DA wil OB uit pos laat ontslaan

busiswe-mkhwebane

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer.

Die DA het Dinsdag gesê die party eis dat Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), van haar amp onthef word.

Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) Mkhwebane se onafhanklikheid bevraagteken het nadat sy na bewering haar “regstellende stappe” om die mandaat van die SARB te verander met die presidensie se regsadviseurs en die Staatsveiligheidsagentskap bespreek het, sonder om ander partye soos die Reserwebank die geleentheid te bied om daarop te antwoord.

DA-LP Glynnis Breytenbach het gesê dié inligting wat in ʼn bykomende beëdigde verklaring vervat is wat deur die SARB ingedien is, “toon duidelik dat Mkhwebane nie op ʼn onpartydige manier optree nie, maar haar opdragte van die Uniegebou af kry”.

“Die DA sal daarom aan Baleka Mbete, die speaker van die nasionale vergadering, skryf om te versoek dat hierdie saak deur die betrokke portefeuljekomitee hanteer word kragtens reël 337 en 338 van die Nasionale Vergadering,” het Breytenbach gesê.

Die Grondwet stel duidelik die voorwaardes waaraan voldoen moet word voordat ʼn OB deur die president uit sy of haar pos verwyder kan word. Dit sluit in dat die relevante komitee in die parlement ʼn ondersoek moet doen en indien daar bevind word dat daar “wangedrag, onvermoë of onbevoegdheid” is, kan ʼn besluit by die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word waar ʼn tweederdemeerderheid dit moet goedkeur.

Die hooggeregshof in Pretoria het in Augustus Mkhwebane se aanbeveling dat die parlement die Grondwet en die mandaat van die SARB moet verander, ter syde gestel.

In ʼn bykomende verklaring wat Dinsdag aan die lig gekom het, bevraagteken die SARB Mkhwebane se onafhanklikheid en verwys na haar vergaderings met pres. Jacob Zuma se regsadviseurs en die Staatsveiligheidsagentskap voordat sy haar finale verslag bekendgestel het. Die SARB het gesê hoewel die president toegelaat word om op die finale verslag kommentaar te lewer is geen ander partye, waaronder die SARB, hierdie geleentheid gegun nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pop ·

Ons in hierdie land wat dink eerlikheid is n vereisde leef in lalaland. Dis n 3de wêreld land wat deur n afrika nasie bestuur word. Beste wat mens kan doen is om met jou kop in n gat te staan soos n volstruis. Probeer oorleef na die beste van ons vermoë. Ons moet kyk dat ons die jonges uit die land kry. Sodat hulle nog n kans het. Is ons plig as ouers.

Leahim ·

Die werklike probleme word nooit aangespreek nie
Misdaad …bou meer tronke
Keur beter wetstoepassers
Ekonomie…skep meer werk
Verminder die ongeskoolde
Massas deur beter opvoeding.
Nou bemoei hulle hulself met die OB Hoekom??

Johan. H. ·

Fire haar , hulle dink hulle is slim, Is sy n regte advokaat? Plaas hulle net hulle werk doen , is dit teveel gevra?

Griet ·

Die OB is ‘n verleentheid vir ons mense, land en samelewing. Sy is duidelik ‘n lakei van die prezz

Janee ·

Asof Zuma of die NV haar van haar pos sal verwyder. Sy doen dan wat verwag word, hulle het by Thuli geleer om nie weer iemand onafhanklik te kry nie.

AP ·

Sy moes nooit daar gewees het in die eerste plek nie , mors van geld in so hoe pos selfde met gigaba , van rooyen , noem maar op !! Skande wat in ons land gebeur

Ouma ·

Daar is bitter min mense wat Thula Madonsela se skoene kan volstaan. Beslis nie ons huidige OB nie. Afdank? Nie solank die ANC aan bewind is nie. Ons is diep teleur gestel in haar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.