Daar’s toe nie ʼn slang in die gras nie…

Foto. Facebook via News, Accidents,Robberies & Incidents.

ʼn Reuseluislang het Vrydag vir groot pret gesorg in ʼn supermark in Komatipoort in Mpumalanga.

Martie Esnouf, assistent-bestuurder van Spar op dié dorp, het aan Maroela Media vertel dat een van die werkers gister op die 4 m lange luislang afgekom het terwyl hulle besig was om yskaste reg te pak.

“Ons yskaste was buite werking en ons het mense ingekry om dit te kom herstel. Van die voorraad was reeds teruggepak en hulle was nog besig toe die werker die slang gewaar,” het Esnouf gesê.

“Ek het hom eers nie geglo nie, maar toe is dit regtig daar. Hy was te groot en het agter ʼn pak jogurt vasgesit. Die slang wou dalk lankal al wegkom maar kon nie ontsnap nie.”

ʼn Slangvanger is ontbied en die slang is verwyder. Volgens Esnouf sal die slang gemonitor word en in die wildtuin vrygelaat word.

“Van ons werkers het die slang al gewaar in die gebied agter Spar. Ek bedoel, dis Komatipoort. Mense hier weet van slange. Ons vermoed hy was agter ʼn kat aan – ons het nogal ʼn probleem met katte hier,” het Esnouf gesê.

Die slang het vermoedelik deur ʼn drein toegang tot die yskas gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Magda ·

Ai maar ons bly op n lekker interesante plek. Net hier sal so iets gebeur. Ek dink daardie man het dalk sy alie afgeskrik. ???

Pork Chop ·

Daar is ‘n plek oop in Malema se huis hoor ek om hom te gaan vry laat.

CHRISTA ·

Hulle moes die luislang vir ‘n maand “gehuur” het om hulle kat-probleem op te los!! Hy sou hulle nie pla nie, want die katte sou hom besig gehou het!!! Hulle moet net ‘n paar katte oorhou sodat die muise en rotte nie die oorhand kry nie!!

Niel ·

Laat hom in die parlement vry om die slapendes te laat wakker skrik

Stellie ·

So gelag vir die artikel! En soooooo dankbaar die outjie word vrygelaat en nie doodgemaak nie!!!

anoniem ·

Volgens my is die slang dood gemaak het fotos gekry en blykbaar gan hul sy vel hou.
N Vrou dit op ons groep gestuur wat die mense ken

danie ·

Nou wonder ek – krimp die slang ook as hy koud kry – soos in yskas. ?

Lindi ·

Luislange is ‘n beskermde spesie en mag nie doodgemaak word nie.

Chaparel ·

Slang lyk korter dan 4 meter maar hoe sal ek nou weet, ek was nie daar nie.

Frederick Potgieter ·

Nie eens 3 meter nie…..waarborg. Slang innie gras met lengte..

SARIE VAN HEERDEN ·

Maroela is baie selektief wat kommentaar betref maar ooooo weeee al die kommentaar wat mense stuur wat net lui: ” Ag siestog, ” … ” Hehehehe ….. ” is totaal sinneloos en word die spasie gebruik vir simpel kommentaar. Of wat van “Se maar net ….”

Liza ·

Dankie tog ek bly en werk nie daar nie, sal my so beskuit sal nooit weer regkom nie…..gedorie waar dis erg………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.