DA wil parlement ontbind, vroeë verkiesings hou

Mmusi Maimane, leier van die DA, tydens ʼn debat oor die 2017 staatsrede.

Die DA beplan om ʼn mosie ter tafel te lê wat vra dat die parlement ontbind word en vroeë verkiesings gehou word. So het Mmusi Maimane, DA-leier, Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê.

Maimane het gesê die mosie sal Donderdag voorgehou word en dat hy van opposisiepartye verwag om dit te steun.

Dié stap kom nadat die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma gister misluk het. Maimane het bygevoeg Suid-Afrika se huidige probleme, wat die ekonomiese resessie insluit, is genoegsame grond om ʼn vroeë verkiesing te regverdig.

“Ons is seker die ANC het die vertroue van die meerderheid van Suid-Afrika verloor. Teen die tyd dat Zuma die ANC heeltemal vernietig het, sal dit te laat wees. Laat die land nou ʼn nuwe begin kies,” het Maimane gesê.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het gesê die Grondwet maak voorsiening vir vroeë verkiesings mits die laaste stemming ten minste drie jaar gelede plaasgevind het.

Dié mosie sal ʼn meerderheid stemme in die nasionale vergadering vereis om te kan slaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Basjan ·

Daar gaan ons alweer. DA, julle leef in ‘n droomwêreld as julle dink die ANC gaan dit toelaat.

Sakkie ·

Stem Basjan. Geld mors en DA geen belang om land se probleme op te los nie.
Net gesanik!

Louis ·

Stem saam. Hulle skep verwagtinge wat dan nie realiseer nie

aanhou ·

Geen einde nie? Veg hy vir die land en nasie of vir sy eie gewin. Regtig!!

MissDemeanor ·

Presies hoe mors dit geld? Geldmors is wanneer jy Coke en Lotto kaartjies koop inplaasvan om te spaar vir jou aftrede. Om ‘n voorstel in die parliment te maak kos niks nie.

Michael ·

Die DA kan homself nie onbind al wou hy ook sonder sy koalisie vernote bly die DA maar net die opposisie party in Suid Afrika

Loeis ·

Terwyl ANC LPs teen die mosie oor Zuma gestem het, wat is die kans dat hulle hiervoor sal stem?!!! ANC LPs weet dat party van hulle hul poste – en salarisse wat daarmee saamgaan – dan sal verloor. Hul eie basse is waarskynlik vir hulle effens belangriker as Zuma s’n vir hulle is.

Pieter ·

Ag nee o vrek DA stop nou die mosies julle gaan nerens kom nie fokus op 2019 liewers.Julle mors net geld en tyd. Die ANC gaan hulle self in die voet skiet.

Regtig! ·

Kry die knaap nie einde nie? Veg hy vir die land en nasie of vir sy eie gewin. Hoe verseker is hy dat al wat mens is vir hom gaan stem om president te word. Regtig!!

LB S ·

So, REGTIG, wil jy eerder ou Malemmertjie hê vir ‘n President? Wake up and smell the roses my friend!

Bekommerd ·

Dis reg so….hou aan met druk toepas. Die balon sal wel bars. Die anc het ons land genoeg skade gedoen en kan nie herstel nie. Die tyd is nou dat die anc moet oorgee

jack daniels ·

Kry die knaap nie einde nie? Veg hy vir die land en nasie of vir sy eie gewin. Hoe verseker is hy dat al wat mens is vir hom gaan stem om president te word. Regtig!!

SP ·

Tyd dat Maimane ander raadgewers kry,gister het hy ontken dat hy vd ANC wil ontslae raak,net vir Zuma,vandag is dit weer die hele ANC, mors van tyd.

LB S ·

Want gister het hy die ANC LP’s probeer oortuig om vir die mosie te stem. Hulle het nie. Dus, kry die ANC uit! Sommige mense verstaan gladnie politiek nie.

dovaz ·

M.A.W. ‘n refferendum. Sal baie goed wees. Laat nie nasie hul keuse maak.

HANS ·

Vusi praat nie met n gevurkte tong nie. Hy was heeltemal reg toe hy gister verklaar het dat dit om die uitskakeling van Zuma gaan. Die mosie was tog immers ook teen Zuma ingestel; nie die ANC nie. Gister se uitslag het egter bewys en bevestig dat die kern van die ANC verrot en nie instaat is om homself te korrigeer en op n ander (beter)pad te plaas nie. Dus moet die party nou in rondte twee aangevat word.

SP ·

So hy het nou oornag sommer skielik besluit dis nie meer Zuma nie,maar nou die ANC,tipies politikus. Alweer n gejaag na wind. Maimane is besig om geloofwaardigheid in te boet.

Willie E ·

Ons het krag,ESKOM loop darem redelik okay deesdae…he he he

Eish ·

Heeltemal te voortvarend. Hy het vergeet dat hy n groot deel van die blanke stemvee vervreem het met die Zille debakel se hantering. Hy het dit nog glad nie verdiskonteer nie. Ek dink ook nie die ANC stemvee gaan deur n nuwe gat in die draad klim voor die ou nie gestop is nie. Burgerlike verset in al sy gedaantes gaan nou vrugte afwerp. Maak die plek onregeerbaar!

Swartkat ·

Mmusi Maimane jy mors jou tyd, die DA se geld en die kiesers se geduld en vertroue in die DA. Dink jy nou regtig die ANC LP’s gee om wat reg of verkeerd is- die salaris en posisie is al wat saak maak. Geld wat stom is maak reg wat krom is. Dink jy nou regtig die ANC lede gaan nie ‘n vet bonus kry omdat hulle gister agterZuma gestaan het nie.

MissDemeanor ·

En die min of meer 30 ANC lede wat teen Zuma gestem het, en die 9(?) wat nie gestem het nie….gaan hulle ook bonusse kry?

Ronell ·

Ek stem. Nie net die DA nie, maar al die oposisie partye moet die druk volhou. Ja ek weet hulle kry elke keer n bloedneus, maar ten minste probeer hulle die anc korrupsie blootlê en probeer om die uitkyk van landsburgers tov korrupsie te verander. Ondersteun eerder die wat n beter SA vir almal belowe. Enige vars uitkyk vir ons landsburgers is dalk beter as die anc se rampokkery en korrupsie

pie in the sky ·

Meeste teen kommentare hier toon slegs hoe onkundig meeste Afrikaners polities is. Z sal sit soos hy al vir jare doen, tensy opposionele druk toenemend op hom en sy party toegepas word. Die EFF slaag meer daar in as die DA. Nogtans kan Adv Maimane aangeprys word vir sy dappere pogings in n tyd wanneer SA alreeds half onderwater is… Daar is nie meer tyd tot 2019 vir SA nie! Z is n ou kalant en moenie onderskat word waar hy homself gedurig herposisioneer as politieke held nie …

Eish ·

Maggies, ek het nou lekker gelag vir jou kommentaar vleispasteitjie! Nou maak jy sommer vir Maimane n advokaat! Hy het n BA graad in sielkunde en n meesters in Publieke administrasie en Teologie.

MissDemeanor ·

Ek dink nie n politikus kort n graad in politiek of n graad in finansies nie….wat hul kort is gewoonweg ‘n helder verstand en ‘n goeie dosis “common sense”

Boetman ·

MissDemeanor ‘n bietjie eerlikheid kan ook miskien belangrik wees – ‘n skaars karaktertrek by politici.

pie in the sky ·

Eish, dankie vir daai een. My fout – ek was regtig onder die indruk hy’s ‘n regsgeleerde. Jammer en dankie.

Penellope Jones ·

Pasop DA dat dit nie terugkom om te byt met erge, erge nagevolge nie.
Laat dinge nou soos dit is, “wait it out” soos die spreekwoord gaan.

John ·

Mmusi droom. Kyk na ann7 en hoor wat se Zuma… en die ANC-anties en die res koop dit. Inteendeel, die DA kan selfs minder stemme kry as laas want die ander opposisie-partye, waaronder die EFF, groei en daarby sal baie minder witmense die’ slag vir die DA stem… vir een… Zille & kie.

mariette ·

Stem saam pas die druk toe op hul DA!Teen 2019 is daar niks oor van ons staatspensioenfonds nie en ons werk immers daarvoor!

Lewies ·

Slaan die yster terwyl hy warm is, of politieke-selfmoord ???

Vryheid ·

Bly veg ,doen ook al wat nodig is om die korrupte anc te breek. Hou op om op jou g@t te sit en kla, ten minste baklei die res om die land te red. Klomp negatiewe draad sitters!

jd ·

Geduld! Mense!Doen julself die gund en lees dieToekomsVenster: Die gelykenis van die saad wat vanself groei. Geduld!

HPV ·

Dit is tyd dat die DA hul vervelige gekef staak en met iets daadwerkliks vorendag kom. Haal uit en wys! Bou liewer damme in die Wes-Kaap of red Bloemfontein van vêrdere verval.

RiaanN ·

Enige persoon wat glo dat die ANC by die stembus oorwin gaan word lewe in ‘n droomwereld

Stelling ·

DA, ANC, EFF…dink julle werklik dit gaan n verskil maak.My mede mense watookal moet uitspeel sal nie tot “ons” voordeel ooit weer wees nie. Ons is indringers in ons eens “eie” land. Al wat ons kan doen is bid en nogmaals bid en glo dat n wonderwerk van oor die waters tot “ons” groepie sal kom. Moet nie jul vertroue in politieke partye plaas vir hulp nie, plaad dit op mekaar, vat hande en kom “ons” mense baklei vir ons nuwe begin.

jack daniels ·

Stem 100% saam met stelling! Ons moet op ons kniee bly vir ons families, vriende en mede blanke mense. Ons sal moet hande vas en soos die china wall a eenheid vorm teen die moordenaars, verkragters, skelm en die duiwel met sy demone. Ons moet saam staan as een. Hulle moet kan sien dat God ons enigste leier is. Tot parly moet bang raak vir ons.

gawie ·

Sal nie slaag nie maar enige iets wat die cosy, korrupte spul irriteer en ongemaklik maak, dra my goedkeuring weg.

SP ·

MissDemeanor,ek is beslis nie n Gupta nie,maar net realisties,as die opposisie nie daarin kon slaag om Zuma uit te stem nie,gaan hulle nog minder die ANC nou kan uitstem. Maimane moet met n baie meer deurdagte strategie vorendag kom. My indruk is dat hy nou net van allerhande foefies gebruikmaak.

Andre van der bank. ·

The end of the World still farsighted by you guys. Keep hoping, still believe and go on with every day life. Here by us, we might engulf ourselves in yet another war. Our President Donald fed up with N Korea.

Werner ·

Weet nie wat se druk die da toepas nie hulle paai net hulle aan die slaap ondersteuners

Leon ·

Plaas hou hy op met mosies en gemors, en konsentreer op stadsrade wat uitmekaar val! Dit is tog waar die stemme lê!!

gawie ·

In plaas van die DA te blameer (hulle doen darem iets) behoort hierdie regses die koalisie-vennote te ondersteun. Groenewald het nou die dag so cosy langsaan sy partner Malema gesit, miskien moet julle sy voorbeeld volg. Enige iets om die korrupte spul uit die stoele te lig.

LB S ·

100% Gawie! Maar lyk my te veel van ons mede Afrikaners is te dig om dit te verstaan. Ek skaam my vir hulle!

14/88 ·

8 Augustus 2017 was die stille afsterwe van demokrasie in Suid Afrika en die formele instelling van die Kriminele Staat van ANC. Welkom in die KSA.

Frankie ·

Ek dink die DA moet op ‘n breër, langtermyn strategie begin konsentreer, veral met 2019 in gedagte.

Fokus eerder geld, mannekrag en tyd om die areas en munisipaliteite reeds onder DA beheer tot op 1ste wêreld standaard te bring – of so na as moontlik.

Begin ook met doelgerigte, direkte, gemeenskap sensitiewe opheffings werk in arm gebiede en in die informele nedersettings, soos bv boorgate, kompos toilette, gryswater – en vullis bestuur sisteme, effektiewe primêre versorgings mobiele klinieke, effektiewe hulp vir skole soos wat die skole se behoeftes is, gemeenskap groente en vrugte tuine.

Asook gemeenskap sentrums waar goed deurdagte entrepeneur programme en basiese lewensvaardigehede programme soos kleremaak, sweis, houtwerk, ‘urban farming’ ens aangebied kan word.

Maak profesionele 20 min dokumentêre films oor AL die werk wat die DA doen en die direkte impak daarvan op alle vlakke van die gemeenskap. Stuur dat ‘n klein weermag , 2 man spanne met bosbioskoop gereedskap en tonne DA t-hemde na ANC areas en begin stemme werf….

Dit is defenetief belangrik om aanhoudend die ANC se kriminele bedrywe op elke denkbare manier aan die grootklok te hang – veral tot en met 2019 – maar ek dink die DA moet 99% van die geld en mannekrag daarop konsentreer om die grootste moontlike positiewe impak te maak op die alledaagse lewens van gewone mense, as ‘n voorbeeld van ‘n effektiewe regering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.