DA wil hê soldate moet grense beveilig

Ramatlabama-grenspos (Foto: ANA)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Donderdag gesê die polisie kan nie alleen Suid-Afrika se grense beveilig nie.

“Ons beveel aan dat dit nie net die polisie moet wees nie. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag moet seker maak dat grensbeheer in plek is. Tans in Suid-Afrika is daar meer BBP-sekuriteit vir politici as vir burgers,” het hy gesê.

Hy het besoek afgelê aan die Ramatlabama-grenspos buite Mahikeng in Noordwes. Die grens verbind Suid-Afrika met Botswana.

Maimane het gesê dwelmverwante misdade het die afgelope 10 jaar toegeneem by die grenspos.

Volgens hom het die manier hoe voertuie by die grenspos deursoek word, aan misdadigers die vertroue gegee dat die Ramatlabama-grenspos gebruik kan word as ʼn poort om dwelms na Suid-Afrika te smokkel. “Ons wil nie hê ons kinders moet wens dwelmgebruik sterf nie. Misdaad in Suid-Afrika is buite beheer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ig ·

Wat rook Musi? Die weermag kan nie eers na homself omsien nie wat nog om n grens te beveilig?

Wondermaarnet ·

My dogter vra my die ander dag toe ek praat van die “army”: “het ons land ‘n army?”. Die kind is in die hoërskool en ons weermag is so sleg dat sy, en nie net sy alleen, nie eers weet ja ons het ‘n weermag nie.

Realis ·

Goeie idee maar dan moet daar weer eerlike mense ontplooi word om die Weermaglede te monitor.

Sieg ·

Dis waar polisie het al lankal die beheer oor misdaad verloor DA skrik julle nou eers wakker!!

Marinda ·

Nie almal in die weermag is skelm nie.

Ek dink dis ñ briljante idee.

Monica Muller ·

Marinda daar is alreeds 15 Kompanies op ons grense ontplooi waarvan die meeste van ons Reserwemag Regimente afkomstig is. Hierdie soldate verrig ‘n enorme taak om ons land binnelands te beveilig. Dis so teleurstellend dat ons mense blind is vir hulle suksesse.

Dafer ·

Die korrekte ding wat moet gebeur is dat die departement wat verantwoordelik is vir grensposte net eenvoudig hulle werk moet doen. As die weermag ontplooi word ( die gode behoed ons daarvan) gaan die misdade op die grensplase net toeneem. Maar as Marinda en DV se twee favorites gestuur word, kan dit dalk werk! Of praat hulle van dieselfde een wat vertrou kan word. Dit is dan presies
helfte soveel as wat ek sou verwag het betroubaar is.

Johanna Botha ·

Watse grense …daar is nie eers meer drade nie het mos op tv die berug gesien …almal kom en gaan soos hulle wil …vrye medies en skool is SA …ao kom !

Hanna Hoekom ·

Die weermag is nog meer treurig as die SAPS. Dis nou die einste troepe wat deur die gewese minister gemaan is om op te hou om met die vrouens, in die betrokke lande waar hulle ontplooi word, seksuele “verhoudings” aan te knoop. Nee wat, gooi maar eerder meer krokodille in die riviere daar naby die grense. Dis al wat hulle gaan afskrik!

marco polo ·

In n soortgelyke berig op news24 se Maimane ook dat immigrasie makliker gemaak moet word om werkers met vaardighede te lok. Dalk moet hy nader aan die huis kyk na al die blankes wat nie werk kan kry agv BEE nie.

Nico ·

‘n Land se grense moet altyd beveilig word! Dit is beter om ten minste iets te probeer as om niks te doen nie. Een van die belangrikste verantwoordelikhede van ‘n regering is om sy eie burgers te beskerm. As jy onwettig ‘n land binnekom oortree jy reeds die wet, gee nie om watter goeie redes jy ook al wil gee nie. Geen probleem om vaardighede van buite te kry nie, mits daar nie dieselfde vaardighede in SA beskikbaar is nie. ‘n SA burger ongeag van kleur moet altyd voorkeur kry bo enige buitelander, ongeag van kleur.

Ryno ·

Ons land is regtig in n toestand en as ek na al die negatiewe kommentaar kyk kan ek nogal verstaan, niks wat berig word kry enige positiewe kommentaar nie. Ons regering is korrup en vol misdadigers maar as ons die wat probeer om iets te verander bly afkam ondersteun ons mos die toestand soos hy is. Ons weet daar is probleme op grense en dat somige polisie manne korup is, maar die man dink darm aan n oplossing, ons wat so gou is om sy idee af te kraak, wat se oplossing het ons.

Realis ·

Briljante idee! Waarmee gaan hulle dit doen en hoe gaan hulle dit doen? Die grootste persentasie van die Weermag se toerusting is in stofstore (ander woord vir ondiensbaar) en die personeel wat kan ontplooi word kan nie skiet om hulle lewe te red nie. Of is die berigte wat deur die jare uitgekom het almal verkeerd?

wielie ·

Solank daar genoeg kos voorsien word vir die laaaaaaaaaaaaaaaaang lunch hours en ” welcoming drinks” sal die soldate aantree vir diens !!!! :)))

Anoniem ·

Dieselfse weermag wat seiner radios aan booswigte voorsien, dieselfde weermag met vetties wat seker nie eers tien meter kan hardloop nie? Daardie een wat deurtrek is met strategies geplaasde kriminele? Mnr. Maimane, daar moet ‘n algehele omkeer ten opsigte van bedrog en korrupsie wees voordat jy sulke voorstelle op die tafel sit!

Bad Ballie ·

As skoolkinders in die Congo die wit waks uit hulle skiet wat gaan hulle op die grense kan uitrig?

Anoniem ·

Ek moet hierdie keer saamstem met hom. Dit is die SANW se primêre taak om ons landsgrense te beskerm. Onttrek aan die vredesoperasies in Afrika en bewaak eers ons eie grense. Stel weer 1 jaar verpligte diensplig in as dit moet, dit sal dissipline bevorder en werk skep. Daar behoort daagliks lug, berede en voet patrollies uitgevoer te word. Ek glo egter nie die politieke wil is daar om dit te doen nie.

DD ·

Bietjie te laat. Die hele Afrika is al klaar in Suid Afrika….

Johan H. ·

Bou n Shinese muur,,, Dit skep werk ! dan hoef die weermag nie dit ook hoef op tepas nie, Dink nou aan daaie polisie generaal,,, Generaal nogal,, Wat se die polisie stasies moet gesluit word in die aande ,,vir veiligheid Hahahaha ,bou nou n land !

Moeg ·

Ek stem saam met Johan H…..sjinese muur. Dink so daaraan, Trompie in VSA wil ook mos muur bou teen Meksiko se grens. Die Sjinese het die muur gebou, en tot vandag toe is daar nie een Meksikaan in Sjina nie :-)

Siekensat ·

Gaan hulle regtig hulle boeties en siesies uit die land hou? Ek het darm nou lekker gelag oor hoe naief mense kan wees.

Monica Muller ·

Tans is daar 15 kompanies aan ons grense ontplooi waarvan die meeste sold ate van ons Reserwemag Regimente afkomstig is. Hierdie soldate verrig ‘n enorme taak onder baie moeilike omstandighede met beperkte hulpmiddele. Die snitte aan die Verdedigingsbegroting raak veral die Reserwemag want as daar besnoei moet word, word hulle mandae heel eerste ingekort. Dis maklik vir oningeligte mense om te kritiseer as hulle bereid is om kennis te neem van die suksesse wat op ons grense behaal word nie. Die prentjie kon heel anders gelyk het as dit nie was vir die bykans 10 000 manne en vroue wat jaarliks vrywiilig diens op ons grense verrig. Kom ons steun hulle eerder soos wat ons in die verlede gedoen. Die DA kan beslis ‘n bydrae in die Parlement lewer deur sterk standpunt in te neem vir die toewysing van meer fondse vir die oproep en ontplooing aan ons grense van opgeleide Reserwemaglede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.