DA wil BLF se deelname aan verkiesing stuit

Andile Mngxitama (Foto: Facebook)

Die Demokratiese Alliansie het Sondag met ʼn petisie begin om Andile Mngxitama se Black First Land First (BLF) te verhoed om, weens rassistiese kommentaar, aan vanjaar se algemene verkiesing deel te neem.

“Die BLF het bewys dat hy ʼn groep onbekeerlike rassiste is wie se missie dit is om Suid-Afrikaners oor rassegrense heen te verdeel en die grondwetlike waardes wil ondermyn dat ‘Suid-Afrika aan almal behoort wat in die land woon’,” het Luyolo Mphithi, leier van die DA-jeug, gesê.

“Ons doen ʼn beroep op die mense van Suid-Afrika om dié petisie te ondersteun ter wille van ‘Een Suid-Afrika vir Almal’,” het hy bygevoeg.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het ook ʼn belangrike rol om te speel in dié verband, het Mphithi bygevoeg. “Die OVK kan nie met ʼn goeie gewete aanvaar dat ʼn party, wat homself verlustig in die afsterwe van leerders by Hoërskool Driehoek, op die stembrief geplaas en die geleentheid gebied word om aan die land se verkiesing deel te neem nie.”

Die DA het die BLF ook by die Menseregtekommissie verkla en versoek dat die saak bespoedig sal word, sodat die DA ook dié verslag as basis kan gebruik vir sy saak by die OVK sodat die BLF verhoed kan word om aan die verkiesing deel te neem.

“Dis belangrik dat alle Suid-Afrikaners teen politieke verdeling moet opstaan. Die DA sal nooit die projek van versoening laat vaar nie. ‘Eenheid in diversiteit’ moet nie net woorde wees nie, dit is ʼn oproep tot aksie en ons almal moet daaraan deelneem,” het Mphithi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Anoniem ·

Laat regverdigheid geskied en wat bevorderlik is vir nasiebou ! ?????

Anoniem ·

Uitdagende arrogansie is teenstrydig met die skep van verhoudings ! ?

legens ·

Anoniem,
dit is strydig met demokratiese beginsels vir een party om `n ander te wil verhoed om in `n algemene verkiesing deel te neem .
dit is beter dat die spul kan registreer sodat daar gepyl kan word hoeveel ondersteuning hulle gaan kry . legens vermoed baie min en daarna sal hulle verdwyn . laat jy hulle nie toe om te registreer nie , sal hulle altyd iets he om op te hammer en aandag te kry .

Sarel ·

Ek verstaan hoekom die DA moet optree. Maar ek glo die stembus moet eerder die bepalende faktor wees.

IK ·

Nee Sarel hulle is duidelik ‘n bloeddorstige party met geen norme vir ras. Deur hulle te erken as ‘n politieke party sal die werklike politici groot skade aandoen asook ons reeds benadeelde beeld oorsee. Daardie hand/vinger op die plakkaat kort net ‘n vuurwapen wat op ons gerig word. Duidelik uitdagend en nie versoenend.

Abe ·

IK,
Zwelakhe Dubasi (van die BLF) het in sy reaksie op die skoolongeluk na twee name verwys wat vir my onbekend was (Zinyanya en Camagu) kan iemand wat weet asb. kortliks se wie/wat hulle is?

Wat wou... ·

Stem nie heeltemal saam nie…..hoeveel geindoktroneerde jong mense word negetief beinvloed deur sulke optrede van die BLF en word gewys dat verkeerd reg is omdat n politieke party is…..?!

Avra ·

Dis nie net die DA nie. Heelwat klein partye stap ook daardie pad om hierdie arrogantheid hok te slaan.

Eddy ·

BLF maak dié rassistiese uitlatings want hulle word nie aangekla en gestraf daaroor nie.As hulle gestraf word soos bv.om gemeenskapdiens te doen bv.by n wit plakkerskamp,soos onlangs deur n EFF lid,dan sal hulle twee keer dink voor hulle sulke rassistiese uitlatings maak.

LD ·

DA het agter gekom hulle het ń paar kruisies verloor vanaf die blankes met die Sweizer Reyneke voorval en probeer dit seker nou terug wen…..

Nonnie ·

Nee alla kragtie, die uiterste gemene rassisme is verregaande, en waar is die MRK nou, of is die MRK net vir swartes daar?????? En GEEN, o ek is jammer, MAG AANVAAR WORD NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Hierdie demone, wat dit geskryf het, moet ten minste 5 jaar tronk toe gaan sonder parool!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! NOU SAL ONS SIEN OF DAAR WERKLIKE ONPARTYDIG BY DIE MRK IS……..

Andre ·

Die DA probeer nou punte score voor die verkiesing, maar het self rassisties opgetree in uitsprake teen die Sweizer onnie asook tov die kis voorval en die Coligny geval. Hulle pik rond en bond.
Stem eerder vir n party wat jy kan vertrou. Onthou as jy vir n klein party stem dan word jou stem nie gemors nie, want verteen woordigers word nie per wyk aangestel nie maar pro rata die persentasie stemme

Adelle ·

Dit is DA propaganda…die stem vir ‘n klein party, is ‘n stem vir die ANC. Die ANC eerbiedig nie my taal nie en voer ‘n heksejag teen blankes wat kwansuis “rassisties” is. Waarom sal ek vir hul stem!!

Afrikaner ·

En waarom word Julius en sy revolusionêre EFF geduld???

Lulu ·

Ek wil baie graag hierdie petisie teken maar ek kry nêrens op die internet ñ skakel nie. Kan iemand dalk help?

Dries du Toit ·

Daar is weing verskil tussen ANC, EFF en BFL. Die BLF wil blanke grond vat met moord. Die EFF wil dit vat met besetting. Die ANC wil dit vat met wetgewing.

Karel ·

En daar is dit binne twee sinne saamgevat. Wie kan nou nog twyfel? O ja en dan is daar mense wat nie gaan stem nie of in verwyfeling is.

Herman ·

Ja Karel, stem jy maar, ek verkies om nie deel van julle “demokrasie eksperiment” te wees nie.

In SA is demokrasie 3 wolve en ‘n skaap wat stem wat hulle gaan hê vir aandete. Die arme skaap dink deur deel te neem kan hy die uitslag verander terwyl sy deelname net die spyskaart legitimiseer!

aj ·

Reg so DA!

Maar waar is die privaatsektor se veroordeling van die rassehaat?

Die kerke?????

Die Public Protector?

Die banke??? … dit was die banke wat die opstand teen STAATSKAPING ingelei het deur die Guptas se rekeninge te sluit!

“Komaan banke …. sluit daai anarchiste se bankrekenings!!!

Hendrik UAE ·

DA het nou skielik onthou hier loop MENSE met sulke bleek velle rond.” Flippid hulle betaal ons salarisse so gooi n been na hulle kant toe ook”.Eet net eers die vleis af)

Oni ·

Onthou net dat die DA die Kaap en waar hul in SA, die hef in die hand het. Gaan dit werklik nie so sleg nie. Wat besig is om te gebeur, maak die mense, die DA se hande swak. Ek sê maar net.

Reguit praa ·

D A enigste party met genoeg ondersteuning wat opstaan vir regverdigheid dis tyd dat Vryheids front Cope en DA saamwerk Dan kan ons greep van ANC bree

Sputnik ·

Ek stem ook vir “haal hulle af”, maar Adelle, verduidelik tog asb. jou redenasie oor “stem vir ‘n klein party is stem vir die ANC”. As jy gladnie stem nie, ja dan is dit. Waar is my redenasie verkeerd?

Jasper ·

Ha, ha, hierdie is dieselde pateet wat een van die eerstes was wat die Sweizer Reinecke juffrou vir die swart rasistiese wolwe gevoer het op sosiale media. Jammer DA, julle het julle kleure gewys met Helen Zille, die Ashwin Willemse Boeman saga en met juffrou. Ongelukkig gaan ons whities niks beter af wees onder die DA nie. Hulle kniee is heeltemal te slap om komunistiese linkse druk te kan hanteer.

Werner ·

Mense wat nog dink demokratiese verkiessings in SA beteken iets leef in lala land

Frik Lotz ·

Die DA se monde is nou skielik baie groot en hul probeer nou stemme kry vir die verkiesing. Nee wat DA, die kiesers glo jul nie meer nie. Enigste party wat nog integriteit het en waarlik vir mense omgee is die VF Plus.

Reguit praat ·

Absolute twak Frik DA enigste reg dekende party wat genoeg stemne trek om it’s uit te rig Dink net ad hullw regeerende party moet word land sou 100 per beter geregeer word all die pad DA

Hanna Hoekom ·

As dit n blanke politieke party was wat sulke uitlatings gemaak het, was hulle lankal gederegistreer en die leiers reeds in die tronk! Dubbele standaarde. Weereens.

Riaan ·

Enigste verskil is dat hierdie klomp clowns se hardop wat die anc dink. Ons is en sal nooit dieselfde wees nie. Versoening we gat

Jerry ·

Mphithi, jy het geen geloofwaardigheid nie, gaan sluit aan by die ANC, dit is waar jy hoort!

OMW ·

Laat hulle eerder deelneem aan die verkiesing. Dit verdeel die EFF. As hierdie ondersteuners nie vir BLF kan stem nie sal dit na die EFF gaan en hulle versterk.

Willie ·

Ons wil graag weet waar die lid wat die uitlatings gemaak het, hy moet ook simier afgedank word… wie is die BLF lid se werkgewer?

Cornelia ·

Die DA is myns insiens ‘n “allegaartjie” van teenstrydighede! Wat sou Elana Barkhuizen se lot gewees het as Solidariteit nie as ‘n sterk teenpool ingetree en opgetree het teen die DA se jeugdige Mphisi wat luidkeels rassehaat aan die verkeerde deur vasgespyker het en rasse twis aangehits het in dieselfde asem as die eff, die swart polisie daar gestasioneer en die ene Lehari nie? Mphisi het die geleentheid so vinnig bespring, dat ‘n onskuldige situasie, onskuldige slagoffers geëis het! Om die emosionele wa om te dop, is eenvoudig. Hou net aan om te klippe te gooi en te blind te storm. Mphisi, weet net hoe en wanneer. Die dat ek my by ‘n party met beginselvaste en navolgingswaardige beginsels skaar. Al die verkleurmannetjies is in die bome waar hulle hoort. Ek het ‘n “kleintjie-dood” aan manne en vroue wat onbetroubaar is en kortsigtig hulle eie gekhede aanprys of omseil met ‘n nuwe slenter. So iemand vertrou jy net tot jou skade en skande.

wonder net ·

BLF hoe voel julle nou oor die groot ongeluk vanmore voor Groblersdal ? Seker 11 mense dood , het enige van ons sulke swak kommentaar gelewer? as ons het was ons seker vinnig toegesluit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.