DA wil SOE-verslag oor Eskom sien

Argieffoto: GCIS

Die Demokratiese Alliansie sal ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) indien om pres. Cyril Ramaphosa te dwing om die bevindings van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) oor Eskom bekend te maak.

DA-LP Natasha Mazzone het Vrydag gesê die president het nie reageer op die DA se versoek vroeër vandeesweek om die SOE-verslag bekend te stel nie. “Die bevindings van die vier jaar lange SOE-ondersoek is glo in Julie 2017 aan die presidensie oorhandig en gaar al twee jaar lank stof op die president se tafel.”

Die DA eis inligting oor die bevindings ná berigte dat Eskom se beurtkrag in 2008 toegeskryf kan word aan steenkooltekorte wat die kragvoorsiener self veroorsaak het. Noodsteenkoolkontrakte ter waarde van meer as R14 miljard is daarna aangegaan. Van dié kontrakte was ooreenkomste vir 10 jaar en dit het verlede jaar verstryk.

“Hierdie verslag sal sonder twyfel die volle omvang van die steenkoolkontrakverrotting in Eskom aan die lig bring en ʼn skoon basis bied waarvandaan Suid-Afrika vorentoe kan beweeg en die betrokke persone aanspreeklik gehou kan word,” het Mazzone gesê.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het vandeesweek onderneem dat Eskom hoogstens slegs vlak 1-beurtkrag sal toepas tot September.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Comrade Boetie ·

Die ANC wil hê ons moet hulle vertrou dat ons nie meer beurtkrag sal kry nie, maar hulle wil ons nie vertrou met die verslag of insae gee nie!? As mens dus hul persverklarings vertaal is dit: Ons het so drooggemaak, is só korrup, so onbevoeg, dat ons nie vir julle die inligting kan gee nie,dis te skadelik vir ons….. Maar, vertrou ons, ons is die beste!

John ·

Cyril wil die land bestuur soos ‘n tipe managing director van ‘n groot maatskappy waarvan hy die ontasbare super-baas is. Hy was 25 jaar gewoond aan die speletjie van direkteur wees… fancy raadsale en goeie geld in die bank. Hy praat bo-oor die skares met die raadslede… sy onderdane… SA is die groot kraal en hy die groot induna. Met Duarte wat die kaarte uitdeel en Ace as die ace… gaan ons lank wag vir beter dae… en almal het tog so gehoop dat hy ons redder uit die moeras gaan wees… swem jannie swem…

Sorry om te sê ·

Dit sal ons nie goedkoper krag gee nie want doe massas skree steeds “FREE HOUSES FREE ELECTRICITY FREE MEDICAL INSURANCE aooa op stoeldag in PE. Die ou paar betalers word al minder.

Jerry ·

Eskom, net soos die ander SOE’s was gekaap en in die grond in bestuur ten einde n klimaat te skep vir verandering na selfverryking van die ANC elite en geskepte oortollige revolusionere strukture ten koste van teenrevolusioneres. Die verandering plaas dan ook teenrevolusioneres in n gyselaarsituasie wie moet betaal vir Eskom se herstel of sink saam met Eskom. Teenrevolusioneres het dus nie n keuse as om te betaal, nie net vir die herstel van Eskom, maar vir al die oortollige revolusionere poste wie agter vakbonde skuil en nie van ontslae geraak kan word nie, soos bewys deur CR en Gordhan wie hul sterk teen dit uitspreek, maar dit dan doodeenvoudig bestuur ten koste van verbruikers. Medupi is die volgende projek waarheen verbruikers se geld gaan vloei vir kaping en skep van poste vir revolusionere kaders ten verdere koste vir verbruikers. Verbruikers moet dus van die Eskomstaatsbeheerde grid afstand doen en die geldkrane toedraai sodat Eskom en die oortollige revolusionere strukture kan sink en klaarkry, anders sal verbruikers gyselaars bly en oortollige revolusionere kaders wie deur die ANC ontplooi word se salarisse betaal tot in lente van dae! Oortollige revolusionere poste is geskep by alle SOE’s, wie op papier vir die SOE’s werk vir salarisdoeleindes, maar inderwaarheid vir die ANC werk! Dit is hoe die ANC lojale revolusionere strukture skep wat verryk word vir niksdoen ten koste van wetsgehoorsame belastingbetalers! Dit gaan nie verander nie, dit gaan vererger vir solank verbruikers dit toelaat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.