DA wen maar VF Plus groei in Krugersdorp

Argieffoto

Die DA het in hierdie week se tussenverkiesings twee wyke in Krugersdorp aan die Wes-Rand gemaklik behou, maar baie steun aan die VF Plus ingeboet.

Elders het die ANC nog ʼn wyk in Zoeloeland by die IVP afgeneem. Die ANC het ook ʼn wyk in die Transkei maklik behou, hoewel Jimmy Manyi se nuwe party stewig vertoon het.

Mogale City wyk 18 sluit die woonbuurte Rangeview en Mindalore in Krugersdorp in. Dit is gewen deur Andries Eksteen (DA) met 1 261 stemme, gevolg deur die VF Plus met 528, die ANC met 24 stemme en die EFF met 4 stemme. Dit verteenwoordig ʼn swaai van 13 persentasiepunte teen die DA sedert 2016.

Mogale City wyk 21 is die woonbuurt Kenmare in Krugersdorp. Dit is gewen deur Lynette du Toit (DA) met 1 242 stemme, gevolg deur die VF Plus met 497 stemme, die ANC met 18 en die EFF met 2 stemme, wat ‘n swaai van 12 persentasiepunte teen die DA beteken.

Die ANC het wyk 18 van die Abaqulusi-munisipaliteit, wat gesetel is in die KwaZulu-Natalse dorp Vryheid, net-net by die IVP afgeneem. Die wyk sluit ʼn deel van die dorp eMondlo en aanliggende plase in.

Die nuwe raadslid is Thandanani Zungu (ANC) wat 890 stemme getrek het teenoor 874 vir die IVP. Die EFF het 181 stemme gekry en die NFP 74. Dit verteenwoordig ʼn swaai van 13 persentasiepunte teen die IVP.

Laastens het Nomnikelo Yehana (ANC) wyk 21 van die Nyandeni-munisipaliteit vir haar party behou. Dit is ʼn landelike gebied buite Libode in die Transkei.

Die ANC het 1 073 stemme gekry, die ATM 498, die EFF 43 en die UDM 30. Dit beteken ʼn swaai van 15 persentasiepunte teen die ANC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Armand ·

Vf + kon beter doen as hulle meer moeite gedoen het om stemme te werf

D B ·

En so begin dit DA, julle gaan klippe kou…en julle verdien dit!

Etienne ·

Mooi VF+. Dit sal lekker wees as al meer mense vir die kleiner partye soos VF+ stem sodat die DA en ANC forseer word om in koalissie met die VF+ te gaan.

humor ·

Die groei in V F + word verwelkom, maar wat het geword van ons konserwatiewe behoudende Afrikaner volk.

TN ·

Ek het jou geantwoord maar die grotes hier het verkies om dit nie te plaas nie .

Lina Smit ·

Dit gaan nie al plek wees waar die vf+ gaan groei nie. Mark my words

Andries ·

My gevoel ook Lina… DA se eie skuld omdat hul deesdae al te veel na nog ‘n ANC begin lyk.

Cherokee ·

Slegs deesdae Andries? En vroeër? Daar is ‘n filosofie wat daarop dui dat jy eerder moet stilbly en mense laat dink dat jy niks weet nie as om te praat en dit te wys.

Jj ·

Ek stem JA vir God terug in SA!! en ‘n GROOT nee vir aborsie! Politiek van stem vir die grootste opposisie staar my nie aan nie. Ek trek die jaar my kruisie vir Hom… mag al Sy kinders so stem en Hom vertrou !!!

TN ·

Maw jy stem vir niks __ dit is natuurlik waarom jou stem op niks uitloop ook !

Marietjie Blignaut ·

Mooi JJ. Stem saam. VF Plus is enigste party wat NET God Drie Enig in hul grondwet skryf. ACDP noem dit maar in dieselfde asem in punt 2.2 stel hul alle gelowe en godsdienste gelyk. Ons kan NIE die land regeer met nagwake en voorvaderaanbidding nie.

Melanie ·

Lina Smit jy is totaal en al reg! DA het die afgelope jaar met baie mense gemos. Maar maimane en die blondes dink hulle is mos kaas.

Annie Webb ·

Solank die klein partytjies nie maak dat die Kaap in ANC-hande val nie, want dan gaan ek gewelddadig raak. Teen die hele gespuis klein partytjies. Die DA bestuur my stad en provinsie al jare lank PUIK, en die verdagmakery teen die DA word só duidelik deur die ANC aangeblaas, mens moet blind, doof en stokdom wees om dit nie te sien nie. Hulle is die enigste veelrassige party in SA wat hoegenaamd ‘n kans het om die ANC/EFF uit die kussings te lig. En hulle is téén sosialisme en oop grense. Dis die enigste pad na ekonomiese redding vir SA. Eers daarná kan mens praat van enigiets anders.

TN ·

Dankie Annie __ net mense wat nie kan sien nie val vir die foefie van die ANC ; die enigste party wat deur die ANC as ‘n bedreiging gesien word , word aangeval . Jy is verder reg in die sin dat ons eers die land moet red voordat daar eers gekyk behoort te word na sekondêre doelwitte soos taal en kultuur !

Kerneels ·

Die kiesstelsel werk so dat as ANC meer as 50% van totale stemme kry wen hulle die verkiesing. As die ANC minder as 50 % het en niemand anders het meer as 50% kan van die kleiner partye in koalisie gaan om meer as 50% te. Maw deur vir ‘n ander party as DA te stem kan nie die ANC laat wen tensy dit ANC of party is wat in koalisie met hulle sal gaan nie.

Gert ·

Annie, die klein partytjies kan nie die ANC laat wen nie, elke stem vir ‘n klein partytjie soos VF+ en DA is een stem MINDER vir die ANC. Die enigste verskil tussen stemme vir die DA en stemme vir die VF+ is dat die VF+ belang stel in Afrikanerbelange, en die DA nie. Dit sal GLAD NIE die ANC se kans om te wen affekteer nie.
Wat jy ook vergeet is dat die DA ten gunste is van AA en SEB, wat Afrikaners erg benadeel.
Mens stem nie in die VSA vir die Demokrate as jy teen immigrasie is nie, en hopelik ook nie in SA vir die DA as jy teen SEB is nie.

Marietjie Blignaut ·

Eers moet die DA ook hul “grense” innnie Kaap beveilig. Daar is tans meer “ander” mense daar as bruin en wittes. Kyk net hoeveel misdaad is daar in die townships. Was onlangs in Houtbaai en die plakkers het my groot skrik laat vang!!

Frik Lotz ·

Uitstekend gedoen deur VF Plus! Nou moet nog meer mense VF Plus stem op 8 Mei sodat die party kan groei en n krag kan word waarmee rekening gehou moet word. Nogmaal puik gedoen VF Plus!

Amanda de Lange ·

Net ‘n geografiese regstelling; wyk 18 bestaan uit Kenmare, Silverfields en Breaunanda, en wyk 21 Noordheuwel en Rangeview.

Daan ·

So, indien die DA en VF+ mekaar opvoeter kan die ANC die wyk dalk eendag inpalm.

Gert ·

Daan, dit werk nie so nie. Stemme vir VF+ en vir DA maak nie die ANC sterker nie en verbeter glad nie hulle kans om te wen nie.

Liekie ·

Gelukkig wéét ek nou vir wie om te stem eerskomend !!
Dieselfde as die vorige geleenthede.
STERKTE VF PLUS !!!

jaco ·

as die NFP nie vanaf die IVP weggebreek het nie, het die IVP daardie wyk gewen.
selfde het in die 1980’s gebeur tussen die Konserwatiewe Party en die Herstigte Nasionale Party: albei se beleid was PRESIES dieselfde, maar hulle het mekaar in verkiesings geopponeer. So die NP het dan setels gewen met eintlik die minderheid kiesers se steun. En waar sit ons vandag weens daardie onbesonne dade van die verlede? Nou het ons NIKS.

Cherokee ·

jaco.. ‘n halwe waarheid dien geen doel. As jy die HNP en KP na die debat wil bring moet jy volledige feite noem. Die HNP is gestig in 1969 (1940 in die Vrystaat) en die KP is gestig in 1982. Meer as ‘n dekade na die HNP is die KP gestig met identiese beleid, maar hulle het die HNP beveg in verkiesings. KP is gestig deur die NP as teenvoeter vir die HNP – bloot om die regse stem te verdeel.

jaco ·

as jy sien jy bly klein en die party wat jou beleid deel word al hoe groter, wees dan die minste en werk saam met groter party, eerder as om die stemme te verdeel. Vandag het ons niks, maar dinge kon soveel anders gewees het…

Wim Kotze ·

Jaco, jy vergelyk appels met pere. Die kiesstelsel het sedert 1994 verander. Daar is deesdae proporsionele verteenwoordiging wat beteken partye en nie net kandidate kry verteenwoordiging.

Adam ·

Cherokee, hoekom dink jy sou die NP die regse steun wou verdeel as die HNP weinig hulle deposito kon behou en bykans geen steun geniet het nie. Indien my geheue my nie in die steek laat nie het die HNP slegs een stel gewen in al die jare en dit was Louis Stoffberg in Sasolburg. Net soos die HNP destyds is die VF+ irrelevant. Dit help nie om Jaco alleen op halwe waarhede te wys nie.

KrokodilBotha ·

VF + Lekker !!!!!! DA het help verwoes met hulle BEE en regstellende aksies. Zebras !

Johannes ·

Weet nie of ek so gemaklik met eks-DA stemmers sal wees wat nou skielik VF+ stem nie…? Hierdie mense het eerstens die Enisgte, Lewende en Drie-Enige God verloën, en tweedens die Afrikanervolk…

Cherokee ·

Johannes, as jy politiek dophou sal jy sien hoe mense van politieke party tot politieke party rondspring. Ek dink daar is die wat lootjies trek om te besluit vir wie hulle gaan stem. Nou word daar gespring van een van die mees liberale politieke partye in die land na (een van die, indien nie diè) mees konserwatiefste. Daar behoort ‘n stelsel te wees wat kiesers laat eksamen skryf vir stemreg.

willem Botha ·

Wag tot na Mei 2019 dan sal die DA agterkom hoe baie van sy kiesers is by die VF+

Theoman ·

Johannes, ek is n VF PLUS ondersteuner het nog nooit vir die DA gestem nie en al sou ek, soos baie ander gewese DA ondersteuners is jou stelling dat ons/ek GOD en die Afrikanervolk verloen het dan se ek reguit vir jou ek verwerp ek dit met minagting, jy behoort jou te skaam om so n dwase stelling te maak waavan praat jy man ?

Jan Salie ·

Nog altyd VF+ nasionaal en DA provinsiaal gestem. Gaan weer so maak. As Weskaapse inwoner het dit nog altyd vir my na die mees sinvolle opsie gelyk.

Cherokee ·

Jan Salie, jou politieke keuses maak absolute sin. Provinsiaal is ek ‘n draadsitter want ek woon in ‘n ANC stad sonder enige munisipale verteenwoordiging van die VryheidsFront.

John ·

Waar is die VF-terugslaners se nuutste aanwins? Hoekom so stil? Of wag die grondeis-verrassing vir na 9 Mei!? Die VF is ‘n drupbakkie vir vrees-gevangenes uitgeworpenes en ou kansvatters. Vat hom Fluffy!

Frik Lotz ·

Stem beslis VF Plus! Enigste party wat veg vir minderhede se regte en opstaan vir Afrikaans en gekant is teen regstellende aksie en SEB.

Gys ·

Met elke verkiesing besluit ek om vir die party te stem wat ordentlik genoeg is om direk na die verkiesing sy plakkate te verwyder sodat die buurt weer netjies(er) kan lyk. Maar elke keer los alle partye die gemors net so. As jy immers die klein dingetjies nie reg kan doen nie, gaan jy beslis nie die groot dinge reg kan doen nie. Dus……gaan ek weereens nie stem nie.

TN ·

Gys , dan mag jy nie kla nie . Ons in die Wes-Kaap poog om die plakkate so gou as menslik moontlik te verwyder . Iets waaroor ek nogal bly is , is die feit dat die EFF in die 2 kiesafdelings saam 6 stemme gekry het . Julius behoort nogal tevrede te weed ! lol

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.