DA wen SMS-saak

Die SMS wat die DA versprei

Skermskoot van die SMS (Foto via @democraticalliance, Twitter)

ʼn SMS wat die Demokratiese Alliansie aan meer as 1.5 miljoen kiesers in Gauteng gestuur het waarin hy pres. Jacob Zuma beskuldig dat hy staatsgeld gesteel het, was geregverdig, het die Johannesburgse hooggeregshof Vrydag bevind.

Waarnemende regter Mike Hellens, wat Woensdag argumente deur die ANC en DA aangehoor het, het die ANC se aansoek, met koste, van die hand gewys.

“Die Openbare Beskermer se verslag oor Nkandla het aangedui dat staatsgeld deur diegene wat vir die opgraderings verantwoordelik was, aangewend is,” het Hellens in sy uitspraak gesê. “Die gebruik van die frase, “lisensie om te plunder”, wat Thuli Madonsela in haar verslag gebruik het, is baie naby aan die woord “steel” wat in die SMS gebruik is.”

Mmusi Maimane, die DA se premierskandidaat in Gauteng, is deur DA-ondersteuners toegejuig toe hy die uitspraak aan hulle meegedeel het.

Die ANC het die DA gedagvaar oor die SMS’e. Die SMS lui: “Die Nkandla-verslag wys dat Zuma jou geld gesteel het om sy huis van R246 miljoen te bou. Stem DA op 7 Mei om korrupsie te klop. Saam vir verandering.”

Gcina Malindi, vir die ANC, het Woensdag aan die hof gesê die party wil hê die DA moet óf die SMS terugtrek, ophou om dit te stuur, óf met R200 000 beboet word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Petro ·

Hoekom moet die DA ‘n boete betaal net oordat hulle met die waarheid uitgekom het…. dai R200 000 gaan seker ook na sy sak toe seker nog ni genoeg gehat ni….. hy het ni nodig om al dai geld te spandeer op sy blyplek ni!! Hy is so bang hy wort dood gemaak, maar wat van ons ander wat ook dood gemaak wort wat ni al dai security kan bekostig ni..!! Maar daar word net oor homself geworry!!!! Die land is in sy glorie in vandat hy oorgevat het hy belowe en belowe en belowe maar niks gebeur ni als raak net duurder en onleefbaar en hy lewe asof hy ‘n koning is!!!!! Om eerlik te wees hoop ek die DA wen want hulle is eerlik en bang vir niks, dit vat baie van die DA om jacob zuma so aan te vat… dit wys ons land wie die waarheid is! Hoop net hulle sien dit raak en stem vir DA en hoop DA bring dood straf terug sodat ons land weer na normaal kan verkeer, want die tronke is vol en wat gebeur, hulle wort net weer vrygelaat op borgtog……!! Ek persoonlik is baie trots op di DA hulle bewys hulle kan hulle werk deeglik doen om ons land ‘n beter plek te maak!* Ek dink dis ni nodig vir die DA om R200 000 boete te betaal ni hulle het niks verkeert gedoen ni die anc moet ons land se geld terug gee wat hulle gesteel het …!!! Maar soos ons weet sal dit ook nooit gebeur ni, die wiel draai hulle sal hulle gatte sien een of ander tyd een of ander manier!! Jacob zuma is veronderstel om ‘n voorbeeld te wees vir ons land maar hy doen ni.! Ek hoop my storie maak sin maar dis hoe baie van ons voel!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.