ʼn Reuseluislang het Vrydag vir groot pret gesorg in ʼn supermark in Komatipoort in Mpumalanga.
Martie Esnouf, assistent-bestuurder van Spar op dié dorp, het aan Maroela Media vertel dat een van die werkers gister op die 4 m lange luislang afgekom het terwyl hulle besig was om yskaste reg te pak.
“Ons yskaste was buite werking en ons het mense ingekry om dit te kom herstel. Van die voorraad was reeds teruggepak en hulle was nog besig toe die werker die slang gewaar,” het Esnouf gesê.
“Ek het hom eers nie geglo nie, maar toe is dit regtig daar. Hy was te groot en het agter ʼn pak jogurt vasgesit. Die slang wou dalk lankal al wegkom maar kon nie ontsnap nie.”
ʼn Slangvanger is ontbied en die slang is verwyder. Volgens Esnouf sal die slang gemonitor word en in die wildtuin vrygelaat word.
“Van ons werkers het die slang al gewaar in die gebied agter Spar. Ek bedoel, dis Komatipoort. Mense hier weet van slange. Ons vermoed hy was agter ʼn kat aan – ons het nogal ʼn probleem met katte hier,” het Esnouf gesê.
Die slang het vermoedelik deur ʼn drein toegang tot die yskas gekry.
Aggeneeeeeee ek beskuit my self net daar…!!!!
Ai maar ons bly op n lekker interesante plek. Net hier sal so iets gebeur. Ek dink daardie man het dalk sy alie afgeskrik. ???
Daar is ‘n plek oop in Malema se huis hoor ek om hom te gaan vry laat.
Hêhêhê!
agge nee dis net ‘n onskuldige slang!!!
Hulle moes die luislang vir ‘n maand “gehuur” het om hulle kat-probleem op te los!! Hy sou hulle nie pla nie, want die katte sou hom besig gehou het!!! Hulle moet net ‘n paar katte oorhou sodat die muise en rotte nie die oorhand kry nie!!
Laat hom in die parlement vry om die slapendes te laat wakker skrik
So gelag vir die artikel! En soooooo dankbaar die outjie word vrygelaat en nie doodgemaak nie!!!
Volgens my is die slang dood gemaak het fotos gekry en blykbaar gan hul sy vel hou.
N Vrou dit op ons groep gestuur wat die mense ken
daar is net een goeie slang en dis n dooie een
Nou wonder ek – krimp die slang ook as hy koud kry – soos in yskas. ?
Luislange is ‘n beskermde spesie en mag nie doodgemaak word nie.
En mense mag maar doodgemaak word ????????
As daai luislang 4m is, is ek 3m…….
Slang lyk korter dan 4 meter maar hoe sal ek nou weet, ek was nie daar nie.
Nie eens 3 meter nie…..waarborg. Slang innie gras met lengte..
Nie eens 3 meter nie…..waarborg.
Slang word gemonitor, hy het seker ‘n halsband gekry.
Maroela is baie selektief wat kommentaar betref maar ooooo weeee al die kommentaar wat mense stuur wat net lui: ” Ag siestog, ” … ” Hehehehe ….. ” is totaal sinneloos en word die spasie gebruik vir simpel kommentaar. Of wat van “Se maar net ….”
Dankie tog ek bly en werk nie daar nie, sal my so beskuit sal nooit weer regkom nie…..gedorie waar dis erg………