Daar is rede om skepties oor SA te wees, maar …

(Foto: Jacques Nel via Unsplash)

Hoewel skeptiese beleggers “alle rede gehad het” om in Suid-Afrika te twyfel, het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag by die vyfde beleggingskonferensie in Johannesburg volgehou dat die land nou “op die herstelpad is”.

“Ons weier dat die uitdagings wat ons in die gesig staar, ons afskrik. Ons is vol vertroue dat ons weer gaan herstel,” het Ramaphosa Donderdag gesê.

“Ons bly oortuig dat Suid-Afrika ’n beleggingsbestemming met aansienlik onbenutte potensiaal is.”

Volgens die president is nagenoeg R460 miljard onder meer in die bou van nuwe fabrieke, aankoop van toerusting, bou van paaie en verskeie ander infrastruktuur belê.

“Wat werklik uitstaan, is die uitwerking wat hierdie beleggings op die lewe van Suid-Afrikaners het wat nou in staat is om ’n ordentlike bestaan te maak en aan hul gesinne te voorsien.”

Ramaphosa sê sy administrasie besef groei is nodig vir die skep van nuwe werksgeleenthede en dat belangrike ekonomiese hervorming nodig is om hierdie groei te bewerkstellig. In die lig hiervan bly die energiesektor steeds die land se grootste prioriteit.

“Die gebrek aan betroubare elektrisiteitsvoorsiening verswak handel- en verbruikersvertroue, skaad internasionale opvattings oor ons land en beïnvloed beleggingsentiment en -besluite. “Hoewel beurtkrag in die onmiddellike toekoms ’n uitdaging sal bly, sal die erns daarvan begin afneem namate van ons meer doelgerigte inisiatiewe in werking tree.”

Logistieke bedryf

Nog ’n gebied waarop die regering hom sal toespits, is die krisis in die logistieke bedryf.

“Transnet se spoorweg- en hawebeperkings raak die mynbou-, landbou-, bosbou-, motor- en vervaardigingsektore aansienlik. Ons prioritiseer hawe- en spoordoeltreffendheid as deel van die strukturele hervormingsproses,” het Ramaphosa gesê.

“Ons nuwe nasionale spoorbeleid maak voorsiening vir derdepartytoegang tot die vragspoornetwerk, wat private spooroperateurs sal bemagtig om belegging te verhoog en doeltreffendheid te verbeter.”

Daarbenewens sal die regering ook die land se e-visumstelsel uitbrei om ’n bykomende 20 lande in te sluit. Tans kom net 14 lande hiervoor in aanmerking.

Nuwe visumkategorieë sal ook op die e-visumstelsel geskep word,waaronder studie-, sake- en oorplasingsvisums binne maatskappye.

“Hierdie hervormings sal ons in staat stel om vaardighede en beleggers te lok en werk te skep terwyl ons ook die indiensneming van Suid-Afrikaners beskerm en bevorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

George ·

Jaaa ou Cyril, julle kan nie eers die ligte aanhou nie. Die burgers sit vir meer as 35% van n dag sonder krag, maar jy wil he die westerses moet geld bele.

Jillian ·

Hi julle… Ontmoet Mnr Ramaphosa, die nar wat sy eie stories glo. Hierdie land is kapoet.

Kokerboom ·

As ‘n mens aanhou lieg en leuens vertel glo jy dit later as die waarheid mnr die President!

marius ·

Die hool sal nooit herstel nie . Beleggers is nie onnosele gekke nie .

TruthDealer ·

Oh come on, Mr.Ramaphosa. That’s wishful thinking at best, at worst, self-delusion on a level that requires psychiatric intervention. This country is an Epic Fail. It’s a plane crash. And not just any plane crash, but Tenerife 1977. You can’t hide the carnage. But hey, nice try.

Kokerboom ·

Wanneer gaan mnr Ramaphosa dit ooit in sy kop kry dat die primêrefunksie van ‘n staat is om te “fasiliteer en te ondersteun” NIE om deel te neem ,te beheer en voor te skryf! Die juk van sentralisme bly maar ‘n swaar faktor vir die kaders!

Papsak ·

Hier is niks op die regte pad nie solank Ramaphosa en sy anc regering regeer gaan niks reg kom nie ek weet nie waar sien hy lig vir SA nie al wat kan red is GOD maar Ramaphosa kan maar los useless klaar

Samuel ·

Kry Ramaphosa nie skaam om so blatant te lieg nie??? Vra maar net.

Herman L ·

Dit klink baie soos iemand wat ‘n besigheid probeer verkoop wat geen opbrengs lewer nie. Dink CR regtig almal bahalwe hy is onnosel?

Anel ·

Kyk, al wat ek kan sê is wonder wat rook hy, en van watter planeet kom hy! Kan nie glo die nonsens wat hy kwyt raak nie.

annie ·

Transnet is voor die wind: Ons lig uit die tonnel. Die minister is bevorder vir al sy bydraes en sy vele wyse toesprake is soos die leë lamp ons eerder kerse laat aansteek. Ramaphosa glo hy is die reïnkarnasie van Mandela en almal val steeds vir die ANC se grappe. Phala se sitbank vol $$ wat nou soos ‘n platgevalle koek lyk, was net ‘n nare droom.

Eugene ·

Ramp-phosa lieg. Suid-afrika is nie op die herstel pad nie. Suid-afrika het Rommel status, en bellegers sien dit.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

…en misdaad Mnr die president? Beleggings beteken niks as misdaad gedy nie! Government management 101

Alta Alleman ·

Met fase 6 beurtkrag wat na fase 8 toe verhoog gaan word? Lol

Lillian ·

Solank as wat die anc in hierdie land aan bewind is, sal NIKS ooit regkom nie.

FBS ·

Soek dringend ’n koper vir my plaas, Ai dit is my antwoord aan ons President wat net homself glo. So my geliefde land is nie meer daar nie.

Kiepie ·

Glo en vertrou is nie ‘n strategie nie! Iemand sal moet hakke inslaan en rigting gee om hierdie herstel te bewerkstellig. Ek wonder wie dit sal wees?

Robert ·

Hierdie land het potensiaal maar beslis nie met die huidige regering nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.