Daar’s ʼn trein … op pad Comrades toe

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Department of Transport/Facebook)

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het ʼn spesiale trein vir die Comrades-marathon beskikbaar gestel in ʼn poging om swaar verkeer op die pad na KwaZulu-Natal te verlig.

“Diegene wat gelukkig genoeg is om aan boord te wees wanneer hierdie spesiale trein vertrek, kan regmaak vir die avontuur van ʼn leeftyd,” sê Prasa in ʼn verklaring.

Sowat 140 Comrades-atlete en hul gesinne en ondersteuners reis per trein na dié ikoniese wedloop. Die trein vertrek Vrydag van Johannesburg se Parkstasie na Pietermaritzburg.

“Reisigers sal die voordeel van ons vervoerdiens en verblyf geniet, terwyl hulle met ontbyt, aandete en vermaak bederf word. Atlete kan net agteroor sit en uit die veiligheid van hul sitplekke die buitengewone skoonheid van die land geniet.”

Prasa comrades marathon trein

(Foto:
Twitter/Main Line Passenger Services)

Prasa sê die retoerkaartjies is mededingend geprys en maak daarvan ʼn bekostigbare opsie vir passasiers.

Hishaam Emeran, uitvoerende hoof van Prasa, sê die byeenkoms is ʼn kans vir die spooragentskap om te bewys dat hy vasbeslote is om langafstand-passasierspoordienste te herstel.

“Die Comrades-marathon is ʼn ikoniese wedloop, ʼn toets van menslike deursettingsvermoë. By Prasa is ons besig met ʼn omkeerproses wat ʼn weerspieëling is van dié uithouvermoë wat Comrades-atlete so goed ken.

“Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om almal wat Sondag gaan deelneem sterkte toe te wens.”

Die naweek se trein is die tweede spesiale Comrades-trein.

(Foto:
Twitter/Main Line Passenger Services)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

gpsa ·

Aitsa, baie nice Prasa dis wat mens wil hoor. Dalk kan mens een van die dae weer die Argus fiets toer toe ook ry met ‘n trein. Lyk nogal baie nice ook in daai trein.

Henk ·

Alles is toe nie altyd slegte nuus nie. Nou kan Prasa net voortbou op hul nuutgevonde sukses.

melaney ·

Dalk sal Maroela so gaaf wees om ‘n ‘before’ en ‘after’ foto van die binnekant van die trein sal neem en aan ons vertoon. Sal interessant wees.

Sobymykoolkop ·

WATTER Reël het ek oortree? Omdat ek sê die foto’s is van die bloutrein of omdat ek sê ek HOOP hulle is betyds vir die wegspring???????

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Rekenaarprogram besluit wat is onaanvaarbaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die trein sal seker ‘n dag ná die wedloop in KZN opdaag.

Jannie van Niekerk ·

Ons het in 2004 ook met ‘n trein Comrades toe gery vanaf Kaapstad. Wat ‘n avontuur was dit nie, Saam met Farrell en Adelle Ungerer, Peet en Christa Myburg, Groot Petrus Trein, ek en my vrou, Christa Fick en nog klomp ander Comrades atlete.

Johanncb ·

Ek het nie geweet dat daar nog iets soos treinspore in ons land bestaan nie!
Voorspoed aan al Sondag se deelnemers.

Vonny ·

Soveel Heimwèe na die
Ou spoorweg diens.
Ons SA railways het soveel werk verskaf.
En..was sò goed vir hul personeel.

Hoop diè droom word n reality…!

Dup ·

Ek hoop nie dit is ñ “soustrein” oppad DBN toe nie….sterkte aan al die Comrades atlete.

Mallie ·

Hoop net die trein word nie vertraag langs die pad nie, dat die lugverkoelingstelsel hou, die toilette behoorlik werk en daar genoeg ordentlike vars water beskikbaar is.

Koen ·

Dank die liewe Vader daar is so baie galbitter en negatiewe mense wat geleenthede vir my skep. Word skatrykk uit julle…????????????????????????

Aai ·

Ja Koen jy word ryk uit die mense wat sukkel.Mense negatief want daar word van hulle ontneem deur die @NC se beleid.Sal sien hoe raak jy as jy eendag daai pad kruis.

Koen ·

Dit gaan nie hier oor mense wat sukkel nie. Dit gaan oor die galbitter mene wat hier uithang. Maark jou ogies oop.

Marcello ·

Baie geluk Hishaam Emeran, dit is wat mens noem ‘n omkeer in ‘n organisasie wat in die grond in bestuur is, kan ons nie ook asb. so ‘n omkeer in Eskom beleef nie. Eens die beste maatskappye in die land, en nou die swakste presterende maatskappye. As ‘n mens sulke goeie nuus sien en hoor, dan laat dit ‘n mens sommer weer moed skep vir die toekoms. Spoornet was ‘n uitstekende vervoerstelssel toe ek jonk was, ek het elke dag met die trein werk toe gery vanaf Pta. na Jhb. Elke dag was ‘n avontuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.