DA wys groot tekort aan polisiebeamptes by stasies uit

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

Soveel as 90% van die polisiestasies in vier van die land se nege provinsies voldoen nie aan die Verenigde Nasies (VN) se aanbeveling van een polisiebeampte vir elke 220 inwoners nie.

Bheki Cele, minister van polisie, het Donderdag dié onthulling in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA gemaak.

Dít volg ʼn dag nadat die DA bekend gemaak het dat slegs 16,1% van alle Suid-Afrikaanse polisiestasies aan hierdie aanbevole wêreldwye standaard voldoen.

Andrew Whitfield, DA-skaduminister van polisie, het vandag in ʼn verklaring gesê Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap vaar die slegste met slegs 7 van die 142 polisiestasies in Gauteng wat aan die 1:220-standaard voldoen.

In KwaZulu-Natal voldoen slegs 14 uit 184 polisiestasies en in die Wes-Kaap vaar dit nie juis beter met slegs 11 uit 151 polisiestasies wat oor ʼn polisiebeampte vir elke 220 inwoners beskik. Dit beteken dat slegs 7,2% van dié provinsie se polisiestasies aan die standaard voldoen.

Die Noord-Kaap is die provinsie wat die beste vaar met 49 uit 91 polisiestasies wat die verhouding bemeester, gevolg deur die Vrystaat met 29 uit 109 polisiestasies.

“Ons polisiediens het ʼn ernstige personeeltekort. Dit is baie moeilik vir ons mans en vroue in blou om hul werk te doen as daar eenvoudig nie genoeg beamptes is nie,” sê Whitfield.

Luidens die verklaring het die opposisieparty Cele versoek om die werwing van polisie-reserviste nou te prioritiseer.

“Die DA sal nou ʼn beroep doen op die minister om onmiddellik aandag te gee aan hierdie tekorte met ʼn prioriteitsfokus op provinsies waar meer as 90% van die SAPD-stasies onderbeman is.”

Whitfield beveel aan dat Cele die probleem kan oplos deur die BBP-beskermingsbegroting te besnoei en eerder dié geld aan die werwing van polisiebeamptes te bestee.

“Só kan ons sigbare polisiëring verhoog en ondersoek- en intelligensie-operasies versterk wat ongetwyfeld sal lei tot vinniger en meer skuldigbevindings, met gevaarlike misdadigers agter tralies in plaas van op straat,” sê Whitfield.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

KrokodilBotha ·

Ja grapkas. Kwaliteit is beter as kwantiteit. Daars net trots in Afrika as dit nuwe skoene of blink voertuig is.

Poot ·

Okay…..so ons het n mannekrag tekort. Verduidelik dan hoekom is SAPS besig met “restructuring” en kyk na opsies om die Departement te verklein deur vervroegde pensioen aan lede te bied?

Wurmpie ·

Welverdiend polisiestasie is opgeknap en mooi gemaak. En raai wat? Nie een polisieman daar nie. Stasie staan gesluit

sweis ·

Ons polisie stasie in die moot het weer baie lede maar doen min.

Elna ·

Ek het dalk n voorstel em n oplossing vir die probleem. Hoekom smelt die sekuriteits maatskappye nie saam die SAPD nie?Dan kan die staat net n toelaag betaal aan die sekuriteits maatskappye elke maand. So doende is dit werkskepping en minder druk op die SAPD lede en dan is die stasies ook gevul met die nodige personeel. Hulle werk in elkgeval saam die SAPD en visa versa so hoekom nie?Dit klink na n absurde idee maar dit kan werk want daars meer sekuriteits maatskappye in die land as SAPD lede.

Anel ·

En ons seun sukkel al 10 jaar om aan te sluit, sy lewensdroom. 90% van die wat nou daar is, is dasr vir “I need this job”. Verder stel hulle nie belang nie. Bedank na so 2/3 jaar. Soek dan weer ander job. Hoeveel van hulle het lisensies, kan vuurwapen hanteer? Dis mos net ‘n job. Mag net nie blankes aanstel nie.

Outop ·

Ongelukkig het die meeste polisielede weinig opleiding gahad. Wat help dit ?
Ek het onlangs hulle nodig gehad en hulle was heeltemal onbeholpe en het my gevra om ‘n verklaring uit te skryf en dat hulle dit later sal kom optel en die “stamp” saam te bring. Ek wag al sedert 17 Augustus.

Stelling ·

Ek haal my hoed af vir enige persoon wat die blou uniform aantrek en daagliks hul lewens waag vir n ondankbare vergoeding. Ons mense is geneig om oor als te kla, ek insluitend, maar ons moet begin ondersteuning en saamstaan. Moet nie altyd oplossings soek in ander nie. SAPD dankie vir julle opoffering, ek kan dink dit kom nie maklik nie!

sweis ·

Ons kla want daar is rede om te kla,ek wens ons kon hulle prys vir die lae misdaadsyfers en goeie werk wat hulle doen maar dit is n droom en bly nog net n droom.

Heksie ·

16.1% wonder watter stasies dit is … want al die stasies waar ek al was is die een so power soos die ander, indien nie erger nie.

Corrien ·

Die probleem is nie ‘n tekort aan polisie lede nie maar aan ‘n misdadigers teveel.

Lizel Bekker ·

ek glimlag nou breed:) – sopas berig gelees vd DA Raadslid gevang vir die rooftog van ‘n PEP stores. Nogal ironies vd DA om te wys op tekort aan polisie as hul eie raadslede dalk nou al by misdaad betrokke raak.

wilma ·

seker nie meer lank voordat die VN se konvooie in SA sal beweeg nie want nerens in Afrika kan die regeerders die mas opkom

JohanR ·

Moenie worry nie. Ou Bheki Cele beweeg teen ‘n slakkepas, en alles sal in 2119 reg wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.