DA wil hof toe oor haarkappers

(Foto: Aw Creative/Unsplash)

Die Demokratiese Alliansie (DA) se regspan het ʼn brief aan Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gerig oor die voortgesette verbod op persoonlike versorgingsdienste soos haarkappers en skoonheidsalonne tydens vlak 3 van afsondering. Die DA meen die verbod is onaanvaarbaar, irrasioneel en voldoen nie aan die wet nie.

Die DA versoek dat Dlamini-Zuma teen Woensdagmiddag 14:00 op die brief moet reageer. Dean Macpherson, DA-LP en skaduminister van handel en nywerheid, sê indien sy versuim om dit te doen, sal die DA dringende regstappe neem.

Macpherson sê Dlamini-Zuma het nog geen geldige rede gegee waarom persoonlike versorgingsdienste nie voortgesit kan word tydens vlak 3 van afsondering nie. Hy sê dit is duidelik dat persoonlike versorgingsdienste die nodige sanitasieprotokolle sal nakom en die nodige sosiale afstand sal handhaaf.

Hy voer aan die voortgesette verbod op persoonlike versorgingsdienste veroorsaak dat honderde duisende mense sonder ʼn inkomste ten tyde van afsondering sit.

“Ons wil regstappe doen vir veral enkelmoeders en jong entrepreneurs wat ten tyde van afsondering geen bron van inkomste het anders as die persoonlike sorgdienste wat hulle lewer nie,” sê Macpherson.

Die nasionale tesourie het voorspel dat 50% van alle Suid-Afrikaners hul werk tydens die Covid-19-pandemie gaan verloor. “Die minister moet eerder poog om te verhoed dat nog mense hul werke verloor as om hierdie onaanvaarbare regulasies te volg,” sê Macpherson.

Macpherson sê dit maak nie sin waarom persoonlike versorgingsdienste nie soos al die ander sektore tydens vlak 3 kan oopmaak nie.

“Die DA sal hierdie onregverdigheid nie duld nie. Ons sal doen wat nodig is om hierdie bedryf so gou as moontlik oop te maak en ontslae te raak van hierdie irrasionele en verwoestende regulering,” sê Macpherson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Hoekom gee julle altyd dom Ministers ‘n kans om te regeer? Gaan KopDoek, of is die DoekKop, nou terugkom(as ooit) en se ons gaan dadelik die ban op haarkappers oplig, en ons is jammer dat honderde haar salone moes toemaak? Moenie eers by die dom lot permissie vra nie…..gaan net hof toe, en dan stuur ‘n brief vir watter dag hulle moet teen staan in die hof.

Pieter

Sy sal nie reageer nie vat kop doek hof toe en kry klaar. Nuwe president van suud afrika

Michael 1

Wanneer gaan hulle hof toe oor rasistiese diskriminerende wette teen minderhede te stop???

Willem

Kopdoek en haar kamerade sien haarkappers as n witding. Hul gebruik dus net kopdoeke

Scalla

Kopdoek sal eers met haar raadgewers konsulteer.