. Hy verwyder die verrotting, stabiliseer die finansies, herbou die plaaslike regering se kapasiteit en prioritiseer die behoeftes van sy inwoners.”

Steenhuisen sê die belangrikste is dat die DA nie enige koalisievennote hoef te duld wat deurlopend diensleweringsprojekte met onrealistiese eise ontwrig nie. “Die geskiedenis het reeds bewys: waar die DA op sy eie aan bewind is, vaar dié munisipaliteite verreweg beter as die ANC-geleide munisipaliteite.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

AW ·

Julle sal skouer aan die wiel moet sit, om julleself te bewys aan Dié, wat vir julle gestem het.

Mariana ·

Baie geluk, maar nou begin die harde werk. Baie om reg te ruk. Voorspoed DA

Frank John ·

Ek hoop julle kry dit reg. Wonder hoe vaar julle in Welkom. Sal goed wees om die plek weer te herstel na sy vorige glory.

piet ·

Dienslewering is duidelik nie ‘n prioriteit by sekere inwoners nie want die DA het ‘n paar munisipaliteite aan die ANC afgestaan. Nee wat, goeie dienslewering kan jou ook net sover neem,

piet ·

Omtrent 50% kiesers. Meer as dubbeld as die volgende party in die ry. Maar die opposisie wil mos hul minderheidstemmetjie nog verder verdeel. Dan baklei hulle ondermekaar in koalisieregerings en op die ou end is die koalisie gemors net so swak soos die ANC want hulle kan nie oor goed saamstem nie en gaan goeie dienslewering by die agterdeur uit. Lagwekkende benadering in SA politiek. Hier het jy ‘n verenigde front-party teen die ANC en EFF nodig anders gaan niks verander nie. Ek is net bly dat die DA steeds in die Kaap alleen regeer, kry mense in ander provinsies bitter jammer.

Retha ·

Piet aan die een kant wil ek met jou saamstem, maar aan die anderkant los tog die negatiewe kommetaar

piet ·

Ja pragtig en die EFF word nou reeds in 3 provinsies die amptelike opposisie. Lekker man, lekker.

pieter ·

en toe sluit Buthelezi op die vooraand v d verkiesing by DA aan. Dis n rooi vlag vir my. Wil hy nie miskien maar net voortgaan met sy korrupsie nie????

Belinda ·

Well done! die ANC moet uitgeskop word want eks seker almal is al moeg vir al hul skelmstreke en lee beloftes. Wens net dit kon so landswyd gebeur het.

Sarel ·

In daai verskeurde wereld sal die DA nou moet uithaal en wys

Gerhard ·

Welgedaan DA…Daar waar julle aan bewind is loop als soos dit moet..Wens net van die kleiner partye wil dit ok raak sien in plaas van die DA afbreek…

AH ·

Ek het van Somerset -Wes in die Kaapse Metro verhuis na Bloemfontein. Die verskil in dienslewering en instandhouding verskil soos dag en nag. Dit is omdat die DA in bewind is in die Kaap. Hoeraa vir die DA

piet ·

Nee jong, elke hoendertjie wil mos op sy eie klein nessie sit.

Jakes ·

Geluk DA, dis hoogtyd dat julle in KZN n bres slaan. Howick wat digby Pietermaritzburg is moet aan die Mzumduzi munisipaliteit wat erg korrup is wys hoe n plek reggeruk moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.