
Oudpres. Jacob Zuma en Julius Malema, leier van die EFF, geniet Vrydag ‘n koppie tee by Nkandla. (Foto: EFF/Twitter)
Terwyl daar die afgelope dae heelwat bespiegeling was oor wat agter geslote deure by die teepartytjie tussen oudpres. Jacob Zuma en die EFF-leier Julius Malema gesê is, eis die DA nou om te weet wie vir die uitstappie betaal het.
Die uitgesproke leier van die rooi barette het vroeër vandeesweek in ʼn twiet gevra of hy en Zuma dringend saam kan tee drink.
Thobela Moshabi. I have seen your request to share a cup of tea. As you know, Nkandla village is home for me and that is where my time is spent these days. Tea I have plenty of, you are more than welcome to come over for a cup. https://t.co/7Okdw94WAH
— Jacob G Zuma (@PresJGZuma) February 3, 2021
Die oudpresident het ingestem en die twee het Vrydag by die Nkandla-opstal in KwaZulu-Natal byeengekom.
Malema het met ʼn helikopter by Zuma se woning aangekom.
#ZumaMalema @Julius_S_Malema arriving in Nkandla with Senior Counsel @AdvDali_Mpofu clearly showing the meeting is about the Constitution of the republic of South Africa and former President Zuma appearing at the #StateCaptureCommission. #sabcnews pic.twitter.com/5j6vnjlOEi
— #TheLordOfTheMedia (@samkelemaseko) February 5, 2021
Natasha Mazzone, hoofsweep van die DA, sê die party het aan die speaker van die parlement, Thandi Modise, geskryf en gevra dat parlementêre amptenare wat betalings aan LP’s hanteer, asook die registrateur van ledebelange, ondersoek instel na wie vir Malema en andere se “uitspattige reis” na Nkandla betaal het.
Mazzone sê die speaker het die mag om die waarnemende sekretaris van die parlement te vra om alle reiseise wat LP’s indien te ondersoek, asook om enige moontlike misbruik van hulpbronne by die owerhede aan te meld.
Sy sê uit foto’s van die geleentheid is dit duidelik dat ʼn groot afvaardiging Malema na Zuma se huis vergesel het.
Ander mense wat op foto’s van die teedrinkery gesien kan word, sluit in Tony Yengeni, Dali Mpofu, Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, en Vuyani Pambo, ʼn parlementslid.
Die DA vra nou of enige amptelike reistoelae gebruik is om die besoek te finansier, of enige voertuie van die BBP-beskermingseenheid gebruik is om enige van die gaste na en van Nkandla te vervoer, asook of enige voordele rakende reis of gasvryheid ontvang is wat ʼn verklaring in die register van ledebelange in die parlement noodsaak.
“As lede van die parlement het ons ʼn absolute verantwoordelikheid om te alle tye te verseker dat Suid-Afrikaanse belastingbetalersgeld nie misbruik of vermors word nie. Ons het ʼn plig om te verseker dat hierdie teepartytjie die Suid-Afrikaanse ekonomie nie ʼn enkele sent gekos het nie. Dit is geld wat gebruik kon word om entstof vir mense aan te koop,” het Mazzone gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
34 Kommentare
Ek glo Masina se Ekurhuleni het lywige bydra gemaak.
Geen maskers! Geen distansie nie! Geen ag vir reels nie! Tronk toe met jul albei!!!
Wonder eerder wie se ondergang daar sit en beplan is. Ramaphosa, die ANC of SA in sy geheel. Of is dit maar gedeelde benoudheid oor die Zondo komissie? Siende hulle nou Malema se VBS betrokkenheid fynkam? Tyd sal leer.
Two peas in a pod. Daai twee was nog altyd hand om die blaas. Sal altyd wees. Hulle is arrogant en vol van hulself en sal nooit skuld erken op enigiets nie. Hulle moet tronksel deel. “Teaparty” bid jou aan.
Ek sal ook bitter graag wil weet wie betaal vir die swierige helikopter ritte. Dit is beslis nie goedkoop nie..