“Bonginkosi Madikizela is verkies tydens ʼn provinsiale raadsvergadering wat in Worcester gehou is,” het Anton Bredell, Wes-Kaapse voorsitter, gesê.
Madikizela is die LUR vir menslike nedersettings in die Wes-Kaap. Hy sal die DA vir die oorblywende deel van die huidige termyn lei waarna die volgende leier op 12 Augustus tydens die party se provinsiale kongres aangewys sal word.
“Ek wil Madikizela namens die DA in die Wes-Kaap gelukwens met sy verkiesing tot provinsiale partyleier. Ons sien uit daarna om saam te werk,” het Bredell gesê.
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het onlangs as partyleier in die Wes-Kaap bedank.
Sou nie my keuse gewees het nie
Die man het die “regte” ras en kleur vir regstellende aksie. DA kandidate van De Lille se “ras” is seker “not black enough” en wit kandidate is seker nie eens hoegenaamd oorweeg nie. Die DA is eintlik dus maar nes die ANC
Jaco ja jy is reg.Die linkse DA het my nog nooit be-indruk nie en dieselfde met DS tv se kyknet met VeranderDinge van Ruda wat net aanhou met dieselfde retoriek soos ñ kaleidoskoop aanhoudend met ge-eikte onderwerpe soos nou weer met die akteur John Kani.Dit hou net aan en aan.
Kom ons gee hom ‘n kans…dalk net, oorbluf hy ons!!!!!!
ANC & DA is net verskillende kante van dieselfde muntstuk. Albei is bereid om die Welsyn Staat aggressief uit te bou ter wille van stemme. In my opinie noem ek dit sommer politieke prostitiesie.