Dae oue babaseuntjie in asblik gevind

Paramedici saam met die babaseuntjie wat in die asblik gevind is. (Foto: Verskaf)

’n Babaseuntjie, vermoedelik vyf dae oud, is Maandagaand in ’n asblik in die Bloemfonteinse middestad gevind.

’n Kind het op die baba in die asblik afgekom en hom na die Thabure-polisiestasie geneem.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is na die polisiestasie ontbied om die baba te ondersoek. Die baba was in ’n goeie toestand, maar is nietemin na ’n hospitaal geneem om ondersoek te word.

Intussen is die liggaam van ’n pasgebore babadogtertjie net vroeër die dag onder ’n boom in ’n oop stuk veld in Delft in die Wes-Kaap aangetref.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes is omstreeks 07:30 na die oop stuk veld langs Kanferolieweg ontbied waar die baba vroeër onder ’n bruin baadjie onder die boom aangetref is.

Die baba se ma kon in dié stadium nog nie opgespoor word nie en die omstandighede rakende die kind se dood word ondersoek.

’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die baba se dood te bepaal terwyl ’n geregtelike doodsondersoek gedoen word.

Enigiemand met inligting rakende dié voorval word versoek om die plaaslike polisie by 021 954 9011 of 082 5222 036 of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Maggies wie is so sleg? Die wêreld is wreed en ons kinders word hier groot… Nee hel man

Anel ·

Nou kom ek maak ‘n stelling: daar gaan nog duisende weggegooi word in die nabye toekom. Rede:virus 19 en inperking. Mense het niks beter gehad om te doen nie. En dit is gewoonlik onder die armstes van die armes. En ongeskooldes. En ek bedoel niks leliks nie. Dis maar net’ ‘n feit wat niemand wil erken nie. Dis ook net weer’ ‘n bewys dat die vak lewensoriëntering niks beteken nie en mors van tyd is.

Cecilia ·

Daardie LO vak is juis die grootste onding. Dit leer juis d kinders op n hopelose te vroee ouderdom van seks.

Dries ·

Ek is jammer as dit dalk soos ‘n dom vraag klink, maar ek sal rerig graag wil weet: as jy nou sopas ‘n baba gehad het, en jy sien nie kans om dit groot te maak nie, sal hulle jou wegwys of vervolg of iets as jy bloot na ‘n polisie stasie of hospitaal toe stap en se: Hierso, vat my baba, ek kan nie hom/haar versorg nie?

Chris ·

Ek is nie seker of dit nog hier is nie maar hier was verskeie plekke in Bloemfontein waar n “moses mandjie” opgerig was. As die ma nie die baba wil he nie gaan sit sy dit blood in die plek en maak die deur toe en n alarm gaan by n hospitaal af waar verpleegkundiges die baba gaan haal. Geen vrae word gevra nie. Die baba word versorg en jy stap weg. Ek weet by 2 van die groot privaat hospitale was so n fasiliteit en ook in Willows waar daar meeste studente woon en natuurlik ook die meeste ongewensde babas verwek word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.