Daar is nog hoop vir Sylvester

Nico van der Walt, die Karoo Nasionale Park se parkbestuurder, by Sylvester toe hy verlede jaar uiteindelik gevang is. Foto: Verskaf.

Nico van der Walt, die Karoo Nasionale Park se parkbestuurder, by Sylvester toe hy verlede jaar uiteindelik gevang is. Foto: Verskaf.

Nuus dat die berugte rondloperleeu, Sylvester, moontlik van kant gemaak gaan word nadat hy weer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het, het hewige reaksie op sosiale media ontlok.

Talle mense het met #SaveSylvester op Twitter hul misnoeë oor die besluit uitgespreek en die hutssleutel was Woensdagoggend een van die gewildste onderwerpe.

Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, het Woensdag aan Maroela Media gesê daar is egter nog geen amptelike besluit geneem om Sylvester uit te sit nie.

“Ons kan bevestig dat dit wel een van verskeie opsies is wat oorweeg word as hy weer gevang word, maar dis is beslis nog nie sy finale lot nie,” het Thakhuli gesê.

Hy het gesê ʼn hoëprofiel vergadering sal na verwagting Woensdag gehou word om Sylvester se toekoms te bepaal.

“Die mannetjie is nog jonk en dit is duidelik dat hy nie in die park aanpas nie. Hy word beskou as ʼn probleemdier en ons moet besluit of hy geskuif kan word en op ander plekke sal kan aanpas.”

Verskeie reservate en wildplase het aangebied om vir Sylvester ʼn nuwe heenkome te bied.

Intussen het die soektog na Sylvester Woensdagoggend met eerste lig hervat. ʼn Span van 14 mense, waaronder ʼn veearts, is op sy spoor. SANParke het na sy vorige ontsnapping vir hom ʼn satelliethalsband aangesit, wat die span gebruik om na hom te soek.

“Die soektog word tans te voet gedoen, maar die terrein is baie moeilik. Sylvester is sowat 25km buite die westelike kant van die reservaat.”

As weerstoestande dit toelaat, sal ʼn helikopter ingespan word om te help soek.

Maroela Media het vroeër berig Sylvester, die naam wat omliggende boere vir hom gegee het ná sy eerste ontsnapping op 5 Junie verlede jaar, het Maandag vermoedelik weer op dieselfde manier ontsnap.

“Swaar reënval het veroorsaak dat grond onder die heining weggespoel het en hy het weer deur ʼn gat onder die heining gekruip,” het Thakhuli vroeër gesê. Hy het teen Dinsdag reeds ʼn koei op ʼn plaas gevang.

Sylvester, toe drie jaar oud, se vorige soektog en versekeringseise van al die prooi wat hy tydens sy 25 dae op vrye voet verorber het, het SANParke R800 000 uit die sak gejaag. Hy het toe sowat 26 skape, ʼn koei en ʼn koedoe doodgemaak.

Hy is uiteindelik 29 Junie omstreeks 17:00 in die Nuweveldberge, noordwes van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap, aangekeer. Hy is toe vermoedelik deur ander dominante leeumannetjies verjaag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Hannelie ·

DANKIE TOG!!!! Dit is mos nie sy skuld dat swaar reën die grond weggespoel het onder die draad nie? Hy is dalk gevaarlik, maar daar is tog ander opsies as om hom uit te sit. Spaar asb Sylvester se lewe, gee hom vir ‘n dieretuin of ‘n reservaat.

elsabe ·

Asseblief NET nie ‘n dieretuin nie! Groot asseblief! Sylvester is in ‘n liga van sy eie en sal sy eie trop begin….gee hom net ‘n kans en dankietog vir die wildplase en reservate wat hulp aanbied! Ons wild word in so ‘n mate bedreig dat ons werklik nie kan bekostig om leeus met sy gene sommer maar net uit te sit nie!

Dee ·

Ek dink nie hy het soveel diere gejag die vorige keer nie. Ek glo wel dat daar eise was vir soveel diere.
As hy nie in ‘n park kan aanpas nie, waarom sal hy op ‘n plaas of ander reservaat aanpas? Die Krugerpark behoort die antwoord te wees want daar is ruimte.

Francois le Cochon ·

Dit is die probleem as jy ‘n dier ‘n naam gee, jy kan hom dan nie doodmaak nie.

BoereBikerBaby ·

Hulle kon hom altyd aan die sirkus verkoop het aangesien hy ‘n “hudini” op hom trek ;-)
en wanneer hy ontsnap, kan hy sommer die mense van die sirkus opvreet siende hulle die diere so aanhou en mishandel.

Eks bly hulle gaan hom nie uitsit nie, hy kan eerder verplaas word na ‘n dieretuin of so.
Een van die dae is die hele diererykdom van kant gemaak net omdat hulle ook net probeer oorleef nes ons…

Lee ·

As hulle hom nie daar kan inhou nie skuif hom dan Kruger Park toe. Hoekom ‘n leeu wil uitsit. Ek glo hulle natuurlik gladnie want nou sê hulle kamstig hulle gaan nie maar glo my hulle sal dit doen. In hulle kultuur moet als mos doodgemaak word. Arme Sylvester. Dis die park se skuld dat hy uitkom hoekom check hulle nie daagliks grenslyne nie.

Karma ·

“Spot on”, postaffie, “spot on”!!! Affirmative action aanstellings het gemaak dat Sylvester die kans gehad het om weer ‘n keer “Houdini” te speel – die water het die grond onder die elektriese heining weggespel …e…. wanneer nou weer? Kon nie té onlangs gewees het nie; reën was maar skaars die afgelope paar maande. Maar dit is nie REGGEMAAK nie, SANParke, nou het Sylvester – getrou aan sy natuur om dié tyd van die jaar nuwe trop/wyfies te gaan soek – sy streke uitgehaal.

Nou word hy as probleem-dier geklassifiseer en het julle GISTER gesê julle sal hom uitsit sodra julle hom gevang het. Noudat die mense op sosiale media ‘n storm opgeskop het, sal julle kwansuis ander opsies in ag neem. Tipies, tipies. tipies!!! SANParke, doen jul werk – beskerm ons diereryk EN HOU JUL KAMPE IN ‘N ORDENTLIKE TOESTAND!!!

Veritas ·

Verkoop hom aan ‘n paar Amerikaanse tandartse. Dit sal ons handelsbalans ‘n hupstoot gee.

Jan ·

Wat vir my hartseer is, is dat mense baie emosioneel en opgewerk raak oor individuele diere, maar in die proses die hele spesie en ekosisteem sal benadeel. Net omdat hierdie leeu ‘n naam het en cute is, is hy nou skielik baie belangriker as die ander wild en vee in die Karoo. Dis soos wat met Cecil die leeu gebeur het – die Zim parke kry nou finansieel swaar omdat die inkomstes van trofee jag – wat die hele park bevoordeel het – nou weg is. Dis hoekom mens nie emosionele besluite neem nie, gaan dink bietjie aan die groter prentjie.

Karma ·

Jan, wat is die groter prentjie dan? Verduidelik ‘n bietjie? Dit gaan hier oor die prinsiep van die saak. Die leeu het ontsnap omdat SANParke nie die kampe se heinings ordentlik in standgehou het nie. Omdat Sylvester vir ‘n 2de keer ontsnap het, klassifiseer hulle hom nou as ‘n probleem-dier en wil hulle hom uitsit. Lyk my al hoe meer diere word as “probleem-diere” geëttiketteer (kyk maar na die bobbejaan wat die kind aangeval het in KZN); as ‘n hond iemand aanval, word die hond ook summier uitgesit. Een van die dae is ons huiskatte ook aan die beurt – moet tog nie iemand krap nie!

In die geval van Cecil, was dit ‘n paar (menslike, gierige) idiote wat die trofee-jag tot die verste gedryf het – arme Cecil is in ‘n lokval gelei met prooi en toe (onmenslik) oor ‘n hele paar uur doodgemaak. Wat nou in die Zimbabwiese parke gebeur, is die nagevolg van hul eie dade. Hulle moes trofee-jag in die eerste instansie GLAD NIE GOEDGEKEUR OF TOEGELAAT HET NIE.

HARDLOOP SYLVESTER, HARDLOOP!!!!!!!

Jan ·

Karma, die ontsnapte leeu volg bloot sy natuur, niks minder of meer nie. Maar SanParke het beperkte tyd en geld. Die geld wat gebruik word om een leeu te vang kan baie beter gebruik word om die heinings reg te maak, en so al die ander leeus in die park hou, waar hulle nie vee of mense bedreig nie. Net so vir volhoubare jag – insluitende trofee jag. Die geld van ‘n paar jagte kan ‘n hele park – en dus duisende diere – aan die gang hou vir maande. ‘n Hele park se voortbestaan is tog sekerlik belangriker as een of twee individuele leeus?

Sylvester ·

Jan, duidelik het hulle nie die fondse van die begin af reg gebruik om die “probleem dier” agter heinings te hou nie. Seker eerder die begroting verkwansel. Ek sal eerder se die verantwoordelike persone moet dalk uitgesit word of eerder hulle werk reg doen. Net soos n mens dink Sylvester die gras is groener aan die ander kant van die “heining”. Viva Sylvester! Ons as mens is die oorsaak dat die diere uitgeroei en van hulle habitat ontneem word. Jan hopenlik sit jy lekker vannand op n rusbank in jou “habitat”. Viva Sylvester.

Rupert Ashford ·

Los maar Jan. Jy sal nie hond haaraf maak hierso nie. Groetnis.

FRED ·

HY IS N PRAGTIGE DIER. SPAAR SY LEWE EN GEE VIR HOM N PLEK WAAR HY GELUKKIG SAL WEES. MENSE IS DIESELFDE – AS JY NIE GELUKKIG IS OP N PLEK NIE, DAN SOEK JY SELF N ANDER WEIVELD.

m ·

Hou op om die natuur uit te roei. Dis n sonde om so mooi dier net te wil uitwis bloot omdat hy n “probleem dier is…. Daar is baie probleem mense ook maar ons kan hulle ongelukkig nie net uit die samelewing verwyder nie…….

Zane ·

John Varty het vanoggend op Jacaranda aangebied om die dier te huisves, hom eers in ‘n Boma te hou totdat hy ‘n gebied kry waar hy hom kan hou en waar hy die dominante mannetjie kan wees met sy eie trop.

moeks ·

Op Netwerk24 het ek nou-net gelees dat sy lot finaal is. Hy gaan uitgesit word. Wat moet ons glo?

Sune van Heerden ·

Dagsê Moeks

Ons kan ongelukkig nie kommentaar lewer oor ‘n ander media-instansie se beriggewing nie.
Die inligting soos in hierdie berig vervat is die inligting wat ons vanoggend van SANParke af ontvang het.
Ons publiseer graag meer inligting sodra dit aan ons bekend gemaak word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Theresia ·

Wanneer ‘n mens rerig lief is vir diere dan maak dit nie saak of hy ‘n naam het of nie, en dan Sal ‘n mens van nature so dier wil red.
Ek weet ook nie of ek die storie kan glo dat by verlede jaar so baie diere dood gemaak het nie. Ek weet te min van Leeus af, maar sover ek verstaan jag hulle net wanneer hulle honger is. Daarom kan ek nie glo hy Sal Sommer net left right en center doodmaak nie. Dit Klink vir my na ongeruimdheid met versekerings eise

Dirk Ligter ·

Om Selvester van kant te maak sal n dwase en ondeurdinkte besluit wees. Selvester dmv bemarking kan goud werd wees vir die park en die geld laat instroom! Selvester sal geen mens skade maak nie, daar buite is genoeg kos vir hom! Hierdie maalgaan hul baie sukkel om hom vas te trek en te vang. Daar is n baie groot wariasie in die intelekvlakke van leeus. Selvester het baie goeie gene! Hy sal n manier vind om van die band om sy nek ontslae te raak. Hy weet die ganse wereld soek na hom, maar weet ook as hy in die berge skuil sal hy moeilik gevind word. Leeus en veral dominante mannetjies is uiters slim en uitgeslape. Hy is nog baie jonk! Hier kom nog groot sports! Hy sal weer dieselfde roete swerf as met sy vorige verdwyning. Ten minste glo ek nie misdaad sal gedy in daardie omhewing waar Selvester hom tans bevind nie! Selvester is besig om n boek onwetend te skrywe………

Karma ·

Dirk, ek stem 100% saam. Ek hoop Sylvester sit vir hulle ore aan. HOL SYLVESTER, HOL SO VINNIG JY KAN!!!! Dit lyk vir my, Sylvester, asof jy ‘n man met ‘n plan is. Volgens sekere beriggewing is Sylvester uit al die leeutroppe weggejaag, nou doen hy maar wat hy moet doen – breek uit om ‘n ander trop te gaan soek. Maar ek dink nie dié storie gaan die uiteinde hê wat die meeste van ons graag wil hê nie: hulle gaan Sylvester opspoor en doodmaak. :-(((

@Jan, wat jy sê, maak sin. Maar …….. SANParke sou – soos die meeste ander staatsdepartemente – dalk geld en personeel gehad het om die heinings en drade na te gaan, as daar bevoegde mense aangestel was om die perseel te bestuur. En daar is geen manier wat ek geblikte leeu of trofee-jag OOIT sal goedkeur nie. Selfs al sou dit genoeg inkomste vir ‘n reservaat genereer om te bly voortbestaan, sal ek nooit so ‘n reservaat as toeris besoek of enige iemand anders daarheen aanbeveel nie.

Siestog ·

Ek stem “Emile” en “M”. Daar kan ander planne gemaak word met Sylvester sonder om hom dood te skiet.

Arno ·

Gaan my verstand te bowe dat alles soveel aandag kry. Ek is baie life vir alle diere maar hoekom die bohaai? Hoe wil jy n ding hok wat van nature n rondloper is? Ons het die grense gestel. Maar genoeg van dit. Ons word as n wit ras uitgemoor en niemand doen of se niks, maar jong laat daar nou n wilde dier of iets soorgelyks nuusmaak dan wil almal kommetaar lewer of saamstaan om hom/haar te red. Waneer gaan ons dieselfde vir ons doen?

Karma ·

Ai, Arno, moet jy nou soos baie ander weer die “plaasmoord”-tema en die “blanke volksmoord” oprakel????

Weet jy wat, Arno, baie mense raak omgekrap oor die jag op Sylvester, want hulle voel dat mense vir hulself kan opstaan en praat, maar hierdie leeu – wat net gedoen het wat in sy natuur is – kan nie. En hy is – “after-all” – deur die mens ingekamp.

Red jouself dan, as jy moet, Arno, maar vir die oomblik is ek nog heel “OK” hier in die Wes-Kaap wat darem nog deur die DA geregeer word (vir hoe lank weet mens nie).

Anoniem ·

Ek is so bly dat hulle Sylvester nie sal uitsit nie. Leeus is unieke diere. Ek stel voor dat hulle hom “Houdini” doop. Dit is een slim “kietiekat” en nie ‘n “gewoonte misdadiger” nie. Kyk eerder na die swak infrastruktuur. SANParks weet daar is ‘n probleem area. MAAK DIT EERDER REG!!

wynand ·

Hoekom altyd net wil doodmaak doodmaak doodmaak!!!! Natuurlik is daar baie ander opsies!!
Gebruik julle verstand en dink aan ‘n ander plan as om net te wil doodmaak!!!! is dit al wat julle ken? Skaam julle!!!

Donna ·

Sylvester moet nie van kant gemaak word nie. Dit is nie sy skuld dat daar heinings opgesit is nie!

Donna ·

Sylvester moet nie van kant gemaak word nie.
Dit is nie sy skuld dat daar heinings opgesit is nie!

Joann ·

Party van die kommentare maak my siek. Sylvester is net n dier met baie verstand,meer as wat baie mense het. Die persoon wat hom skiet moet weet hy gaan gestenig word. Los Sylvester hy is net baie vervelig en bleddie slim.

Jan maak n Plan ·

Goed ons weet almal dat Sanparke nie geld het of nie lus is om hulle heinings behoorlik te versorg nie. Daar is ‘n vreeslike maklikke uitweg vir daai leeu mannetjie. Gooi die storie oop vir geregisteerede leeu teelers. Die eerste ou wat hom vang moet R50,000-00 betaal en die leeu is syne om mee te teel. Nou ons ‘n wen wen stiuasie en die leeu bod nie met sy lewe nie.

Emmerenchia Fetting ·

Aan almal wat die stuk lees. Hy is jonk en is n wilde dier. Moet hom GROOT asb nie dood maak nie.? Ek weet hy was “stout” maar hy is net n dier. n Dier wat geskape is deur ons hemelse Vader.

John ·

Skenk hom aan Suidwes se natuurbewaring of aan Botswana. Hy het duidelik ruimte nodig sonder grense. Waar kom hy vandaan? Hy is klaarblyklik aangekoop en nou wil die mense hom nie verniet laat gaan nie, Ek vermoed daar gaan groot geld gemaak word as hy geskiet word.

Elgeraine ·

#handsoffsylvester!!! Ag nee, waarom altyd wil doodmaak, dis n ongelooflike dier! Keer hom aan en plaas hom in veilige bewaring, maak net seker hy glip nie weer uit nie! Asb moet hom nie doodmaak nie!!

Naomi ·

beslis meer problem mense as probleemdiere. Hy is n Legende en n dapper dier. Party mense moet liewer nie name he nie, hy verdien elke spog oomblik en is is werklik meer werd as die moordlus en trofee. As hulle hom vang gee hom aan iemand of n instansie wat n brein het.

Karma ·

Julle, Sylvester is gevang – Maroela berig bietjie daaroor, toe???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.