DA wen stryd oor openbaarmaking van rekords oor kaderontplooiing

ANC-se-vlag-deur-ANA

(Argieffoto: ANA)

Notules van vergaderings van die ANC se komitee oor ontplooiings wys dat aansoekers in sommige gevalle sommer hul CV’s regstreeks aan die komitee gestuur het vir oorweging. Sogenaamde “aansoeke vir ontplooiing” is boonop as ʼn staande item tydens verskeie van die regerende party se vergaderings bespreek.

Die staatskapingskommissie het die notules ná maande lange druk deur die DA bekend gemaak en dateer terug tot 2018. Dr. Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê die party gaan dus sy stryd voortsit om selfs ouer notules – uit die tydperk toe pres. Cyril Ramaphosa voorsitter van die komitee was – te bekom.

“Die notules wys tussen 3 Desember 2018 en 17 Mei 2021, onder die presidentskap van Cyril Ramaphosa, het die ANC se kaderontplooiingskomitee ingemeng in die aanstelling van senior staatsamptenare by minstens 96 verskillende staatsdepartemente, agentskappe en die rade van staatsbeheerde ondernemings (SBO’s), sê Schreiber.

Hy sê as aansoekers inderdaad hul aansoeke en CV’s direk vir die ANC – eerder as aan die staat gestuur het – maak dit ʼn bespotting van die regering se eie aansoekproses omdat dit “uiteindelik die ANC is wat besluit wie in diens geneem word”.

Volgens Schreiber dui die rekords daarop dat staatskaping ʼn doelbewuste en sistemiese projek van die ANC – deur die kaderontplooiingskomitee – was om elke enkele staatsinstelling in die land te kaap sodat dit die party en sy korrupte doelwitte, eerder as die mense van Suid-Afrika, sou bevoordeel.

Die DA sê die notules wys onder meer die voorafbesluit om regters Steven Majiedt en Zukisa Tshiqi by die Konstitusionele Hof aan te stel, die aanstelling van regter Xola Mlungisi Petse in die Appèlhof en regter Edwin Molahleli by die arbeidshof.

Dit dui ook op inmenging met die aanstelling van die adjunkvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, asook die raad van die SAUK.

Schreiber sê die rekords wat die DA bekom het, wys dat die ANC sy “lojale kaders” bykans oral ontplooi het. Benewens die MRK en die SAUK, het die ANC ook kaders by die verdedigingsdienstekommissie, die raad van Armscor, die kernkragenergieraad, PetroSA en die sentrale energiefonds probeer ontplooi.

Daar is ook ingemeng met aanstellings by die raad van die Poskantoor, Prasa, die departement van vervoer, die Padongelukkefonds, Post Bank, die nasionale lotery, die spoorwegveiligheidsreguleerder en SANParke.

Schreiber sê die rekords bekragtig die DA se dekade lange stryd teen kaderontplooiing.

“Die rekords wys ook dat die ANC deurlopend amptenare op grond van die ontplooiingskomitee se mening van kandidate, of op grond van ras, geslag of ander identiteitsmerkers – eerder as bevoegdheid – aangestel het.”

Die openbaarmaking van die rekords is ʼn draaipunt in die DA se stryd om ʼn einde aan die praktyk te maak en ʼn vaardige staat te bou waar amptenare slegs op grond van bevoegdheid aangestel word.

Schreiber sê die DA sal binnekort sy volgende stappe bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan ·

Dan lyk en floreer Sad-Afrika soos die Wes-Kaap en ander DA beheerde munisipaliteite.

SlinkseKoljander ·

Dit bewys moes hulle gee nie om oor die mense van SA nie, kan hulle dan nie ontneem word van die regering beheer nie???

Boon ·

As dit nie vir die DA se volghoue druk was nie, sou hierdie krities blangrike inligting nie beke d geraak het nie. Kaderontplooiing is die vernaamste manier hoe staatskaping en die diefstal van staatsgeld moontlik gemaak is. En dis duidelik.nie net Zuma wat dit gedoen het nie, maar Ramaphosa. beide moet verwyder wordbt die,stembus en simbole word van die slegste in ons geskiedenis
die volgende stap is dat “n kaderontpllooiinh” deur die howe verbief word en dat ale aanstellings in due staatsdiens slegs op meriete geskied, ongeag ras, gellof, taal, kultuur, gender en politieke affiliasie. Dit moet deurdigtig geskied, en nie in donker agtekamers i Luthuli Huis of deur selfs die president sonder wye konsulatasie nie. nie

Jacobus ·

Ek stem 100% saam met jou, ongelukkig kan dit net by die stembus gebeur en dit gaan nie gou wees nie.

Johan ·

Skande, en wie anders as die belastingbetalers sit met die spul onbekwames.

Di ·

Lankal gese dat die ANC die HELE land en ALLES beheer, selfs die howe en NVG

annie ·

Net te lekker… Mens wonder ok net of hulle ooit die kaders se kwalifkasies nagaan; al die grade en kennis en ervaring en navorsing en land van herkoms, of is dit te Grieks vir die personeelbestuurders wat op dieselfde wyse aangestel is. En so het almal ‘n houvas op almal.

casper ·

Darr is geen straf vir die skuldiges nie – Almal loop vrylik rond want geen sisteem in SA werk meer nie !!

Magda G ·

Stem saam. Dan word hulle nog met volle salarisse, voordele ens op “verpligte verlof gesit”
Wat help dit.
Die belastingbetalers moet aanhou betaal

gatgogga ·

So, kameraad Cyril is toe altyd die nommer 1 staatskaper. Geen wonder nie dat hy kader ontplooiing so heftig verdedig het voor Zondo.

Johnny ·

“die DA se stryd om ʼn einde aan die praktyk te maak en ʼn vaardige staat te bou waar amptenare slegs op grond van bevoegdheid aangestel word”
Die DA wil aanstellings SLEGS op grond van bevoegdheid gemaak hê? Gaan hulle dan afsien van hulle pro”diversiteits” beleid, waar kleur en geslag as kwalifikasies gesien word i.p.v. blote eienskappe?

Jaco ·

Voordat almal nou te veel net die ANC se kaderontplooiing kritiseer, onthou tog net dat lekker jobs vir Broederbonders in die ou SA ook maar ‘n vorm van kaderontplooiing was. Skoolhoofde, senior onderwysers, leiersfigure in die 3 Afrikaanse susterkerke, toppposte by Afrikanerbesighede soos Volkskas en Sanlam is rojaal aan Broederbonders uitgedeel, sodat hulle “die volk” kon beïnvloed; eers dat die regerende Nasionale Party se apartheidsbeleid die beste was en later dat die aftakeling van apartheid en oorgawe aan die ANC reg was.
Ek gee toe dat bekwaamheid en ondervinding en opleiding ‘n BAIE groter rol gespeel het as tans, MAAR die beginsel van lekker jobs vir jou politieke pêlle kom van daar af. Basies het “hulle” wat nou regeer geleer van kaderontplooiing by “ons” wat destyds geregeer het.

KhoiKhoi ·

Snaaks dat daar geen kommentaar is nie!
Moenie die erger rol van ras miskyk nie!
Verskillende skole, universiteite, werksgeleenthede in die staat en privaatsektor.
Moet asseblief nie vergeet dat die meeste Nuwe Nasionale Party oorgeloop het anc toe.

annie ·

Gelukkig sal ‘ons’ eendag saam met Tutu en Mandela et al; almal wat so sleg geleer is deur die slegte Afrikaners heel voor wag by die poort na die paradys. En vér agter sal die wit-slegtes wag dat die hek na die hel oopmaak vir ewige straf. Die wag is lank maar die toue bo uit Afrika en die VSA met Obama vooraan is ok lank. Onthou om water by ‘n wit winkel te koop vir die wag want Afrika se stroompies is te vol riool…

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Kaderontplooiing is een van die hoekstene van kommunisme. Die ANC is in sy wese en DNS kommunisties.

JohanR ·

Die ANC gee nie n duit om of dit nou gepubliseer is nie en wie sien dit?

Mariana ·

En kyk hoe lyk dit oral waar die kaders ontplooi is. Als is tot niet.

Realis Thailand ·

Daar sal niks van kom nie
Die DA veg n verlore geveg teen die anc en die vent corruptcr

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.