Julius Malema, leier van die EFF, sê hy sal nie die sing van die gewraakte “Skiet die boer”-lied in Senekal ná die moord op die Vrystaatse plaasbestuurder Brendin Horner in 2020 veroordeel nie.
“Dit is ’n gemeenskap wat teen die wit oppergesag opgeruk het. Hulle was kwaad oor wat die wit oppergesag daardie dag by die hof gedoen het … Hulle het nie ’n boer vermoor nie. Hulle het gesing om te wys hulle is kwaad [oor die boere wat buite die hof opgeruk het].
“Om hulle te veroordeel sal beteken dat ek die wit oppergesag bevorder.”
Mark Oppenheimer, AfriForum se regsverteenwoordiger, het dit Woensdagmiddag aan Malema gestel dat die rede waarom mense daardie betrokke dag in Oktober 2020 vir ’n hofverskyning byeengekom het was omdat ’n jong plaasbestuurder vermoor is voordat sy liggaam aan ’n paal vasgemaak is.
“Die eenvoudige aanname is dus: Wanneer ’n skare sing ‘kill the boer, kill the farmer’, vier hulle die moord op Horner.”
“Jy dink baie min van swart mense. Jy behoort jou te skaam,” was Malema se antwoord hierop. “Hoe kan ons mense die dood vier? Ons mense het dit nog nooit gedoen nie.”
Malema het voorts gesê daar bestaan nie so iets soos plaasaanvalle nie. “Daar is net moord. Dit is nie op boere gerig nie. Daar is net die algemene moord op mense omdat die veiligheid van hierdie land ineengestort het.
“Hou op sê wit mense word vermoor. Hou op sê boere word vermoor. Jy moet sê ons mense word vermoor.”
Malema het Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof, wat as die gelykheidshof sit, getuig tydens AfriForum se siviele saak teen die EFF oor die “Skiet die boer”-lied.
Die politieke leier het onder meer getuig dat die “Skiet die boer”-lied nie letterlik opgeneem behoort te word nie en bloot ’n struggle-lied is wat gerig is op die stelsel van onderdrukking.
Malema het ook Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, daarvan beskuldig dat hy die hof gebruik om sy boek, Kill the Boer: Government Complicity in South Africa’s Brutal Farm Murders, te bemark en staatshulpbronne vermors.
Hy het vanmiddag geweier om uit dié boek te lees.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
39 Kommentare
hy redeneer soos ‘n passer en draaier al om sy eie…..
Die knaap kry hopeloos te veel media dekking.
Mens kan sien wie is Malema se raadgewer. Dieselfde man bedien Zuma en die brandstigters van die parlement met planne; pomp hom op vir sy grootse bravades.
As jy ‘n persoon jet wat klomp memse dood maak oor ‘n lang termyn is dit reeks moorde. As jy een persoon het wat een persoon vermoor is dit moord. As jy 5 tot 10 mense het wat een mens of dalk twee aanval, martel en dan dood maak, is dit plaasmoord of terrorisme volgens my…
Daar is nie rassisme nie, net haat