Dáárom moet voedselverspreiding gekoördineer word – minister

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu (4 Maart 2020) (Foto: Armand Hough/African News Agency/ANA)

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het Vrydag ontken dat hulle probeer verhoed dat kospakkies en gekookte kos na verarmde huishoudings en gemeenskappe versprei word.

Dít volg nadat verskeie niewinsgewende organisasies die afgelope week gekla het dat hulle verhoed word om kos te versprei of dat wetstoepassers dit in sekere gevalle by hulle afvat voordat hulle dit kan versprei. Die DA het ook dié week konsepregulasies laat uitlek waarin bepaal word dat nieregeringsorganisasies wat voedselverligting aan behoeftiges bied slegs kospakkies mag versprei – geen gaargemaakte maaltye word toegelaat nie.

Die konsepregulasies bepaal ook dat skenkers ʼn verspreidingsplan aan die polisie moet voorlê. Hulle moet van deur tot deur gaan om die kospakkies af te lewer in plaas daarvan dat arm gemeenskappe kos by ʼn betrokke punt gaan afhaal.

Volgens dié regulasies moet die persoonlike besonderhede van diegene wat kospakkies ontvang ook deur die skenkers ingewin word en aan die departement van maatskaplike ontwikkeling deurgegee word.

“Die Wet op Niewinsgewende Organisasies bepaal dat ons aan die armes toegang tot kos verseker, veral tydens hierdie kritieke tyd. Ons is dankbaar teenoor die private sektor en burgerlike organisasies vir hul ruim kosskenkings aan dié wat dit die nodigste het,” het Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike werk, Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Helpende Hand se Hannes Noëth het die afgelope week help kos uitdeel aan behoeftiges. (Foto: Verskaf deur Helpende Hand.)

Die minister sê egter haar departement het die afgelope tyd opgemerk dat daar lang rye vorm op plekke waar kos uitgedeel word en dat die nodige afstand nie gehandhaaf word nie. “Die ongekoördineerde manier waarop kos tans versprei word, skep ʼn omgewing vir die verspreiding van die dodelike virus onder dié wat die meeste kwesbaar is,” sê sy. “Dit is net so belangrik om ons mense teen die verspreiding van die koronavirus te beskerm, as wat dit is om kos te versprei. As organisasies nie saamwerk nie, loop ons ook die risiko dat sommige gemeenskappe nie gehelp word nie of ander twee keer skenkings ontvang.”

Daarom, sê Zulu, het haar departement konsepregulasies opgestel om die skenkings van kos en ander goedere beter te koördineer. “Daarom vra ons organisasies wat humanitêre verligting bring om nou met die regering saam te werk, sodat hierdie aksies behoorlik gekoördineer kan word en ons die geleenthede vir korrupsie kan beperk.”

Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Helpende Hand, sê hulle neem kennis van die minister se verklaring, maar hulle kan nie toelaat dat die verspreiding van voedselskenkings gereguleer en gesentraliseer word nie. “Ons is ook glad nie gemaklik daarmee dat organisasies verspreidingsplanne by die regering moet indien nie, want dan sê die staat vir organisasies waar hulle voorraad moet versprei.”

Met betrekking tot die punt wat die minister maak oor die gesondheidsrisiko wat verspreidingspunte inhou, sê Noëth nieregeringsorganisasies is uiters bewus van maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te verhoed en volg dit slaafs na. “Ek het dit nog nie by verspreidingspunte van nieregeringsorganisasies beleef dat mense te na aan mekaar staan en dit dus ʼn gesondheidsrisiko inhou nie,” sê Noëth.

Hy sê Helpende Hand is bereid om te luister na die regering, maar is nie bereid om voedselverspreiding aan die regering te oorhandig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Nie Verbaas ·

Nee wat minister, kospakkies sal gladnie by wittes uitkom nie. Ten minste weet ons dat dit op die oomblik by behoeftiges uitkom en nie in spaza shops beland nie.

Jack ·

Groot asseblief, Hou die verspreiding van voedsel deur privaatskenkings aan liefdadigheids organisasies uit die hande van die regering. Meeste skenkings word nie blindelings gedoen nie maar vir spesifieke teiken groepe. Ek wil graag weet vir my my swaarverdiende skenking gegee word, dis vir my eie mense bedoel.

Barbara ·

Duidelik weet sy nie wat aangaan. Dit word net verhoed by die wittes. Dis hoekom daar ander planne gemaak is om kos en kospakkies uit gegee te word.

'n Simpelman ·

Gaan ‘n donker dag wees as dit gebeur.
Die regering wil die land al meer kommunisties maak.

Hulle wil die ministers eers voer, en dan al die ryk comrades, sodat hulle nie geld op kos moet mors.

Dit wat oorbly sal na behoeftiges gaan.
Kyk na 25 jaar se rekord van selfverryking.

JohanR ·

Oe my gooiste!! Hierdie een het nou ‘n paar dae gehad om ‘n ander storie uittedink. Cyril waar is jy as jou Ministers soe dom en stupid is! Laat die mense wat kos het om te gee, en wil graag gee, gee. Daar is groot mense en kinders wit, bruin en swart wat sterf van die honger, en die een wil speelitjies speel met kos! Kan ek voorstel aan almal wat kos uitgee dat U hierdie gedrog ignoreer en aangaan. As almal wat kos uitgee op eindig in die tronk dan kan die hof saak voortgaan. Kan ek almal weer herinner aan Cradle Of Hope waar die polisie gaan kyk het dat grondboontjie botter toebroodtjies en vrugte nie aan kinders gegee word nie – https://krugersdorpnews.co.za/435224/organisation-forced-to-stop-doing-what-they-have-been-for-three-yearsorgood-samaritans-stopped-in-their-tracks/

Fedup ·

Oh lindiwe, we know that all truths that are kept silent become poisonous. There is nothing more deceptive than an obvious fact. So i suggest you go and find something constructive to do to keep yourself busy.

Jacobus ·

Die wannabee soldaat in MRP camo is magsdronk. Vir ‘n honger kind sê hy/sy moet wag kommisaris camo organiseer alweer ‘n humanitêre ramp “all on herself”.

Anel ·

Ons almal weet nou mos waaroor dit gaan. Die blankes mahg nie gehelp word nie. Nou wil ek net graag weet, hoeveel van hierdie sogenaamde bestaans en opkomende boer wat regeringshulp mag kry het al ‘n lemoen gesjenj? Staan seker ook in die ry wasr dfie BLANKES maar te gewillig is om te skenk.
Lyk my die spul het net mooi niks om te doen nie. Hulle word’ n plaas se geld betaal en dink ‘n klomo nonsens uit. Wonder wat sal gebeur as ons daarop aandring dar hulle ook nie betaal word vir hierdie tyd wat hulle niks dien nie en gebruik hulle salarisse om die behoeftiges te voed. Dit is tog ons belastinggeld. Maar die heel beste sal wees as al hierdie inperkings op gehef word, mense kan begin werk en iets van die ekonomie probeer maak. Mense kan nie permanent gevoer word nie. Ons het nog iets soos waardigheid.

Alleen Wolf ·

Hulle sal nooit die opoffering maak om hulle salarisse in te boet nie, te gulsig en magsbehep

Peet ·

Hulle sal nie ‘n ryskorrel of een sent van my kry nie. Die magsvrate!!!

Pieter J ·

Hulle probeer darem hul bes om te verhoed dat kos aan arm blankes gegee word. Om hierdie rede gaan dit my verstand te bowe dat daar nog blankes is wat CR en sy aanhangers se lof besing. Hoe stiksienig of onnosel kan ń mens dan wees.

voor ek vergeet ... ·

Miskien moet hulle nie meer sê die kos word ‘versprei’ of ‘voorsien’ aan die behoeftiges nie. Kan hulle dit nie net ’n wetige kooptransaksie met gratis aflewering maak deur ’n R1 of 50c daarvoor te ontvang nie? Volg die boer se voorbeeld wat vir almal in die ry vooraf ’n muntstuk in die hand gestop het om vir sy pakkie te betaal.

Die Waarheid ·

Dit pla hulle verskriklik dat wit mense gehelp word. Hulle sal elke trick in die boek gebruik om dit te verhoed. Maar maak nie ‘n fout nie, die kos aan wittes is wat aan hulle krap. Niks anders nie.

Willem ·

Mens kan nou vra dat sy terug gaan skool toe ,maar as sy nie slaag nie gaan dit ons skuld wees

Sarel ·

Regering se swak organisasie vermoë en die ander problemecwil sy nou weer op ander plaas.. instede van vra virchulp van Privaat Sektor wil sy skenkings oorneem. Dit word egter weereens so gesuiker dat net die wat in die huis bly weet wat aangaan maar na buite lyk dit baie goed.
Wat is die Minister se kwalifikasies?

Eragrostis ·

Die ANC se eie projek om kospakkies te versprei is dan ongekoördineerd, dié dat dit deurspek is met bedrog en diefstal, maar nou wil sy hê ander organisasies moet dit op ń gekoördineerde manier doen. Belaglik. Sy moet eers haar eie huis in orde kry, en ook bewys kan lewer dat hulle projek arm blanke nedersettings bereik.

In die 26 jaar wat die ANC die land regeer kon hulle nog geen fasset van regering gekoördineerde bestuur nie. Nou hoe nou?

Kruger ·

Se weer “my kos gaan NET vir my people” “our peoples” tel nie in my boek nie. Kyk sy ooit in die spieel????

Pierre ·

Ons almal weet mos hoe werk ‘n sopkombuis. Wie skenk en wie eet? Suid-Afrika is NOU een groot sopkombuis. Sorry, maar my skenkings het opgedroog.

Peet ·

Koördineer dit reguit in die kaders se sakke in. Lekker man, lekkerrrrr.

Cleopatra69 ·

Ek sal net bydra as ek weet my geld word gebruik vir wittes. Die swartes kry alles can die regering hulle gee niks om vir die wittes nie.

Kan die regering erens wys dat daar aan wit gesinnes voedsel voor sien is. Ek Ken die antwoord al nee

Elizabeth Margariëtha ·

Sy kan babbel wat sy wil, ons weet waaroor dit gaan. Blankes wat al die jare die arme agterblewenes gevoer het, se ogies gaan oop en hulle onttrek hulle hulp en help blankes. En dis natuurlik nie die beplanning van die kommuniste nie. Hulle wil die blanke breek. Ons voorouers het kaalvoet oor die Drakensberge getrek en dit gemaak. Ons kan ook en ons sal ook

Jaco ·

“Volgens dié regulasies moet die persoonlike besonderhede van diegene wat kospakkies ontvang ook deur die skenkers ingewin word en aan die departement van maatskaplike ontwikkeling deurgegee word.”
Dit laat my dink aan die tyd wat Duitsland Nederland tydens die Tweede Wereldoorlog beset het. Alle Jode moes spesiaaal iewers registreer. nie veel ander maatreels nie, net verbied uit ‘n paar besighede en parke en so aan. Subtiele diskriminasie dus. So al die Jode het hulle maar getrou laat registreer. gedink dat as hulle doen wat van hulle verwag word, sal hulle verder uitgelos word.
En toe werk dinge anders uit. Daardie registrasies is toe maklik gebruik om later 90% van Nederland se Jode te gaan arresteer en na konsentrasiekampe weg te vat, waar amper almal vermoor is.
So ja, ons mense moet maar lig loop. As jy wit is in SA in 2020, WEES PARAAT.

Elna ·

Dankie HHand vir julle bereidwilligheid om behoeftige mense te help met kospakkies. Moet ASB nie die kospakkies/skenkings aan die ANC regering se partydige/rasgedrewe organisasies oorhandig nie. Bydraers wil sien dat HHand hulle rug kan sterk maak teen die korrupte organisasies/regering om self die kospakkies aan alle behoeftiges uit te deel. Honger ken nie verkleur nie.

Meyndert ·

Maroelamedia, kan julle haar vra om te bewys hoeveel van die 247 mense wat aan die Virus ontkom het het die Virus by ‘n kos verspreiding plek gekry. Sy moet weet want dit is die data waaroo mens so besluit neem.

Jaco ·

ek het voorstel: die minister moet amptelik aankondig dat GEEN staatsinstansie meer kos vir wit mense gaan gee nie. wit organisasies wat dit wel wil doen, kan dit doen met die nodige permitte. Dan weet ons mos nou finaal wat mag en wat mag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.