Die konstitusionele hof het die verkiesingshof se uitspraak, wat bevind het die DA het die Kieswet en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se gedragskode oortree, ter syde gestel.
Die DA het in Maart verlede jaar die SMS aan meer as 1,5 miljoen kiesers in Gauteng gestuur. “Die Nkandla-verslag wys dat Zuma jou geld gesteel het om sy huis van R246 miljoen te bou. Stem DA op 7 Mei om korrupsie te klop. Saam vir verandering,” het die SMS gelees.
Die SMS het gevolg op Thuli Madonsela, openbare beskermer, se verslag wat bevind het dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die R246 miljoen se opgraderings aan Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.
Die ANC het die hooggeregshof in Johannesburg genader en aangevoer dat die SMS neerkom op die publikasie van valse inligting. Die hooggeregshof het egter met die DA saamgestem dat die SMS regverdige kommentaar was in die lig van Madonsela se verslag. Die ANC het suksesvol tot die verkiesingshof geappelleer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Mandela se nalatenskap het niks in die praktyk nagelaat nie, net standbeelde en ‘n versugting van sekeres na sy waardes wat hulle nou almal na hunker, net ‘n versugting het oorgebly vir daardie mense.
Zuma het die ekonomie op sy rug opgekeer met sy uitsprake en sy doendinge. Die reg. Kaders. Ook die kernkrag wat hulle nastreef en ook Fracking. Buitelandese ooreenkomste. As dié goed deurgaan gaan Zuma se nalatenskap vir dekades met die land wees. Geen kledingstuk van die mans en skoeisel is vandag beskikbaar tensy dit in China gemaak is nie.
Konstitusionele hof is nou in die moeilikheid ………..alla Valke !
Maroela, julle het alweer blykbaar net N24 of Sapa se berig gebruik, want julle berig maak dit ook nie mooi duidelik presies wat die Konst. Hof se bevinding is nie. Het die KH bevind dat die DA reg en geregtig was om Z as ‘n “dief” te bestempel omdat Madonsela in haar verslag dit bevind en daardie woord spesifiek tov Z gebruik het? Of het die KH bevind dat dat die DA nie die verkiesingskode oortree het (soos die verkiesingshof bevind het nie) want in die politiek is dit geoorleef om enigiets van jou teenstander te se^ (al is dit… Lees meer »