Die Demokratiese Alliansie het Donderdag gesê hy het adjunkhoofregter Raymond Zondo skriftelik versoek dat die party ook mag deelneem aan en wetlik verteenwoordig mag word by die kommissie van ondersoek oor staatskaping.
“Die DA het die versoek gebring op grond daarvan dat ons ʼn direkte belang het by die verrigtinge van die kommissie, as een van drie klaers by die openbare beskermer in 2016 oor staatskaping,” het James Selfe, DA-LP en voorsitter van die DA se federale raad, gesê. “Die openbare beskermer se staatskapingsverslag spruit dus uit ʼn klag wat ons aanhangig gemaak het.”
Selfe het gesê Zondo en sy span het ʼn groot taak wat vir hulle voorlê wanneer hulle met die agterstallige proses begin om bewerings van staatskaping teen pres. Jacob Zuma, die Guptas en hul vennote te ondersoek.
Hy het gesê die DA is van mening dat hy “ʼn waardevolle bydrae kan lewer aan die kommissie”. “Ons kan waardevolle bewyse deel en meer lig werp op die omvang van korrupsie binne die ANC-regering.”
Hy het gesê die party is bewus van en respekteer dat daar groot logistieke en administratiewe oorwegings moet plaasvind met ʼn kommissie van dié omvang. “Ons glo dat die adjunkhoofregter ons versoek sal oorweeg en ons wag vir sy gunstige reaksie hierop.”
Lekker trek die wegkom strop van pelle op regte plekke om Zuma en sy ZUPTIOPIA bewoners se nekke stywer en stywer.
Die DA moet deelneem hulle het al die bewyse. Indien dit geweier word is daar seker weer geknoei hoe dan anders. JZ style.
Die DA moet maar eerder focus om MM van ontslae te raak voordat hulle ook onder gaan soos die ANC onder Zuma.
Ek stem saam Andre,die DA moet maar eers die bewerings van korrupsie in Kaapstad aanspreek,voor hulle hier betrokke raak.