DA wil Kuruman-betogers aankla

Argieffoto

Argieffoto

Die DA beplan om kriminele klagte aanhangig te maak teen betogers in Kuruman in die Noord-Kaap wat kinders verbied om skool toe te gaan.

“Die polisie moet nou optree en verseker dat die leerlinge die opvoeding kry wat deur die grondwet verseker word,” het Samkelo Mgobozi, woordvoerder van die DA, in ‘n verklaring gesê.

Annette Lovemore, DA-LP, en Safiyia Stanfley, lid van die provinsiale wetgewer, sal Maandag klagtes by die Kimberley-polisiestasie aanhangig maak.

Die betogings het op 5 Junie begin en inwoners eis dat ‘n pad in die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit geteer moet word.

Die betogers verbied glo kinders en onderwysers om skool toe te gaan ten einde die aandag van die owerhede te kry.

Monwabisi Nkompela, die premier van die Noord-Kaap se woordvoerder, sê ‘n tender is uitgereik om die pad te laat teer.

“Die tender is in die stadium waar die projekbestuurders by die departement moet evalueer watter bieër voldoen aan die spesifieke vereistes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.