‘Daar bestaan geen onteieningslys nie’

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming sê daar bestaan nie ʼn lys van eiendomme wat geoormerk is om sonder vergoeding onteien te word nie.

Dit kom te midde van wydverspreide kommer onder boere en grondeienaars nadat ʼn lys gister aan die lig gekom het met die name van 195 plase, kleinhoewes en erwe wat na bewering deel sal vorm van ʼn “toetssaak” om sonder vergoeding onteien te word.

Dié lys is deur die burgerregte-organisasie AfriForum bekendgemaak wat aanvoer die lys is ʼn interne dokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming wat die organisasie deur ʼn betroubare bron bekom het. Dit kom in die lig van berigte vroeër vandeesmaand dat die ANC ná sy twee dag lange lekgotla van die nasionale uitvoerende komitee glo 139 plase uitgekies het wat hulle oor die volgende paar weke sonder vergoeding wil onteien.

AfriForum het Sondag beklemtoon dit is nie vir die organisasie moontlik om met 100% sekerheid vas te stel of die lys in sy besit wel die finale lys van eiendomme is wat deur die staat geoormerk is vir onteiening sonder vergoeding nie, maar meen dat die lys waarskynlik korrek of minstens ʼn voorlopige lys van eiendomme kan wees.

Linda Page, woordvoerder van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het Maandag ontken dat daar enige planne is om ʼn “toetssaak” vir onteiening sonder vergoeding te doen. “Daar bestaan doodeenvoudig nie so lys nie. Ek weet nie waar AfriForum aan hierdie lys kom nie, daar bestaan geen lys nie,” het Page aan Maroela Media gesê.

“Ons wetgewing laat nie toe vir onteiening sonder vergoeding nie. Indien ʼn plaas of grond onteien word, word die eienaar heel eerste met ʼn onteieningskennisgewing bedien en dra hy dus onmiddellik kennis daarvan. Daarna volg daar ʼn lang proses van heen-en-weer, waarvan sommige sake tot jare kan duur en soms in die hof draai, voordat die grond mét vergoeding onteien word,” sê sy.

“Selfs indien ʼn grondeienaar onteiening teenstaan en hy verloor die saak, word billike vergoeding vir sy grond in sy bankrekening inbetaal. Daar bestaan nie iets soos iemand wat nog rustig op sy stoep ʼn koffie sit en drink en dan daag daar mense op en sê ons onteien nou jou grond sonder vergoeding nie. Daar is nie so iets nie.”

Page sê daar is ook gewoonlik grondige redes vir plase wat onteien word, byvoorbeeld dat daar ʼn grondeis op die plaas is.

Maite Nkoana-Mashabane. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sy het bygevoeg dat die departement wag dat die parlementêre proses om die moontlikheid te ondersoek om die grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, afgehandel word voordat daar enige stappe in die verband gedoen sal word. “Onteiening word met vergoeding gedoen totdat ons ʼn ander mandaat ontvang. Ons weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie. Maar vir die oomblik is daar geen ruimte in ons wetgewing vir onteiening sonder vergoeding en daarom doen ons dit nie.”

Page het AfriForum gekritiseer dat die organisasie die lys bekendgemaak het en gesê dit was ʼn “uiters onverantwoordelike en onsensitiewe” ding om te doen. “Baie grondeienaars is weerloos of bejaard en moet nou met skok lees dat hul eiendom sonder vergoeding onteien gaan word. Dit is net verkeerd om op só manier paniek onder mense te veroorsaak.”

AfriForum het intussen ’n beroep gedoen op Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, om uitsluitsel te gee oor die lys van plase wat die departement vir onteiening sonder vergoeding sal teiken.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het verwys na Nkoana-Mashabane se uitspraak vroeër vanjaar dat die departement nie die eienaars van die geteikende plase daarvan in kennis wil stel nie omdat hulle nie wil hê dat dié eienaars op ’n regstrategie moet kan voorberei nie. Hy het gesê dit is in teenstelling met die departement se bewerings nou dat daar geen waarheid in die lys steek nie en dit is duidelik dat die departement ’n geheimhoudingstrategie volg.

Roets sê dat die onduidelikheid maklik uit die weg geruim kan word as die departement in die eerste plek verduidelik waarom hierdie lys, wat gister deur AfriForum gepubliseer is, in die departement gesirkuleer word; en tweedens deur die onderneming te gee dat geen van die gelyste eiendomme deur die departement geteiken sal word vir onteiening sonder vergoeding nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Anni ·

Nee Alida, van ontspan is daar nie sprake nie, want waar daar met die lot ‘n rokie is, het alles gewoonlik klaar reeds tot in die grond in afgebrand.

LOUIS ·

Erns julle het omtrend hulle hokkie geskud. Die aanvanklike getal van 139 komende van die ANC moet daar spesifieke eiendom in die oog wees. Hoop Ramaphosa kyk ‘n bietjie hoeveel skade hulle beleid doen. Die rand was gister anderkant R15 teenoor die dollar. DIE ANC HET DIE WITMAN EN BOERE SE VYAND GEWORD EN DUS MOET ONS PARAAT WEES

Dirk ·

Ek is baie bekommerd oor populistiese uitsprake,wat is volgende op die eis lys.

marous ·

Nou backpedal hulle . Wie sal die lys uit die duim suig ?Die dame met die siniese glimlag het openlik verklaar dat hulle nie sal wag vir wetgewing nie. Hoeveel leuns en bedrog het die regerende party aangevang ? Hoeveel leuens en bedrog het instansies soos Afriforum al oopgevlek ? Wie is dan meer geloofwaardig ?

Mickey ·

Hou op om woer-woer met ons emosies te speel. Cyril sê grond onteining SONDER vergoeding gaan gebeur. Page sê dit gaan nie sonder vergoeding gebeur nie….altans nie voordat die grondwet nie gewysig is nie. Afriforum maak n lys bekend. Nou wat gaan nou eintlik aan??

Gerhard ·

Dit gaan gebeur, hulle het net nog nie die strategie uitgewerk nie. Sodra hulle het is die wiel aan die rol.

Grassie ·

Die ANC begin nou water trap en lieg soos ‘n tandetrekker. Hulle besluit op hul “lekgotla” op ‘n lys van 139 plase wat reeds ge-oormerk is. Hulle dink hulle kan dit stil hou maar Afriforum krap die lys , wat intussen gegroei het na 195 , uit en publiseer dit. Nou is daar skielik nie ‘n lys nie. Miskien omdat die rand kwaai getuimel het. Hulle is die mees onbetroubare klomp leuenaars en bedrieers in die geskiedenis van hierdie land.

Sensasie is goedkoop ·

Grondherverdeling is ‘n uiters intense en moelike vraagstuk. Vir almal. Dit moet nie sensasioneel raak nie. In die groter prentjie gesien is sensasie uiters goedkoop op die lang duur.

Verder: Die uiters neerhalende en dreigende “no boer, no pap” kommentaar wat dikwels gelewer word getuig van ‘n lelike arrogansie en van vele ander negatiewe dinge. Die bedoeling daaragter is glad nie goed of positief nie, om verskeie redes. Behalwe miskien vir diegene wat nog steeds en regtig glo dat hul velkleur of vaardighede as gevolg van ‘n sekere velkleur superieur is.

Dit is eerder so dat boere kos en werk verskaf en daarom uiters belangrik is vir die ekonomie. In Suid_Afrika is daar steeds duisende boere wat deur baie, sowel plaaslik as internasionaal, gerespekteer word.

Katerina ·

“No boer no pap” is glad nie arrogant nie. Dis die mees eenvoudige konsep op aarde. As jy nie eet nie,sterf jy. Punt. Lyk my daar is te veel mense, Volwassenes, in Die land wat moet herinner word aan wat pasgebore babas weet. Niks met arrogansie te doen nie. Physics is a..”female dog” ..Human biology too!

Antionette ·

Dit gaan oor presies die boer wat kos em werk voorsien!!! Dit het niks met arrogansie of velkleur te doen nie en ek wens die mense wil die velkleur storie uitlos! Die anc en eff het dit nou al holrug gery!! Wanneer hier nie meer boere in die land is nie, gaan hulle vergaan van die honger soos in Zimbabwe, Mosambiek, Kongo om maar ‘n paar te noem!!

corne ·

Ek wonder hoefeel keer ondken A als en dan is dit die waarheid.Ek glo daai lys is nie reg nie want 195 is hopenloos te min. Wag maar en kyk seker daarvan A is al klaar besig met n ondersoek oor wie die lys gelek het.

ek vra jou ·

Wat en wie kan mens nog glo? Waar sal Afriforum so lys dan kry? Sekerlik nie uti hul duim gesuig nie! Hier is beslis ‘n slang in die gras. Moet NIE ontspan, bly wakker mense! As Ramaphosa gesê het onteiening sonder vergoeding GAAN gebeur wie is Linda Page dan nou om meer te weet? Sy is moontlik NET so in die dusiter as ons.

Lana ·

Nee, sy is nie in die duister nie. Sy weet ook presies waarheen gaan hulle (ANC) met dié storie. Sy slaan nou vure dood, want haar departement het voortydig ‘n baie sensitiewe lys laat lek!!

Gerhard ·

Daar is twee groepe in die ANC, beide is nou ten gunste van onteiening sonder vergoeding. C.R. probeer ‘n manier kry om dit te doen sonder om die EFF te betrek. Daarom die poging om dit te doen sonder om die grondwet te verander. Dit is die meer kapitalistiese, tog swart nasionalistiese sy van die ANC. As hulle nie daarin slaag nie is dit EFF beleid wat sal seevier. Dit lyk meer en meer of EFF beleid gaan seevier, nie dat saak maak aan die arme drommel wie se grond onteien word nie.

Anni ·

Ja, en die maan is van kaas gemaak en die Tandemuis en die Paashaas is kop in een mus. Wie dink die regering bluf hulle? Hulle is natuurlik nou broek oppie kniee gevang en nou is hulle “element of surprise” daarmee heen.

Oud Rhodie ·

Dankie aan Afriforum wie die korrupte spul op die agtervoet hou. Doen so voort ! Aan diegene wie nog nie aan boord is nie – kom saam asb.

Lynne ·

Waar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie! Ek is so bly AfriForum het die ANC se hok vir hulle goed geskud. Nou is hulle weer op hulle agterpote met ontkenningstrategieë! As die ANC sê die son skyn, moet jy eers gaan kyk of dit nie reën. Ek glo nie woord van die twak wat hulle kwyt raak nie! Dis ‘n doring in hulle vlees dat ons hulle een voor is…….

Natan ·

Wonder as die plase op die lys enige minerale onder die grond het. Wees ook versigtig vir markwaarde, waardeerders kook hul verslae om ‘n laer prys aan te dui tot voordeel van die koper. Dalk kry hulle agteraf ‘n bonus. Dit is feite, vra my.

Dereck Le Roux. ·

Ontkenning is een van die grootste misleidings van kommunisme, daar bestaan ‘n lys maar dit is vertroulik, daar bestaan nie ‘n lys nie, dink die ANC swart regering ons glo hulle? Ek glo dat Afriforum se lys korrek kan wees juis omdat dit soveel reaksie uitgelok het by die Departement van Landelike Ontwikkeling, waar daar ‘n rokie is is ‘n vuurtjie.

Anoniem ·

Enig-iets is in elk geval moontlik in die Nuwe Suid-Afrika – moenie te gerus wees nie ! ‘n lys is ‘n lys Die wat hiermee speel, speel met VUUR ! Hulle weet maar te goed dis hulle opgestelde LYS ???

Regtig ·

Gaan doen bietjie aktesoeke op hierdie eiendomme.
Baie snaakse inskrywings op owner information ** FOR INFO REFER TO REGISTRAR OF DEEDS **
Begin onteiening nie dalk in die Aktekantore nie?

GM ·

@Sensasie is goedkoop – Voel jy regtig dis arrogant van party mense om te sê :”No boer, no pap”? Gaan dit oor ‘hul dink hulle is beter as gevolg van hul velkleur’, (soos jy beweer) of oor hul in ‘n ‘taal’ probeer praat wat mense sal verstaan? Met ander woorde, hul noem wat die nagevolge gaan wees as boerderye moet toemaak, want bitter baie mense dink nie verder as netnou se aandete nie. ‘n Boer is ook nie noodwendig wit nie, en witmense eet ook pap. ‘One settler, one bullet’ en ‘kill the boer’ is vir my erger as ‘No boer, no pap’. Maar ek besef darem teen die tyd al dat net ‘sekere groepe’ se sê-goed neerhalend en rassisties kan wees.

Elize ·

Stem so saam met j kon dit nie beter stel nie hopp hy lees j antwoord

DAVID ·

Die ANC het onlangs gese hulle gaan n paar plase identifiseer as toets saak totdat die grondwet gewysig word,hierdie is hulle toets saak maar hulle probeer dit so stil as moontlik doen,kom wat wil hulle gaan dit deurvoer hulle het immers die volk se stemme nodig vir verkiesing.

Susan ·

Hierdie plase sal maar net die begin wees. Ek dink ook waar ‘n rokie is…..Met nét ‘n rokie het daar groot dinge uitgekom met die Gupta -sage en die korrupsie in ons land. Ek glo daar moet meer vroue in die Parlement wees. Meeste mans dink net aan oorlog maak en baklei. Die een wil sterker wees en groot praat as die ander.

RN ·

Susan daar is baie vrouens in die parlement. Hulle dink en doen saam met die mans daar. As jy bedoel blanke vrouens…. dream on. Sal nooit gebeur nie. Dis so verby soos die doodstraf.

pieter ·

Nou dat die lys uit is , is daar n idee waar brantounte kan ontstaan. Kyk na die lys, en staan die boere by van jou omgewing wat op die lys is. Dink hierdie klomp ons is onnosel?
Die verkiesing is om die draai, en daar moet meer radikale dinge gedoen word om steun te werf. Ramaposa het dan self gese , grond sal sonder veroeding gevat word. My grond is al wat ek het, ons het ons hande nerwe af gewerk , en ramaposa ek sal dit beslis nie op n skinkbord vir jou volgelinge gee nie.

Minerale en Mynontginnings ·

As jy kyk waar die plase op “die lys” geleë is, is dit redelik “opvallend” dat van hierdie plase myne is. Groot gedeeltes is ook deel van die Vrystaatse plase wat so twee jaar terug geweier het dat daar ondersoeke vir olie en ondergrondse gas op hul plase gedoen word. Hier is baie groter “sinister” dinge aan die gang. Dit gaan NIKS oor “grondhervorming” nie… dit gaan ALS oor ‘n paar individue wat finansieel hieruit gaan baat.

Anni ·

Ek het ook hierdie presiese ding gedink. Hoeveel plase is nie myne nie, of hoeveel het dalk minerale regte?

Nasionalisering van myne EN onteiening, twee vliee met een klap.

RN ·

Al wat die lys gedoen het is om die Afrikaner nasie paraat te maak.

Korrup ·

Die regering is so korrup ek glo geen woord wat hulle se nie.
Daardie lys het nie uit die lug uitgeval nie.

J B ·

Dit is die regte ding om die lys te publiseer. Goed gedoen Afriforum. Indien hierdie onnosel idee van grond onteiening nie gestop word nie is SA oppad oor die afgrond.

Dries ·

Oorweeg Afriforum die moontlikheid dat die lys doelbewus aan hulle gelek is in die hoop dat hulle geld, tyd en hulpronne onnodig aan regsvoorbereiding sal spandeer en dan onkant gevang word wanneer die werklike aanslag kom?

RN ·

Al wat die lys gedoen het is om die Afrikaner nasie paraat te maak.

Estelle ·

Om op ñ getal van 139 te kon uitkom, moes daar sekerlik van 1 tot 139 getel geword het? So waarop het julle dan getel? Jul vingers en tone? Of op ñ stuk papier? Dit vorm mos dan nou ñ LYS.

Her ·

Aktekantore. Soos vroeër genoem. Jy gaan dink jyt nog iets op jou naam dans daar niks……

RN ·

Nou sing hulle weer ‘n ander deuntjie. Noudat hulle sien die Afrikaners is reg vir hulle en die Rand weereens sy alie gesien het.

Antiestabliesment ·

sommige van die wit boere in Zim het ook destyds gesê die mense moet rustig wees, die wet keer onteiening… en toe?

Stoffie ·

Elke liewe persoon wat so lekker kla, vra jouself: Wat is ék bereid om daaraan te doen? Indien jou antwoord “niks” is, moet jy dalk eerder opinies vir jouself hou. Want dan, my vriend, is jy deel van die probleem en nié die oplossing nie. Dit maak nie regtig meer saak of die kwessie grond onteiening of die petrolprys of wat ook al is nie, solank Suid-Afrikaners aanhou praat oor “ons” en “hulle”, sal daar nooit vooruitgang wees nie. Afrikaners is mense wat Afrikaans praat en dit is dit. Bo dit is ons Suid-Afrikaners. Bo dit is ons Christene (veronderstel om te wees)- soos alle ander Christene in Suid-Afrika (blykbaar 70% van die bevolking). As ons aanhou pessimistiese en hulpelose denke aanvuur en toelaat dat die media (nie almal nie) se eensydige berigte ons beïnvloed en as ons aanhou om die bobbejaan agter die berg te gaan haal, hom mooi aan te trek en sommer vir hom ‘n naam gee, voordat ons bevestig het of daar wel een is of nie – gaan dinge nie reg kom nie. Moenie wag tot Oom Angus sê ons moet almal saam bid vir ONS land nie. Bid en vertrou dat God sal ingryp en uitkoms sal gee. Ons kan aanhou skree hier van die kantlyn af, of, ons kan betrokke raak deur weer terug te keer na God toe.

Mot ·

Hulle steur hulle nie aan wette nie, hulle vat net voor die voet!.. Siener het gese, “Veg, al is dit met jou rug teen die muur”, dit beteken elkeen sal vir homself veg!!! Wees gereed….

Nikita ·

Ne? Natuurlik smokkel die regerende party met die mense se koppe. Dink hulle nou ons is onder n kalkoen uitgebroei. Dankie Afriforum vir die lys….al is die lys nie akkuraat nie, ons weet mos nou hulle het n ruk terug gese daar is grond wat hulle solank met die oog onteien. En natuurlik is hierdie n toets om te hoor wat die proefkonyne se reaksie hierop gaan wees. Hulle sal die waarheid nog geweld aandoen. Staan sterk ons moenie toelaat dat die eerste plaas gevat word nie….as die deur eers oop gemaak word sal hulle sorg dat daardie deur nie weer gesluit word nie, dis verseker. Hierdie is en bly diefstal en is teen internasionale wet!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.