DA wen saak oor Nkandla-SMS

Skermskoot van die SMS (Foto via @democraticalliance, Twitter)

Skermskoot van die SMS (Foto via @democraticalliance, Twitter)

Die konstitusionele hof het Maandag beslis dat die DA binne sy regte opgetree het met die uitstuur van ʼn SMS waarin die party pres. Jacob Zuma daarvan beskuldig het dat hy staatsgeld gesteel het.

Die konstitusionele hof het die verkiesingshof se uitspraak, wat bevind het die DA het die Kieswet en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se gedragskode oortree, ter syde gestel.

Die DA het in Maart verlede jaar die SMS aan meer as 1,5 miljoen kiesers in Gauteng gestuur. “Die Nkandla-verslag wys dat Zuma jou geld gesteel het om sy huis van R246 miljoen te bou. Stem DA op 7 Mei om korrupsie te klop. Saam vir verandering,” het die SMS gelees.

Die SMS het gevolg op Thuli Madonsela, openbare beskermer, se verslag wat bevind het dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die R246 miljoen se opgraderings aan Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.

Die ANC het die hooggeregshof in Johannesburg genader en aangevoer dat die SMS neerkom op die publikasie van valse inligting. Die hooggeregshof het egter met die DA saamgestem dat die SMS regverdige kommentaar was in die lig van Madonsela se verslag. Die ANC het suksesvol tot die verkiesingshof geappelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willem ·

Mandela se nalatenskap het niks in die praktyk nagelaat nie, net standbeelde en ‘n versugting van sekeres na sy waardes wat hulle nou almal na hunker, net ‘n versugting het oorgebly vir daardie mense.

Zuma het die ekonomie op sy rug opgekeer met sy uitsprake en sy doendinge. Die reg. Kaders. Ook die kernkrag wat hulle nastreef en ook Fracking. Buitelandese ooreenkomste. As dié goed deurgaan gaan Zuma se nalatenskap vir dekades met die land wees. Geen kledingstuk van die mans en skoeisel is vandag beskikbaar tensy dit in China gemaak is nie.

Jan ·

Konstitusionele hof is nou in die moeilikheid ………..alla Valke !

jakoos ·

Maroela, julle het alweer blykbaar net N24 of Sapa se berig gebruik, want julle berig maak dit ook nie mooi duidelik presies wat die Konst. Hof se bevinding is nie. Het die KH bevind dat die DA reg en geregtig was om Z as ‘n “dief” te bestempel omdat Madonsela in haar verslag dit bevind en daardie woord spesifiek tov Z gebruik het? Of het die KH bevind dat dat die DA nie die verkiesingskode oortree het (soos die verkiesingshof bevind het nie) want in die politiek is dit geoorleef om enigiets van jou teenstander te se^ (al is dit nie die waarheid nie).

Kan ons duidelikheid kry oor presies WAT die KH se bevinding is. Uiters swak joernalistiek tot dusver.

(Ek vermoed die bevinding is iets inndie rigting van lg. want ek kry niks in M se verslag waar sy bevind dat Z “gesteel” het nie – inteendeel, sy se^ duidelik dat sy nie so iets kan bevind nie.

En die vraag is natuurlik: Wat nou? Gaan die DA vir Zuma in die hof kan aankla van diefstal?

Nico Strydom ·

Dagsê Jakoos

Die berig is geplaas kort nadat die uitspraak gelewer is en daar nog nie baie inligting was nie. Maroela Media is besig met ‘n opvolgberig.

Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

jakoos ·

Dankie vir die vinnige reaksie, Nico. Ek sien op ander webblaaie dat die hof klaarblyklik bloot bevind het dat die DA se opmerkings in die SMS bloot ‘n mening of ‘n afleiding was en dat menings as sulks nie as “vals” bestempel kan word nie en dat dus “fair comment” was. Die hof het duidelik nie uitspraak gelewer dat M wel in haar verslag vir Z as ‘n “dief” uitgewys het nie.

Dis seker nie reg om na ander webblaaie te verwys nie, maar The Citizen se verslag op hulle webblad is sover die duidelikste.

Maar ek moet se dat ek die feit dat tien regters van die hof drie verskillende bevindings gemaak het, as een van die skokkendste dinge sien wat nog uit enige hof gekom het! Ongelooflik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.