DA wil Referendumwet wysig

Argieffoto (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die Demokratiese Alliansie is besig om ʼn wetsontwerp vir privaat lede (PMB) te finaliseer om die Referendumwet só te wysig dat grondwetlike magte aan premiers toegeken kan word om ʼn provinsiale referendum te kan hou.

Natasha Mazzone, hoofsweep van die DA, het gesê dit is deel van die party se toewyding om groter afwenteling van magte aan provinsies te verseker – in lyn met die Grondwet.

Artikel 84 van die Grondwet bepaal dat die president ʼn nasionale referendum mag aankondig. Artikel 127 bepaal dat premiers ʼn provinsiale referendum mag hou, wat met nasionale wetgewing verband hou.

“In sy huidige formaat mag slegs die president egter ʼn referendum aankondig en daar is nie voorsiening gemaak dat ʼn premier ʼn referendum in ʼn provinsie kan aankondig nie,” het Mazzone gesê. “Die wetsontwerp wil dié leemte aanspreek deur ʼn wysiging sodat ʼn premier sy grondwetlike magte kan uitoefen en ʼn provinsiale referendum kan aankondig – om seker te maak dat provinsiale inwoners hul stemme oor belangrike kwessies kan laat hoor.”

Die DA wil deur die wetsontwerp die party se beginsel van federalisme bevorder deur die afwenteling van mag aan provinsies.

“Die DA se wetsontwerp het ook ten doel om die mag nader aan die mense te bring deur verkose premiers in staat te stel om hul grondwetlike mag uit te oefen sodat referendums gehou kan word oor noodsaaklike kwessies soos dienslewering waar die disfunksionele nasionale regering hulle plig versuim het, byvoorbeeld die spoorweë, die polisie, en kragopwekking.”

Die DA sal ʼn verduidelikende memorandum van die voorgestelde wetgewing in die Staatskoerant publiseer en moedig alle Suid-Afrikaners en ander belanghebbendes aan om skriftelike voorleggings in te dien by die speaker van die Nasionale Vergadering ([email protected]) binne 30 dae ná publikasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jaco ·

En die dag wanneer die ANC begin met radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding en totale onderdrukking van wit mense, dan is Mazzone weg, want sy het ook Italiaanse burgerskap. 3 miljoen of meer wit mense sonder daardie lekker “agterdeur” sal egter maar die nare gevolge van die onderdrukking moet dra….
Selfde met Helen Zille: sy kan deur 3 van haar 4 grootouers Duitse burgerskap kry. So sy sê net wat sy wil, maak rassistiese uitsprake en sy gee nie om nie, want sy het ook ‘n lekker “agterdeur”.
Daar behoort ‘n wet te wees wat mense met sulke lekker agterdeure keer om in die politiek betrokke te raak.

VaalDonkie ·

Wouldn’t it be nice. Ons moet sommer almal Kaap toe trek, en dan die hekke agter ons toesluit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.