‘Daar was nie wapens en ammunisie op vlug’

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ontken dat ʼn huurvlug wat van die Waterkloof-lugmagbasis sou opstyg aanvalsgewere en ammunisie aan boord gehad het.

Rapport het verlede Sondag berig dat daar R4- en R5-aanvalsgewere, masjiengewere, pistole en ammunisie aan boord die vliegtuig gevind is. Volgens die berig was dit ʼn gehuurde SAL-vlug na Havana en oënskynlik gereël om Kubaanse tegnici huis toe te neem.

Volgens Rapport se berig is die vlug gekanselleer nadat doeanebeamptes bewus geraak het van die aansienlike hoeveelheid oorlogstuig wat deel van die vrag was.

Sicelo Mkosi, ʼn woordvoerder van die SAID, het egter gesê mediaberigte hieroor bevat feitefoute. “Die vliegtuig, ʼn huurvlug, wat Vrydag 22 Julie van die Internasionale Lughawe OR Tambo sou vertrek, is gekanselleer.”

Volgens Mkosi sou die vliegtuig toe die volgende dag van die Waterkloof-lugmagbasis vertrek.

“Ons kan bevestig dat ons doeanebeamptes deur die Suid-Afrikaanse Weermag van die vlugskedule ingelig is sodat ons die nodige ondersoeke soos normaalweg, waaronder inspeksie van die vlug vir verbode en beperkte goedere, kon doen.”

Argieffoto

Volgens Mkosi het doeanebeamptes saam met weermaglede die vliegtuig geïnspekteer. “Daar is nie wapens of ammunisie in die vlugvrag of passasiers se bagasie tydens die inspeksie gevind nie.” Volgens Mkosi was daar ook geen inligting oor vuurwapens of ammunisie in die dokumente wat aan die doeanebeamptes voorgelê is nie.

Mkosi het bevestig dat die vliegtuig Vrydag en Saterdag deur doeanebeamptes deursoek is en dat daar geen teken van wapens of ammunisie was nie. “Dit is vir ons ʼn raaisel waar hierdie berigte van wapens en ammunisie vandaan kom,” het hy aan Maroela Media gesê.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, het ook vroeër die week aan News24 gesê daar was nie wapens en ammunisie op die vlug nie. “Die toerusting was swaarvoertuigsimuleerders wat vir opleidingdoeleindes gebruik word en deur doeanebeamptes en Armscor goedgekeur is.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

KP ·

Die vuurwapens by my huis is ook net simuleerders waarmee ek myself oplei om te skiet.

NP ·

Jy kan in elkgeval niks glo wat hulle sê nie. Ontken of erken nie in hulle woordeskat nie.

Paul ·

‘n Vooraanstaande gerespekteerde koerant sou nie twak plaas nie. Maar so ken ons mos die regering met hul entiteite, “dodge & dive”! O’ja en dan spin dit dat die biesies bewe.

Bietjie bietjie ·

ñ Vooraanstaande gerespekteerde koerant …
Is daar so iets ?

Paul ·

Daar is mos nie ‘n manier wat hulle die waarheid sou erken nie, nie in jou lewe nie.

Skyspy007 ·

Sekerlik net soos die eens HELDERBERG vlug vanaf Taipai na Suid Afrika destyds…..waarheid sal NOOIT uitkom nie. PUNT

Rymie ·

“nie tydens INPEKSIE gevind nie”—-Ha,Ha,Ha.—–Genoeg tyd voor inspeksie om af te laai.

Grassie ·

As die vliegtuig bloot ‘n huurvlug was om passasiers na Kuba te neem sou dit van een van die openbare lughawens af vertrek het, nie van ‘n militêre lughawe nie. As daar wapens op was wat deur Kuba van S A gekoop is sou die regering dit nie ontken nie omdat dit ‘n wettige aflewering sou wees. Kuba se weermag gebruik AK’s en RPD masjiengewere, nie ons soort wapens nie. As daar wel wapens op was, wat baie waarskynlik lyk, en die regering verdoesel dit, is iewers ‘n helse skroef los.

Paul ·

Die ANC/CR het nog nie eens die BRICS ooreenkoms aangegaan nie of hulle knoei agter daardie lande se rug. Dalk is daar 7 BRICS lande, maar een word ‘n geheim gehou.

Johanna Botha ·

Die oomblik as hulle ontken dan kan jy maar weet daar steek waarheid in …dis presies hoe die anc werk kyk maar na eskom sars saa life esedimeni…. noem maar op !

John ·

En ons dog Kuba beweeg weg van kommunisme. Iemand hou beslis nie daarvan nie. Is die Kubane plaaslik opgelei in oorlogsvoering? G’n wonder een van die dokters het my nou die dag per ongeluk gesalueer toe ek my ou duffelbaaitjie vir die plaas aangehad het nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Jip. Net soos wat daar GEEN goud of valuta op die gupta straler was wat kamtig troue-gaste op ‘n militêre basis afgelaai het….waar daar GEEN doeane is nie.

Sieg ·

Jy’t nie graag een nodig om te sien die gelieggery en bedrog spul geopen is nie, deesdae sal jy nooit weet wat die werklike storie was nie.

Nel ·

Waar daar ‘n rokie trek, is daar gewoonlik ‘n vuurtjie. Ongelukkig het die ANC al so ‘n kultuur van lieg en bedrieg geskep dat niemand enigiets meer wil of kan glo wat hulle sê nie.

Melt Olckers ·

My gedagte presies. Waar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie.

Wilma ·

Hahaha. Dink hul ons glo hul.liegstories soos wat hul volgelinge hul.liegstories glo. Hahaha.

Jasper ·

Die Staat by monde van die Weermag en ander Staatsliggame, lieg!

Siek en sat ·

As daar n rokie trek is daar seker erens n vuurtjie wat begin is????????? Ontken soveel as wat julle wil. Ek weet sommer klaar hier is n gekonkel en gemors aan die gang.

Tammy ·

Alles n klomp leuns, Hoe kan einige iemand die anc glo of nog meer vertrou? Kyk hoe vertrouenswaardig bestuur hulle die land? So vertrouenswaardig dat ek nie aan een enkele ding kan dink waar daar nie bedrog of diefstal is nie , nie eers een nie. Kyk na Eskom, SAUK, SARS…ag nee hulle moet maar n beter verskoning uitdink. Ons is slim genoeg en kan nugter dink!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Bert ·

Ons is nie so slim nie, ons het dan JA gestem in ’92 se referendum!

Rockbottom ·

Ons land is so ver heen, dat ek ‘actually’ bereid is om die Rapport te glo bo die kader-inspeksie. Hier, waar die leuen daagliks as die waarheid verkoop word. Hier, waar almal so lieg, hulle begin hulself naderhand glo…

Willie ·

Die blote feit dat die vlug die volgende dag skielik vanaf Waterkloof vertrek het, sê alles. Daar was te veel oë by OR Thambo.

leser ·

die vliegtuig in die foto is soortgelyk aan die 737-400
waar het hulle die “simulators” na-bootsers in gelaai, die na-bootsers is beslis nie 2,5m x 2,5m groot nie,
dis die grootte van vragdeur
kyk maar na vliegtuig na-bootsers se grootte

Ant-SA ·

The government has change….. the lies are still the same though.

Faan Bothma ·

Sjjjuutttt! Hier’s dalk ‘n slang in die gras. Veronderstel Xi en Putin het julle president oortuig om te voorkom dat Kuba verder verwesters en demokraties word. Die ANC se oplossing vir die problem sal dan wees om ‘n vliegtuig vol opgeleide ‘rebelle’ met toerusting Kuba toe te stuur om die meesters se opdrag uit te voer. Dit sal verklaar waarom die ‘inspekteurs’ stokblind was.
Ag dis seker nie moontlik nie want dan sou rapport nie daaroor rapporteer het nie.

Johnnie ·

Ja en die HELDERBERG Het ook self geval, daar was net verbande en pleisters op die vlug .. sjoe .. My BROER GERT!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.