DA wen stryd oor openbaarmaking van rekords oor kaderontplooiing

ANC-se-vlag-deur-ANA

(Argieffoto: ANA)

Notules van vergaderings van die ANC se komitee oor ontplooiings wys dat aansoekers in sommige gevalle sommer hul CV’s regstreeks aan die komitee gestuur het vir oorweging. Sogenaamde “aansoeke vir ontplooiing” is boonop as ʼn staande item tydens verskeie van die regerende party se vergaderings bespreek.

Die staatskapingskommissie het die notules ná maande lange druk deur die DA bekend gemaak en dateer terug tot 2018. Dr. Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê die party gaan dus sy stryd voortsit om selfs ouer notules – uit die tydperk toe pres. Cyril Ramaphosa voorsitter van die komitee was – te bekom.

“Die notules wys tussen 3 Desember 2018 en 17 Mei 2021, onder die presidentskap van Cyril Ramaphosa, het die ANC se kaderontplooiingskomitee ingemeng in die aanstelling van senior staatsamptenare by minstens 96 verskillende staatsdepartemente, agentskappe en die rade van staatsbeheerde ondernemings (SBO’s), sê Schreiber.

Hy sê as aansoekers inderdaad hul aansoeke en CV’s direk vir die ANC – eerder as aan die staat gestuur het – maak dit ʼn bespotting van die regering se eie aansoekproses omdat dit “uiteindelik die ANC is wat besluit wie in diens geneem word”.

Volgens Schreiber dui die rekords daarop dat staatskaping ʼn doelbewuste en sistemiese projek van die ANC – deur die kaderontplooiingskomitee – was om elke enkele staatsinstelling in die land te kaap sodat dit die party en sy korrupte doelwitte, eerder as die mense van Suid-Afrika, sou bevoordeel.

Die DA sê die notules wys onder meer die voorafbesluit om regters Steven Majiedt en Zukisa Tshiqi by die Konstitusionele Hof aan te stel, die aanstelling van regter Xola Mlungisi Petse in die Appèlhof en regter Edwin Molahleli by die arbeidshof.

Dit dui ook op inmenging met die aanstelling van die adjunkvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, asook die raad van die SAUK.

Schreiber sê die rekords wat die DA bekom het, wys dat die ANC sy “lojale kaders” bykans oral ontplooi het. Benewens die MRK en die SAUK, het die ANC ook kaders by die verdedigingsdienstekommissie, die raad van Armscor, die kernkragenergieraad, PetroSA en die sentrale energiefonds probeer ontplooi.

Daar is ook ingemeng met aanstellings by die raad van die Poskantoor, Prasa, die departement van vervoer, die Padongelukkefonds, Post Bank, die nasionale lotery, die spoorwegveiligheidsreguleerder en SANParke.

Schreiber sê die rekords bekragtig die DA se dekade lange stryd teen kaderontplooiing.

“Die rekords wys ook dat die ANC deurlopend amptenare op grond van die ontplooiingskomitee se mening van kandidate, of op grond van ras, geslag of ander identiteitsmerkers – eerder as bevoegdheid – aangestel het.”

Die openbaarmaking van die rekords is ʼn draaipunt in die DA se stryd om ʼn einde aan die praktyk te maak en ʼn vaardige staat te bou waar amptenare slegs op grond van bevoegdheid aangestel word.

Schreiber sê die DA sal binnekort sy volgende stappe bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
amaroelamedia

DA wen.

Jacobus

Die DA wen? EN WAT NOU!!!!!!

Andre

Dit bewys moes hulle gee nie om oor die mense van SA nie, kan hulle dan nie ontneem word van die regering beheer nie???

Boon

As dit nie vir die DA se volghoue druk was nie, sou hierdie krities blangrike inligting nie beke d geraak het nie. Kaderontplooiing is die vernaamste manier hoe staatskaping en die diefstal van staatsgeld moontlik gemaak is. En dis duidelik.nie net Zuma wat dit gedoen het nie, maar Ramaphosa. beide moet verwyder wordbt die,stembus en simbole word van die slegste in ons geskiedenis die volgende stap is dat “n kaderontpllooiinh” deur die howe verbief word en dat ale aanstellings in due staatsdiens slegs op meriete geskied, ongeag ras, gellof, taal, kultuur, gender en politieke affiliasie. Dit moet deurdigtig geskied, en… Lees meer »

Johan

Skande, en wie anders as die belastingbetalers sit met die spul onbekwames.