Die ANC het versuim om alle rekords van sy kaderontplooiingskomitee aan die DA te oorhandig ten spyte van die feit dat die hoogste hof van appèl hom beveel het om dit te doen.
Die opposisieparty gaan nou weer die hof nader – dié keer om ʼn bevel van minagting van die hof te bekom en te eis dat die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, in boeie geslaan word.
Dr. Leon Schreiber, DA-LP en die party se woordvoerder oor openbare administrasie en die staatsdiens, sê aangesien die ANC se mislukte aansoek om te appelleer teen ʼn vroeëre hofbeslissing dat alle rekords van sy kaderontplooiingskomitee aan die DA oorhandig moet word onder Mbalula se naam by die hoogste hof van appèl ingedien is, het hy hom skuldig gemaak aan dieselfde oortreding (minagting van die hof) wat gelei het tot die tronkstraf van oudpres. Jacob Zuma.
Schreiber sê die DA gaan daarom nou ʼn hofaansoek bring om Mbalula tronk toe te stuur deur gebruik te maak van die einste presedent wat in die Zuma-saak gevestig is. “Dit is tyd dat die ANC leer dat daar gevolge is vir die ondermyning van geregtigheid in Suid-Afrika.”
Die hoogste hof van appèl het die ANC se aansoek om te appelleer begin vandeesmaand van die hand gewys en gelas dat die ANC binne dae die volledige rekords en notules van sy kaderontplooiingskomitee, wat dateer van 1 Januarie 2013 toe pres. Cyril Ramaphosa voorsitter van dié komitee geword het, aan die DA oorhandig.
Dit sluit in vergaderingsnotules, WhatsApp-gesprekke, e-posse, CV’s en ander relevante dokumente.
Die sperdatum vir die oorhandiging van die kaderontplooiingsrekords was 8 September.
Die DA het wel op 7 September ʼn brief van die ANC se prokureurs ontvang wat aandui dat die party van plan is om die Konstitusionele Hof te nader. Die DA het die regerende party tot 20 September kans gegee om hul dokumente in te dien. Die ANC het ook nie hierdie sperdatum gehaal nie.
Schreiber sê die DA het gister (Donderdag) weer ʼn skrywe aan die ANC se regspan gerig waarin die party aandui dat die 15-dae hofsperdatum vir die indiening van appèl die vorige dag, op 26 September, verval het.
“Dit beteken dat die ANC nou die hoogste hof van appèl se uitspraak minag.
“Dit is duidelik dat die ANC besef het dat enige appèl op die Konstitusionele Hof gedoem is om te misluk. Maar die DA sal nie toelaat dat die ANC wegkom met hierdie jongste poging om ʼn Stalingrad-taktiek te gebruik om geregtigheid te ondermyn nie,” sê Schreiber.
EK WIL DIE HELE ANC KADERSKELMS BAIE LANK AGTER TRALIES SIEN.
ROBBENEILAND IS MOS ‘N MUSEUM.
en wat gaan julle doen die huidige regering is verhewe bo die wet.
Ja hy gaan ook seker verskriklik siek word op die golfbaan en geen hofsaak ens by woon nie
DA ek is met julle in die saak, maar ons weet almal dat die ANC nie sal gehoor gee aan enige hof tensy dit vir iemand anders geld nie. Hulle sien hulself verhewe bo die wet en hof. Dit is nou al oor en oor gesien, hulle boet nooit vir hul dade nie. Hulle moet uit…..punt. Dis tyd.
Hulle mag dalk dink hulle is verhef bo die wet maar dinge gebeur, al is dit stadiger as wat ons dit wil hê.
DIT GAAN NIE GEBEUR NIE ! ALMAL WEET DIT TEEN DIE TYD AL !
Hy het mos mooi by Zuma geleer. Hy sal ook net uiteindelik ‘n paar minute in aanhouding wees.
Kom ons kyk of foiled mbabolsa maps genoeg is om te reageer.. Hy het nie balls van n 10 maande ou baba seuntjie nie
Die DA sal nie toelaat…, wat ‘n grap-die ANC doen al jare wat hulle wil tsv die DA wat niks toelaat nie. Daar gaan niks van kom nie
Wat het geword van die R10 milj omkoopgeld met die wereld sokker beker saam met ene Danny Jordaan, laat hy sing terwyl jul besig is met die kader?
Jammer om julle “bubble” te bars maar in die New Sout Êfrica geld die reël…..Hoe groter die krimineel hoe onwaarskynliker gaan hy/sy in die tronk beland.
Ja ek stem ek sal ook like om die hole lot tot eff agter tralies sien hoe gouer hoe beter mooi DA
Ag ons net die hele ANC gespuis vir n laaaang tyd tronk toe kan stuur. Vir byna 3 dekades ly ek aan erge sooibrand nes ek daai naam hoor.
Soos hulle al voorheen gemeld het, die anc is in beheer, nie die grondwet nie
Die DA moet realisties begin dink. Dit wat hulle wil hê gaan eenvoudig nie gebeur nie.
Dit sal ñ blye dag wees vir SA as die DA daarin slaag!
Die mannetjie sal swaar lewe in die tronk.
Dit sak nou ietsie wees wat ek ‘n vliegtuig kaartjie voor sal koop. Mbalula wat in booie by ‘n tronk in loop. Eintlkik enige ANC!
Dit sal gaaf wees. Maak grootbek se mond stil.