DA wen tussenverkiesings

DA logo , logo, Democratic alliance , new DA , logoDie Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bekend gemaak dat die Demokratiese Alliansie Woensdag altesaam 14 van die 20 wyke landswyd tydens die tussenverkiesing verower het.

Die ANC het vyf wyke gewen, en die Inkatha Vryheidsparty (IVP) een.

Ses van die 14 wyke wat die DA gewen het, is in Gauteng; vyf in KwaZulu-Natal; twee in Mpumalanga en een in die Wes-Kaap.

Twee van die wyke wat die ANC gewen het, is in Gauteng; een in die Oos-Kaap; een in KwaZulu-Natal en een in die Noord-Kaap.

Die IVP het wyk ses in Hlabisa in KwaZulu-Natal verower.

Klik hier vir meer inligting oor die wyke en raadslede.

Die ANC en die DA het Donderdag al die kiesers bedank wat aan die tussenverkiesing deelgeneem het.

Helen Zille, leier van die DA, het gesê haar party het sterk groei tydens die tussenverkiesing gewys. “Die uitslag is ʼn duidelike teken dat die DA steeds bly groei in noodsaaklike metro’s en wyke voor 2016 se verkiesing,” het sy gesê. “Ons bedank al ons ondersteuners wat tot Woensdag se oorwinning bygedra het.”

“Die ANC is dankbaar vir al die mense wat weer gaan stem het, en demokrasie in ons land gekom het om weer hul stem uit te bring, en demokrasie in ons land te vestig,” het Zizi Kodwa, die ANC se woordvoerder, gesê. Die ANC het die uitkoms van die verkiesing verwelkom en die OVK gelukgewens met hul “geloofwaardige, vry en regverdige” tussenverkiesing. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.