Daar bestaan g’n werksessie oor die belas van kerke – komitee

Argieffoto

Die parlementêre portefeuljekomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA) ontken gerugte dat daar planne vir besprekings is rakende die moontlikheid om kerke te belas.

Faith Muthambi, komiteevoorsitter, het Sondag in ʼn verklaring gesê hulle het verneem van gerugte dat die komitee ʼn werksessie beplan vir die belastingopheffing van kerke.

“Op grond van hierdie gerugte het die komitee ʼn stortvloed versoeke ontvang van mense wat so ʼn beplande bespreking wil bywoon. Die komitee wil dit duidelik stel dat hy nog nie so ʼn werksessie oor die belasting op kerke bespreek of oorweeg het nie,” sê Muthambi.

Die komitee sê ʼn program is wel vir die eerste kwartaal goedgekeur wat ʼn indaba by die South African Religious Forum (SARF) 10 en 11 Maart insluit, asook ʼn kollokwium oor die regulering van skadelike godsdienstige praktyke op 17 en 18 Maart.

Die program handel oor die afhandeling van aangeleenthede wat uitgelig word in die verslag van die kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en taalgemeenskappe. Die verslag, wat onder meer op die kommersialisering van godsdiens en die misbruik van mense se geloofstelsel fokus, is aan die einde van die vyfde termyn aan die parlement voorgelê, verduidelik Muthambi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Scalla ·

Nog n bron waar hul inkomste kan kry om plunder tog voort te sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.