DA wil Ramaphosa voor Zondo-kommissie sien

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: PresidencyZA/Twitter

Mmusi Maimane, leier van die DA, het ʼn versoek aan die Zondo-kommissie na staatskaping gerig om pres. Cyril Ramaphosa vóór die komende verkiesing op 8 Mei vanjaar op te roep om voor die kommissie te getuig.

Maimane het Woensdag in ʼn verklaring gesê onlangse onthullings voor die kommissie bevestig vermoedens dat die president en sy familie by dié wydverspreide korrupsie by Bosasa betrokke was.

Maimane het verwys na die voormalige Bosasa-ouditeur, Peet Venter, se getuienis gister voor adjunkhoofregter Raymond Zondo dat Andile Ramaphosa geld van Bosasa ontvang het waarna Andile vanoggend erken het dat hy meer as R2 miljoen van Bosasa ontvang het vir “dienste gelewer”.

Venter het onder eed getuig dat Andile R500 000 uit Bosasa-baas Gavin Watson se sak ontvang het. Ramaphosa het voorheen gesê dié geld was bloot ʼn skenking aan sy interne verkiesingsveldtog in 2017.

Maimane glo egter dat die onthullings daarop wys dat die Ramaphosas en Bosasa kop in een mus is.

“Dit kan eenvoudig nie wees dat die geld vanaf Bosasa so vrylik na die Ramaphosa-familie toe vloei nie. Die president moet onder eed die volle omvang van die nou blootgestelde sakeverhouding tussen hom, sy familie en Bosasa verduidelik.

“Suid-Afrika verdien antwoorde en die Zondo-kommissie is op die been gebring om die waarheid oor hierdie saak te ondersoek,” lui die verklaring.

“Bosasa het 20 jaar lank voordeel getrek uit die omkoop van ANC-politici om regeringskontrakte ter waarde van miljarde rande te bekom. Dit lyk of die Watsons vir die Ramaphosas is wat die Guptas vir die Zumas is,” het Mmaimane gesê.

Die DA-leier het in sy verklaring gesê pres. Ramaphosa en sy familie is nié verhewe bo die wet nie. “Die Suid-Afrikaanse kiesers kan nie na die stembusse gaan sonder om die volle waarheid te weet nie.”

Maimane het die verhouding tussen die Ramaphosas, die regerende party en Bosasa as ʼn kringloop van geheimhouding beskryf.

“Dit is noodsaaklik dat dié geheimhouding verbreek word en Suid-Afrika die volle waarheid oor hierdie korrupsieskandaal wat die president betref, vertel word,” het die opposisieleier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alida ·

Het die een wat so lag al verskyn? NEE !!! en hy sal ook nie.

ne ·

Lyk my ek het die verkeerde van. Moet verande na Zupta of Rama…….

Alida ·

Het die een wat so lag al verskyn? NEE !!! en hy sal ook nie.

Pieter ·

As ons na die geskiedenis sedert 1994 kyk dan wil dit voorkom dat as jou pa of oom president van SA is dan gee dit jou die reg om op verdagte en onreelmatatige manier besigheid te doen en dan daarmee weg te kom

Dries du Toit ·

Nooit in die geskiedenis het ons ooit sulke korrupte Presidente of eerste ministers gehad nie. Die linkses het en nog steeds alles in hulle vermoë probeer bewys dat dit wel die geval was sonder sukses. Dit is maar iets in jou wese en kultuur wat dit moet aanwakker.

Deon ·

Die Ramaphosa/Motsepe/Radebe groep gaan erger wees as die Zumas en Guptas. Hulle is goed gevestig in veskeie belangrike sektore, insluitend energie, mynbou, bankwese, voedsel en IT. Hou maar dop.

Gert van Wierdapark ·

Wat van ‘n verweer deur Rama-P-junior: Dis nie my skuld dat ek die geldjies gekry het vir con-sultassie joppies nie, dis die skuld van “White minority Capital”

Willie ·

N groot verleentheid…. wat mens pla, is die feit dat hulle dink dis reg, en altyd n flou verskoning vir hul dade het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.