DA wil weet hoeveel vredesending belastingbetaler gekos het

Pres. Cyril Ramaphosa met sy aankoms in Rusland. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die DA beplan om ’n reeks dringende parlementêre vrae in te dien om te bepaal presies hoeveel pres. Cyril Ramaphosa se vredesending Suid-Afrikaanse belastingbetalers uit die sak gejaag het.

“Cyril Ramaphosa moet verantwoordelik gehou word vir die miljoene rand aan belastingbetalersgeld wat op sy mislukte beeldpoets-sending vermors is,” sê die opposisieleier John Steenhuisen.

Steenhuisen se party gaan daarom ’n volledige stel vrae aan die presidensie rig om ’n gedetailleerde uiteensetting te verkry van hoeveel dié besoek aan Oekraïne en Rusland gekos het en hoeveel sekerheidspersoneel Ramaphosa op hierdie besoeke vergesel het.

“Ons sal ook ’n vraag indien waarin die president gevra word of hy staan by die beskuldigings van rassisme wat sy veiligheidshoof en hoofverdagte in die Phala Phala-skandaal, Wally Rhoode, teenoor Poolse owerhede gemaak het,” sê Steenhuisen.

Maroela Media het vroeër berig daar was Woensdag en Donderdag groot drama op ʼn Poolse lughawe in Warschau waar bykomende veiligheid- en steunpersoneel sowel as joernaliste vir ure weens drama oor onder meer vuurwapenpermitte gestrand was.

Pres. Cyril Ramaphosa en pres. Wladimir Poetin skud blad. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Genl.maj. Wally Rhoode, hoof van Ramaphosa se beskermingseenheid, het in ʼn video op sosiale media uitgevaar en Poolse amptenare daarvan beskuldig dat hulle “rassisties” is en Suid-Afrika “saboteer” deur te weier dat personeel en joernaliste hul toerusting van die vliegtuig aflaai.

Steenhuisen sê die DA gaan vrae aan die nasionale minister van polisie, Bheki Cele, rig om vas te stel watter ammunisie en toerusting op die vliegtuig gelaai is, asook die koste daaraan verbonde.

Steenhuisen beplan ook om ’n skrywe aan Suid-Afrika se ouditeur-generaal te rig waarin hy gaan versoek dat die koste van die vredesending as vrugtelose en verkwistende uitgawe verklaar word “gegewe die feit dat die Suid-Afrikaanse regering nie ʼn omsigtigheidsondersoek uitgevoer het nie”.

“Dit is nou duidelik vir almal om te sien dat hierdie reis ontwerp is om die totaal onbevoegde Ramaphosa uit die moeilikheid te kry oor sy voortgesette steun aan die Russiese diktator Wladimir Poetin,” sê Steenhuisen.

“Hy het selfs ’n hele kontingent joernaliste na Europa gevlieg in die ooglopende hoop dat hulle sou help om sy verbrokkelende politieke beeld te red.”

‘SA’ners skaam hul dood’

Die politikus Helen Zille het intussen op haar beurt op sosiale media gesê die meeste “ordentlike, denkende Suid-Afrikaners is skaam oor die hele fiasko”.

“Jy [Ramaphosa] bring niks anders as oneer oor ons land nie (en nie net oor jou “vredesmissies” nie). Kom huis toe en maak ons elektrisiteitstoevoer reg. En red Agoa.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Realis Thailand ·

Wat ek regtig wil skryf sal seker rassisse bekwame regeringsties wees maar wat ek wel kan se is dat die klomp kriminele wat sa n kabinet noem en die onbevoegde en patetiese rhoode eintlik nie vir sa in n slegte lig kan stel want almal weet waarom en hoekom dit so is
SA is net nog n onbevoegde afrika land en dit is waarom die Egiptiese president en ander nie die klomp onbevoegdes vergesel het
Hulle weet wat Suid van die Sahara aangaan met al die lande se bekwame regerings

Harley Davidson ·

Ek verstaan die poolse owerhede het al weer ‘n tas met dollars en wapens by die sa ” sekerheid ” lede gekry.

Danie ·

Sal graag die doel of veduideliking wil hoor van kaste wapens.Weet nou al sal nooit uitkom nie.

Wit Leeu ·

Pateties ! Die klomp narre het geen idee wat hulle doen nie………………….

Blikkies ·

Sy Ekselens……Dit was n absolute Mislukking toe hulle al aan die idee gedink het.
Met hulle ge-kopieërde dokumentasie gedink dit is Suid-Afrika waar jy sommer ‘n coke onder die tafel deur stoot om toegang te verkry. Toe hulle nou in ‘n land aankom waar wet en orde toegepas word ongeag van jou posisie is jy nou rassisties.
Wat ‘n verleentheid. Dan kom hy terug en se dit was ‘n reuse sukses.

etienne ·

So lekker “family holiday”, vir die top kaders, net om hulle mediese plan in Rusland te finaliseer as die NHI inwerking gestel word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ten minste sien die Europiërs waarmee ons opgeskeep is.

Danie ·

Kyk n feit is nou eenmaal n feit.Die spul kan nou vir eenmaal net niks regdoen nie.Wat n flop.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien jy die spul vra om iets met opset verkeerd te doen sal dit ook ‘n flop wees.

Kobus ·

Sous trein of sous vliegtuig? My verstaan van besoeke deur staatshoofde aan ander lande is dat die gasheerland sorg vir veiligheid en sekuriteit. Ons ANC daag op met ‘n v liegtuig vol wagte en aan die hoof is n nar genaamd Rhoode wat dier rassekaart speel. Hoekom? Omrede die ANC amptenare weereens hulle onbevoegdheid ten toon gestel het om so ‘n sending te administreer. Was die ANC die mening toegedaan dat alle protokol van ander lande van die tefel geveel moet word want viva, hier kom die ANC! Vermorsing van geld, Putin steur hom nie aan CR se sedige gesig nie. Hy soek bloed en klaar.

Papsak ·

Hierdie klomp narre speel met vuur hulle weet hier nie geld nie maar hulle gaan flip oorkant rond Rhamaphosa kan niks vir SA gee of doen nie maar hy wil vrede gaan verklaar in Rusland hoekom ruk hy nie liewers sy eie land se probleme reg nie uiters swak van hom ry op belastinhbetalers se rue

Anton ·

Dis rassisties om te vra. Het ‘n doccie op Netflix gekyk oor die Unabomber en die een “slagoffer” se woorde het nogal bly sit. “Closure, there will never be closure, but I will never be a victim”.

Japan is ‘n voorbeeld van so mentaliteit. Die Afrika mentaliteit van die wêreld skuld ons, werk nie so lekker uit nie.

ES ·

Ek dink die enigste positiewe ding uit hierdie hele debakel is dat CR nou kon sien, na sy onderonsie in Poland, hoe min invloed hy enigsins het – en veral in Europa. Kies jou vriende (aka Rusland) baie versigtig.

Amelia ·

Hoekom nie die miljoene gebruik om mense van die land veilig te hou nie lyk of rampie die land net dieper en dieper in gemors wil he

Owlie ·

Die vliegtuig met almal daarin hoort deur due DA en ander partye insluitende Solidariteit, Afriforum en konsulate ingetrek te word vir n volledige ondersoek, fotos wat aan die wêreld bekend gemaak word. Alles op die vliegtuig hoort gekon fiskeer te word (nie deur die SA regering of SA polisie nie), diegene aanboord hoort in hegtenis geneem te word en n vollledige ondersoek hoort wyer te gaan. Ongelukkig us dit wat hoort te gebeur maar ongelukkig het SA nou reeds onherstelbare skade gekry

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Pole moes dit beslis gedoen het. Hanteer die spul soos misdadigers met bose planne.

Gert ·

Putin ontken dat die oorlog n uitwerking op die Afrika lande het….net soos Rampbestuurder Ramaphosa ontken dat daar plaasmoorde in SA is…….

Piet parys ·

Vrede sending en intussen val hulle eie lande uitmekaar en is misdaad moord verkragting deel van die samelewing . WIE SAL HULLE GLO. NET N GATSKUUR VAKANSIE OP DIE BELASTING BETALER SE ONKOSTE .

Piet 6 ·

ń Teer sakie. Hoe het die joernaliste aan boord van die vliegtuig vir die reis betaal?

Republikein in die Wes Kaap ·

Waarskynlik verniet gevlieg. Onwetend deelgeneem aan ‘n PR oefening wat misluk het.

Kattebol ·

Hy was Rusland toe om n plan te beraam om poetin te beskerm wanneer hy SA toe kom vir die brics beraad.

Jakkie ·

Onaanvaarbare besoek, public relations stunt wat “geback fire” het. Net so kan die DA die slaggate in ons dorp regmaak, julle is in beheer van die plaaslike munisipaliteit en skree gou wolf-wolf……..

Marthinus W ·

Ten minste het Afrika se staatshoofde probeer om te gaan onderhandel vir vrede. In plaas daarvan om banale opmerkings te maak, moet ons hulle eerder komplimenteer, dat hulle probeer het om vrede te soek. Waarom het Steenhuisen nog nie probeer vrede soek nie? Geen poging om vrede te soek is n vermorsing van geld nie. Vrede, enige vrede, is beter as oorlog.

Toets: indien die Oekraine-krisis sou ontaard in n wereldoorlog, hoeveel van Cyril se kritici sal die uniform aantrek en gaan veg? Of veg ons baie dapper met ons sleutelborde?

Manie ·

Nee wat, hierdie oefening was net om aan Amerika te probeer bewys dat SA kamtig neutraal staan. Daar was geen kat se kans dat die missie kon slaag nie, dit was net ‘n gesig koop oefening.

Althes ·

Absoluut soek ons die syfers van vermorsing van belastinggeld. O ja, en is Wally Rhoode, die hoof van presidensiële beskerming nou die amptelike woordvoerder vir Internasionale Betrekkinge?
Om Pole van rassisme te beskuldig?! Gn wonder die ANC regering maak droog op hul kruistog van ‘vrede’

Strandloper ·

Shame wat n klug, probeer gevreet koop met n laaste desperate sprong. Die wereld hang nie aan jou lippe soos saint mandela sin nie, hul sien deur jou!

Robert ·

Ja DA… gooi lekker klippe… maar wat het julle al gedoen om vrede te bewerkstellig?

Republikein in die Wes Kaap ·

As opposisie is daar nie veel wat die DA kan doen nie, behalwe te vra vir vrede. Hulle kan NAVO vra om nie wapens aan Zelinski te verskaf nie, maar hulle sal uitgelag word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.