DA wil ook saam met Kaapse Forum werk

Die nuwe burgerregteorganisasie, die Kaapse Forum, geniet al hoe meer steun – nou ook van die amptelike opposisieparty.

Die DA het Heindrich Wyngaard, uitvoerende voorsitter van die Kaapse Forum, genooi na ʼn vergadering met die waarnemende Wes-Kaapse DA-leier, Tertius Simmers, om die party en organisasie se “gedeelde visie” te bespreek, “asook hoe die DA en die Kaapse Forum kan saamwerk om ons gemeenskappe te bemagtig – veral dié wat buite verhouding ly onder ekonomiese ontmagtiging”.

Die Kaapse Forum is ʼn burgerregteorganisasie vir die bevordering en beskerming van die belange van Wes-Kapenaars.

Simmers wys daarop dat die organisasie met sy totstandkoming selfstandige Kaapse gemeenskappe deur groeiende plaaslike ekonomieë in staat wil stel om armoede te bekamp en veiligheid te verbeter.

“Dit is sake wat die DA na aan die hart lê,” sê Simmers.

“Die DA sien uit na die positiewe uitwerking wat die Kaapse Forum se werk op ons gemeenskappe sal hê. Ons glo die enigste manier om Suid-Afrika te red is die deursigtige samewerking van ons regering en die burgerlike samelewing, met die behoeftes van die gemeenskap aan die voorpunt van alles wat ons doen. Die bevordering van noue werksverhoudings met gemeenskapsorganisasies is noodsaaklik vir die inwerkingstelling van lewensvatbare oplossings vir armoede, onderwys en veiligheid.”

Ook die VF Plus het vandeesweek die totstandkoming van die Kaapse Forum verwelkom.

Volgens dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en Wes-Kaapse leier, wag daar ʼn baie groot en belangrike rol op die Kaapse Forum. “Dit is noodsaaklik dat veral die platteland in die Wes-Kaap dringend bestendig moet word voordat die verval van die platteland ook in die Wes-Kaap ervaar word soos wat dit reeds elders in Suid-Afrika die geval is.”

Die VF Plus het gevolglik ʼn hand van vriendskap en samewerking na die Kaapse Forum uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Nee bly weg van Politieke Partye af…hoekom wil hulle nou xkielik betrokke raak….aikonna…last hulle ry

Henry

Wel, ek dink nie dit is baie wys dat n burger regte organisasie met n politieke party saamwerk nie. Gaan later vingers brand.

Chris dupreez

Die DA wil saam met almal werk, maar kan saam met niemand werk nie. Hulle kry nie eers reg om met hul self saam te werk nie.

Hayntjie

Die Kaapse Forum en Afriforum, Solidariteit en Regsake behoort politics neutral te bly. Die organisasies tree tans ondermeer as waghond op vir die Suid Afrikaners se belange en dit behoort vanaf die fondasie van Afrikaans sprekendes na alle volle uitgebrei te word soos die neiging tans ook is. Raak ontslae van die pigmentasie vloekke wat ons gemeenskap verniel en bring groter eenheid in ons nasie en vrede. Ooreenkomste met politieke partye gaan net negatief vir hierdie organisasie wees. Moenie lede verdeel nie. Asseblief tog nie. Moenie pro enige politieke party word noe of so ʼn indruk skep nie.

Jaco

DA, kaapse forum, Afriforum, Vryheidsfront, ACDP, Action SA: ALMAL het dieselfde doel, naamlik raak ontslae van die ANC. Waarom dan so baie partye en organisasies wat almal dieselfde doel het. Onthou tog nogal die ANC se keuse “together we can do more”. Werk saam, smelt saam en raak net van die ANC ontslae, of kry ten minste dit reg om die Wes-Kaap ten minste semi-onafhanklik te maak. Vergeet van julle oppervlakkige verskille (DA is sag op regstellende aksie en die ACDP is hiper Christelik. Daardie verskille kan later uit geonderhandel word. Verenig net nou ASSEBLIEF om julle primêre gesamentlike doelwitte… Lees meer »