Daadwerklike stappe aangekondig ná moord op boer

Stefan Smit.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het Maandag daadwerklike stappe aangekondig na aanleiding van die moord op die wynboer Stefan Smit (62) van die Louiesenhof-wynlandgoed buite Stellenbosch.

Smit is Sondag omstreeks 18:50 doodgeskiet nadat vier gewapende mans deur ʼn oop deur toegang tot die plaashuis verkry het. Sy vrou en ʼn familievriend was ten tyde van die aanval ook in die huis, maar het die aanval oorleef.

Meyer het vandag met adv. Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, adv. Gesie Deventer, burgemeester van die Stellenbosch-munisipaliteit, en verteenwoordigers van Agri Wes-Kaap, die Stellenbosch Landbougenootskap en die Devon Vallei Boerevereniging vergader.

Luidens ʼn verklaring wat deur Meyer se kantoor uitgereik is, is daar tydens die vergadering op besliste stappe ooreengekom om die vlaag aanvalle op plattelandse gemeenskappe te bestry. Dit sluit in ʼn vergadering Donderdag tussen Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, en die uitvoerende raad van Agri Wes-Kaap.

Fritz sou ook vanmiddag met die provinsiale polisiekommissaris vergader om die landelike veiligheidsplan in die provinsie te bespreek. Meyer en Fritz sal voortaan alle provinsiale gesamentlike veiligheidsvergaderings bywoon.

Luidens die verklaring sal daar ook ʼn vergadering gereël word met adv. Rodney de Kock, die Wes-Kaapse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). “Die Wes-Kaapse regering sal saam met ander rolspelers werk om ʼn petisie op te stel teen die toestaan van borgtog aan verdagtes wat in hegtenis geneem word in verband met plaasmoorde.”

Daar is ook onderneem om ʼn interministeriële komitee vir landelike veiligheid op die been te bring teen Julie vanjaar.

Tool (53) en Liezel (51) Wessels. Foto: Verskaf

Meyer het gesê daar moet nou daadwerklik opgetree word, aangesien die aanvalle ook die Wes-Kaapse landbousektor bedreig. “My innige medelye gaan aan die boeregemeenskap. Ons moet seker maak dat die aanvalle onmiddellik stopgesit word,” het hy gesê. “Landbou, bosbou en visserye maak 3,9% van die provinsiale BBP uit en landbouverwerking ʼn verdere 6,4%. Dit kom neer op altesaam 10,3% van provinsiale BBP. Ongeveer 45% van Suid-Afrika se landbou-uitvoer kom uit die Wes-Kaap.”

Fritz het op sy beurt ook sy medelye met die Smit-familie uitgespreek. “Ons kan nie aanvalle op ons boere, landbouwerkers en gemeenskappe duld nie. Ons plase is die broodmandjies en verskaf ʼn lewensbestaan aan talle wat om dit woon,” het hy gesê.

“As samelewing moet ons die narratief oor veiligheid op makrovlak aanraak om die gemeenskappe se betrokkenheid te verseker. Ons kan nie slegs op die SAPD en die regering staatmaak nie. Ek sal ʼn konferensie reël met verskeie munisipaliteite om ʼn veiligheidsnetwerk binne ons plattelandse gemeenskappe op die been te bring,” het hy gesê.

Die moord op Smit is die tweede plaasmoord in minder as ʼn maand in die Wes-Kaap. Tool Wessels is verlede maand dood nadat hy en sy vrou op hulle plaas, Kapteinsdrift, naby Bonnievale aangeval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Lynette schultz ·

Praat, praat, paai, paai. Die Engelse noem hierdie ‘damage control’. Daar sal niks van kom nie. Anders het die regering al LANKAL iets gedoen. Ons is in die ‘Oorlog van die Vlooi’ gewikkel.

Andre ·

Lyk nie of FW de Klerk en diegene wie destyds vir sy leë beloftes gestem het, se wigte en teenwigte uitwerk nie

Yolanda ·

Ons maak n beroep op die regering om strawer op te tree teen moordenaars. Ons almal het n reg op lewe tot ons Hemelse Vader besluit dis tyd om huis toe te gaan.

jaco ·

as daar n besetting is en NIKS help om die besetters weg te kry nie, gaan dan n ooreenkoms met die besetters aan oor hoe die plaas verdeel kan word. dis VEEL beter as om met allerhande nuttelose regsaksies te kom wat uiteindelik op tragiese gevolge soos geweld en moord uitloop.

Hanna Hoekom ·

En jy dink die “besetters” gaan in vrede en in dieselfde getalle met jou saamleef? Dink weer. Dis so goed jy nooi n informele nedersetting in jou agterplaas in! Gee dan maar eerder die grond weg.

sandra ·

En alles is doodstil oor die moord buitekant Durbanville. Ek hang my kop in skaamte oor die gedrag van die sogenaamde Suid Afrikaners. My innige meegevoel aan die naasbestaandes. Ek simpatiseer ook met diegene wat die tonele moet besoek en ondersoek.

At ·

Jaco, jy laat my lag, “‘n ooreenkoms met die besetters”.

Sanna ·

Sandra, wie is dit wat vermoor is buite Durbanville? Jy weet mos al teen die tyd die media wat omgee kan nie byhou nie.

koos ·

wat help dit die DA regering van die wes-kaap kom met allerhande planne. as die ANC-beheerde SAPD weier om deel daarvan te wees, gaan NIKS verander nie.

Koos Kotze ·

Die plaas moordenaars voer net die huidige regering se beleid uit, daarom is optrede teen hulle traag of geen. Boere is nie belangrik vir die regering, met al die boere vermoor of landuit, gaan hulle ‘n openbare vakansiedag maak, om dit te gedenk.

Karma ·

Die regering lag al die pad bank toe met al hierdie ryk boere se dood kry hulle vet boedel belasting in

Jacobus Krynauw ·

Die aanvale/moorde moes nooit plaasgevind het nie. Ek het al aan die burgemeester (advokaat nogal) geskryf toe Mnr Verster op Stellenbosch vermoor is, maar so word plakkers en misdaad toegelaat, want die politici en wetstoepassers is eenvoudig te treurig om voorkomend op te tree. Kyk maar na die gemors by Grabouw, De Doorns, N3 in Natal…. So hou dit net aan. Ek het hoeka al nie meer vertroue in die mense wat die publiek moet dien nie.

Roxy ·

Ek wil net noem die plakkerskamp in Stellenbosch
het erg uitgebrei. My punt is daar is nie genoeg werk vir almal. Inbrake in daardie mooi dorpie het toegeneem.

Werner ·

Kry vir Mike dat hy weer n nikseggende uitspraak maak dat almal se gemoedere net weer kan bedaar van al hierdie vergadering houery kom net mooi niks al weer amper n aanval nie vêr van ons sewe uur vanaand

Hanna Hoekom ·

Die boer was ook seker maar net op die “verkeerde plek” gewees… Lyk my die hele Suid-afrika is n verkerrde plek!

aj ·

Padblokkades, deursoeking, instromingsbeheer, patrollering deur buurtwagte, plaaswagte, veiligheidskameras op strategiese plekke en BEWAPENING VIR SELFVERDEDIGING!

Dis nou oorlog!

Jozua ·

Ek sit hier in Ghana en bekommer my doo ddie EFF kan se maak die boere dood maar niks word gedoen omtrend dit
Nou se ek nog een moord en en kom SA toe maar ek kom nie aleen net nie

No luister baie mooi Die ANC en EFF en BLF en al julle mense wat ons haat
Raak aan nog een wit mens ou men’s boer
Dan Belowe ek julle julle sal berou wat julle besig is on tedoen
Vir die boere is wat saam met die ANC daan ek kom vir julle eerste

Jozua ·

Hou op praat en doen iets ek is hie in donker afrika besig om ander mense se nonsens uit tesort so doen die selfte niemand gaan ons help nie ons is boere so maak n plan ek weet ons kan die boer en sy roer
Mag GOD se genade oor ons wees dit is tyd nog net een dan sal hulle n boer krag sien

Tokkie ·

Verstaan ek die artikel reg ? So hulle gaan daaroor praat op vergaderings ? Wat is die daadwerklike plan van aksie nou eintlik ?

Danie ·

Moenie die poging van die Provinsiale regering veroordeel nie. Dis die nasionale rassistiese ANC regering wat hul mag misbruik om nie op te tree nie. Die Wes Kaapse regering het beperkte mag en hulle pogings sal nog polities deur die nasionale magsmisbruikers veroordeel ook word. Gee hulle `n kans.

TN ·

Die DA-provinsiale regering is die enigste wat iets sal probeer en meer nog defitief die enigste wat iets sal regkry ! Die dikkes wat die stemme verdeel het sal kerm oor Afrikaans en propagandiste se CD-verkope !

Anoniem ·

@Jaco, van watter planeet af is jy. ? Daar is geen manier dat daar met besetters ‘n ooreenkoms aangegaan moet word nie.

Quinton vannie Kaap ·

Die wit/plaas boere gemeenskap moet hard terug slaan. Eks vannie Kaapse Vlakte en is siek en sat om van die plaasmoorde te hoor. Ek lees nou al u geruime Maroela en elke keer as daar u plaasmoord is, dan kla die lesers(tereg ook), maar ek dink dis tyd dat julle opstaan en terugslaan.
Dit gaan nie baat om vir die ANC of die polisie te wag om julle te beskerm nie, hulle incompetent, corrupt, Godless, en het nie die politieke wil om die problem op te los nie. Ons as u gemeenskap moet onsself bekerm,ophef, opvoed en nie wag vir enige regering om te help nie.
Eks u leke op die gebied. maar kan die boere gemeenshap nie weer die kommandoes op been bring nie, of u tipe network op plase op die been bring om hulle te beskerm. Kry ook private companies om julle inteligensie in te samel oor die swart gemeenskap om julle, en miskien informante plaas binne die gemeenshappe om die gespuis uit te roei.
Ai ek voel so kwaad as ek die stories hoor, verg terug man.
Jeremiah 33:3 (AMPC): “Call to Me and I will answer you and show you great and mighty things, fenced in and hidden, which you do not know (do not distinguish and recognize, have knowledge of and understand).”

ES ·

Ons moet na onsself begin kyk want ons ons regering gee nie eers vir hul eie mense om nie – hoekom sal hulle vir enige boer omgee? Om vergaderings te hou daaroor of om mense bewus te maak daarvan gaan net mooi niks help nie. Die buiteland sien wat gebeur hier, maar hulle kan niks doen nie – en hulle gaan ook nie. So bewusmaking is nie die papier werd waarop dit geskryf word nie.

Dit is tragies dat hierdie dinge gebeur en dat ons permanent in vrees moet lewe, daarom moet ons onsself voorberei op sulke situasies. Daar is organisasies wat jou en jou hele familie oplei om reg en vinnig op te tree ingeval van sulke situasies en verbeter jou kanse vir oorlewing.

Dit is deesdae nie meer ‘n kwessie van “of” dit met jou gaan gebeur nie, maar “wanneer” dit met jou gaan gebeur. So begin jouself oplei, wees meer paraat, maak jou huis ‘n tronk as jy moet – maar wees eerder seker van jou en jou familie se veiligheid.

Sê maar net ·

D E P O R T E E R die onwettiges eerste en moenie dat meer die land instroom nie

sent ·

Dit help nie mens wag vir die mense met die suits aan om iets te doen nie. Hy en sy gesin is veilig hulle het geld om te vlug as dit sou nodig wees.

Hoe kan mens ‘n boodskap uitkry om ‘n organisasie te stig waar mense doen wat JozuavannieKaap hier bo noem? As mense hulle harte kan oopmaak vir ‘n petroljoggie en R300 000 insamel binne ure oor hy R100 se goed gedoen het, hoeveel te meer kan mense hulle harte oopmaak en ‘n fonds stig om ‘n Anti-plaasaanval commando te stig? Ek weet dis groot en wyd maar dis nie onmoontlik nie. Almal sê wees paraat, wees gewapen ens. hoeveel boere word doodgeskiet met hulle wapens aan hulle sy ‘n kluis vol gewere? Dit help nie. Mens moet hulle vang voor hulle nog op die plaas land. Informante is nodig. Die gemeenskap in die informele settings sal ook die uitroeing van die die moordenaars verwelkom, want hulle ly ook onder die klomp.

AP ·

Sent, ‘n baie goeie voorstel van die informante, die plaasaanvallers moet gestuit word nog voor hulle aanval maar dan moet ons 100% saamwerk, eks 71 se waar ek kan help dan sal ek.

Agie ·

Soos almal raak ek lankal ‘G-vol’
Lang, hoë bome vang meeste wind.
Kry net Steve Hofmeyer om paar raak woorde kwyt te raak????
Dan spring die spul weer almal op AANDAG.
????

Carel Breytenbach ·

Die land en veral die blanke beleef tans ‘n lae vlak van aggresiewe anargie waarin die ANC regering die land gedompel het. Hierdie anargie is tans hoofsaaklik teen die blanke en veral die Afrikaans sprekendes gemik, en behoort oor tyd is felheid toe te neem.

marous ·

Wie het hierdie oproepe gemaak dat die mense uitgemoor moet word ? Wie het die oproepe gemaak dat grond afgeneem moet word ? Wie het oproepe gemaak dat wit mans , hul vrouens , kinders en diere doodgemaak moet word ? Wie het oproepe gemaak dat wittes lewendig afgeslag moet word ? Wie het oproepe gemaak dat die wittes in die see gedryf moet word ? Die regeerders van die land het , en doen dit
steeds . Daar was en sal geen gevolge wees vir hul aanhitsings nie . Nie een van hulle het die gevolglike moorde en aanvalle veroordeel nie , trouens die staatshoof het openlik in die vn se veiligheidsraad daaroor gelieg .Wat sal dieselfde spul doen as die wittes oproepe maak dat swartes en hul families uitgeroei word ? Dalk is vergelding presies waarvoor hulle wag , om dan volskaals die wittes uit te wis . Hul ikoon se reenboognasie ideologie is baie vinnig met die smet lap van bloed uitgevee , soos die beplanning van die begin af was . Dis die waarheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.