DA wil weet hoe Faku as LP verkies kon word

Zukisa Faku, voormalige burgemeester van Oos-Londen, (Foto: Facebook)

Die DA het Woensdag gesê die parlement behoort te verduidelik waarom Zukisa Faku, voormalige burgemeester van Oos-Londen, as LP verkies kon word al is sy voorheen aan bedrog skuldig bevind.

“Sou dit voorkom dat Faku nooit verkiesbaar was nie, moet die parlement ’n dringende hersiening doen om vas te stel hoe hul interne stelsels dit nie kon optel nie,” het John Steenhuisen, DA-hoofsweep, gesê.

Steenhuisen verduidelik dat die parlement dan ook verplig is om die geld en voordele wat Faku ontvang het gedurende die tyd wat sy haar as “ ʼn wetgehoorsame lid van die parlement” voorgedoen het, te verhaal.

Faku se termyn as LP was van korte duur nadat sy verlede Vrydag haar bedanking aangekondig het.

Volgens Steenhuisen moes Faku ʼn vorm van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geteken het waarin sy haar benoeming as LP aanvaar het om ’n setel in die parlement te verseker.

Dit beteken dat indien sy nie gekwalifiseer het vir verkiesing toe sy dié vorm geteken het nie, sy dus haarself wanvoorgestel het. “Meer ernstige gevolge behoort dan te volg,” het Steenhuisen gesê.

Die DA gaan aan die speaker skryf om meer duidelikheid oor die aangeleentheid te verkry en ook ʼn aansoek by die OVK indien om ʼn kopie van Faku se getekende vorm te ontvang.

Faku het destyds gedurende haar amp as burgemeester haar amptelike bankkaart misbruik waarna sy aan bedrog skuldig bevind is. Die ANC het toe haar benoeming as voorsitter van die portefeuljekomitee vir basiese onderwys onttrek.

Haar setel in die parlement sal aan die einde van die maand deur haar naamgenoot, Princess Faku, gevul word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

John ·

… nog ‘n Faku? Hoeveel staan in die ry? Dit wil regtig voorkom of die ANC toesighouers dringend benodig…

Andreas ·

Jong, deesdae is die mense maar informeel met aanspreekvorm, dis sommer my en jou, en so.

Johan ·

Agnee man…..ek glo dit nie….sy lyk dan so onskuldig….kyk net daai gesig

Karlahari ·

Is dit nie die antie wat haar comrades se DDM’s met haar petrol kaart laat volmaak het nie? Ook iets van Queenstown en n helikopter vol van kolonel Sanders se hoenders nie?

Magda ·

ANC is n Korrupte Politieke Party, so jy moet korrup wees as jy deel daarvan wil wees. ALL National Criminals (ANC)

A Mac ·

Hoe kry ek die idee dat sommer brandplekke op die toast afgekrap word en ander dik met botter toegesmeer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.