DA wil Zuma van meineed aankla

Mmusi Maimane. Foto: DA

Die DA het Woensdag na aanleiding van twee uitsprake wat teen pres. Jacob Zuma in die hooggeregshof in Pretoria gelewer is, gesê hy is van plan om die president van meineed aan te kla.

Dit kom nadat ʼn volbank regters gister eenparig Zuma se aansoek om Thuli Madonsela, die voormalige openbare beskermer (OB), se staatskapingverslag te laat hersien, met koste verwerp het. Die hof het ook vroeër die dag beslis Zuma moet persoonlik aanspreeklik gehou word vir die koste van die hofaansoek wat hy in 2016 ingedien het om ʼn interdik te bekom wat Madonsela sou verhoed om haar staatskapingverslag uit te reik.

Die hof het beslis dat Zuma 30 dae kans het om ʼn geregtelike kommissie van ondersoek op die been te bring om bewerings van staatskaping te ondersoek. Die voorsittende regter van die kommissie moet deur hoofregter Mogoeng Mogoeng aangestel word en die kommissie moet sy werk binne 180 dae voltooi. Zuma sal dan 14 dae kans hê om ʼn dokument as aanduiding van sy voorneme om die regstellende stappe van die kommissie van ondersoek te implementeer by die parlement in te dien.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het die hofuitsprake in ʼn verklaring verwelkom en gesê die party sal verseker dat die kommissie van ondersoek wel op die been gebring word, dat die staatskapingbewerings ondersoek word en dat geregtigheid geskied. “Die president kan nie voortgaan om homself, sy vriende en sy familie van aanspreeklikheid te beskerm nie,” het Maimane gesê.

“Vandag was ʼn oorwinning vir die oppergesag van die wet en die mense van Suid-Afrika. Hierdie verdoemende uitspraak van die hof wys weereens dat Jacob Zuma alles in sy vermoë sal doen om homself en sy bondgenote en hul belange te beskerm, terwyl hy die wet oortree en die grondwet vertrap. Jacob Zuma is nie geskik om die land te lei nie en nie in staat om te voldoen aan die hoogste wet van die land nie.”

Maimane meen die regskoste wat die hof beveel het Zuma uit sy eie sak moet betaal kan tussen R4 miljoen en R6 miljoen beloop.

“Die hof het besluit om nie ʼn uitspraak te lewer of enige meineed gepleeg is nie en dit was nie die taak op hande nie, maar die hof het die moontlikheid van tikfoute, wat as verskoning vir die president se teenstrydighede gebruik kon word, uitgesluit.

“Daarom sal die DA ʼn aanklag van meineed teen pres. Zuma aanhangig maak vir sy sinistere poging om die howe te mislei, die regsproses te misbruik en uiteindelik die wet en die grondwet van die republiek te ondermyn,” het Maimane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Theo ·

Onse pres sal nie die koste uit sy sak betaal nie.Sal iewers uit ‘n staats dept se begroting uit kom .

Lientjie ·

Nee Gupta’s of soos al die ander ANC rekeninge sal dit maar net onbetaald bly.

Cherokee ·

En ‘n oorverdowende stilte vanaf die mense wat so graag die holrug rympie sing wat vertel van ‘blankes wat nie kan saamstaan nie’.

Cherokee ·

Pragtige uitdrukking uit die jare toet wat sê dat ‘n goeie begryper slegs ‘n halwe woord nodig het. Maar dan weer, daar was van goeie begrypers gepraat.

Lientjie ·

Nee Gupta’s of soos al die ander ANC rekeninge sal dit maar net onbetaald bly.

Callie ·

Zuma is besig om wetgewing reg te kry vir weermag optrede tydens n noodsituasie. Kyk mooi as sy eks vrou nie nou gekies word om hom op te volg nie. Die man het nie n ander uitkoms nie. SA wees wakker

Cherokee ·

En dàn? as Suid Afrika wakker wees, wat stel jy voor word dan gedoen?
Terloops, Zuma mag wel die opperbevelhebber wees van die weermag, maar dit beteken nie alleenheerser wat kan skreeu ‘op julle merke… wees gereed… val aan!’ nie.
Noodsituasie het jy gesê. Dink jy as sy eks nie verkies word nie (en sy sal waarskynlik nie), sal dit ‘n noodsituasie wees? Hoekom? Om jou eie woorde te herhaal… wees wakker!

Leeu ·

Mmusi, die mense se oë sal ook nog oopgaan teenoor jou, mense gaan wakker word en sien jy’s all talk. Talk is cheap pella.

Janine ·

Absoluut! Die feit dat hy ‘n WIT vrou het, verander nie sy opinies oor ander blankes nie. Hehehe.

Wonder net ·

Nog ‘n moontlike hofsaak??? By hoeveel hofsake was JZ betrokke in sy ampstermyn. It seems NEVER ENDING!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.