‘Dae van disrespek teenoor NVG se besluite verby’

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Dinsdag gesê “die dae van disrespek jeens die besluite van die NVG is verby”, kort nadat hy aangekondig het dat Pravin Gordhan, die minister van finansies, van bedrog aangekla word.

Abrahams het tydens ʼn mediakonferensie verslaggewers se vrae beantwoord oor die tydsberekening van die besluit om die minister en twee voormalige beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan te kla.

“Wat as hierdie besluit deur ʼn regter geneem is of as die besluit deur die openbare beskermer geneem is? Sou julle reaksie dan nog dieselfde gewees het? Die dae van disrespek teenoor die besluite van die NVG is verby,” het Abrahams gesê. “Verby is die dae wat daar na die NVG in só ʼn lig gekyk word, die dae waar senior regeringsbeamptes nie aanspreeklik gehou word nie.”

Gordhan, wat aan die hoof van die SAID was voordat hy in 2009 minister van finansies geword het, en sy voormalige kollegas, Oupa Magashula en Ivan Pillay, is beveel om op 2 November in die Pretoria-streekshof te verskyn. Die aanklagte hou verband met Pillay se indiensnemingskontrak.

Abrahams het gesê die Valke se ondersoek na die saak is reeds in ʼn gevorderde stadium en duur voort.

Die ANC het intussen in ʼn verklaring gereageer deur Gordhan, Pillay en Magashula te vra om nie enige kommentaar in die publiek oor die saak te lewer nie, omdat dit “die behoorlike prosesse kan ondermyn of verwarring kan veroorsaak”.

Die party het gesê die ondersoek en die onbevestigde “samesweringsteorieë” wat daarmee saam die ronde doen het reeds ʼn nadelige invloed op die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad. “Ons hoop daarom dat vandag se aankondiging ons ʼn stap nader daaraan sal bring om die ware feite aan die lig te bring en hierdie saak te finaliseer. Ons verwelkom [Abrahams] se uitsprake en verwerp bewerings van politieke inmenging in die vervolgingsproses,” lui die verklaring.

“Die ANC doen ʼn beroep op alle partye, sowel as eksterne rolspelers, om die reg toe te laat om sy gang te gaan. Die ANC doen ook ʼn beroep op comrade Pravin Gordhan en ander om hul volle samewerking aan die NVG te gee sodat hierdie saak so gou as moontlik gefinaliseer kan word.”

Die rand het intussen met meer as 3% teenoor die dollar geval ná die aankondiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Ivan ·

Hoe is dit dat Pravin vervolg word, maar klomp ander ministers wat by korrupsie en tender bedrog betrek en geimpliseer word loop steeds skot vry?

callie ·

Kan iemand die Abrahams vra vir die redes hy waarom hy nie die Zumas en die ministers wat onwettig met staats vliegtuie onwettig mense die land inbring en al die tipe oortreders nie aankla nie.

Thanks ·

Thanks net wat ek wil vra! Net sekere sake, die ernstige goed wat die hele land en sy ekonomie skade berokken is ok Abrahams? Gaan kyk eers weer alles deur en Gordan is reg, jul weet hoe besig hy gaan wees nou en wil al jul vuil streke op hom afskuif! Gordan we support you, jy veg vir almal se finansiele sekuriteit en beskerming. Hoekom sal die regering nie wil hê hul mag hul sê, sê nie???

Dirk ·

So hoekom ondersoek hy dan nie al die korrupsie aanklagte teen Zuma nie? Daar is baie meer van hulle en wat van sy maatjie wat so kort draai in die tronk gemaak het en toe parool kon kry??

sybrand ·

Hoekom veg hulle so om Zuma uit die tronk uit te hou met al sy aanklagtenet om te se dis nie politiek nie. Kry julle ptioriteite reg en kla die groot skelms eers aan.

lynette ·

Dus is Zuma nou volgens hom vrygespreek? Dis mos die NVG wat gese het hy hoef nie vervolg te word op die 783 klagtes van bedrog nie.

Marietjie ·

Ek stem saam met almal se kommetaar vandag – daar is geen einde aan die misdade waaraan zuma en kie hulle skuldig maak nie, maar dit sit nie in die NVG se broek om hom aan te kla nie
want almal hou vas aan hul salarisse en aftree geld. Geregtigheid is lankal nie meer deel van ons land nie, dit is wie jy is en wie jy ken. Dit is n ongelooflike skande wat tans besig is om te gebeur maar die wiel draai stadig maar seker en sy dag van afrekening kom al hoe nader.

Adam ·

Nou wonder ek hoekom Zuma en ander lede van sy kabinet nie dieselfde behandeling kry nie Daar kan lyste en lyste van bedrog op gestel word van onregmatige kitskos met kt kaart van staat aankoop tot reserwe olie verkoping waarvan niemand weet wat van die geld geword het nie en duisende ander gevalle As jy wil konsekwent optree het jy baie werk mr Abrahams maar jy sal nie want jy is puppit on a stream van Zuma en sal hom beskerm met al jou mag Wees versigtig want jy kan dieselfde face as jy eendag nie meer nodig is nie

andrea van vuren ·

Ware woorde Adam. Ware woorde! Ek dink daar sit ‘n Gupta agter hierdie besluite. Wil liewer nie kommentaar lewer oor Abrahams nie…

Danie ·

As Abrahams dan so braaf is hoekom kla hy nie vir Zuma aan nie
Dit wys hy is maar net nog n Zuma laky

Bolander ·

Danie, as Abrahams vir Zuma durf aan kla, dan is die duiwel los!!!!!!!!!!! Zuma kan so skuldig wees soos tien, Abrahams is bang vir hom!!!!!!!!!!!!!!!!

Bolander ·

Danie, Abrahams is nog een van hulle wat so bang is vir daardie man!! Hy sal niks doen om hom in ‘n slegte lig te stel nie. En daarom bly ons “so call” president die grootste krimineel in die land!!!!!!

Sakkie ·

Nee mense, abrahams eet uit zuma se hand uit……. ONgelukkig! :(

Jordaan ·

Waarom veg jy dan saam met die President dat hy nie in die hof moet verskyn nie? As jy maar hom met dieselfde ywer vervolg het, het ons jou dalk ernstig opgeneem.

Maria van Dieweeck ·

Net sodat zuma en sy bende eindelik agter die staatskas kan inskuif en hul lang vingers finaal vrye teuels ka gee.

Elmien ·

Plaas dat hulle na die ander ook kyk, maar niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie.

Anoniem ·

En die NVG se disrespek teenoor Suid-Afrika om selektief mense te vervolg al dan nie???

“…om die reg toe te laat om sy gang te gaan…” DIS OM VAN NAAR TE WORD

Johanna Botha ·

HALLLOOO wat wag jy dan nog om zuma te vervolg ? Goeie jimmel die mense is net SO ongelooflik onnosel ..hulle dink mens is dom

vermeende ·

Respek word verdien en opgeeis nie.
Doen jou werk en vervolg vir Zuma eers en dan die res van die kabunet.

Johann ·

Een van Zuma se GROOTSTE pelle in die sandput díe een. En die arrogansie van die ANC om enigsins kommentaar te wil.lewer maar die res…wel moet net nie afleidings maak nie! En als in dieselfde asem as.om vir die OB te se…sorrreeee. jy kan ma wag tot ZUMA volgens reels speel. En Zuma self gaan kruip by een van sy Afrika pelle weg vir n “staatsbesoek”?

Peter ·

Kla dan nou maar jou baas zuma ook. As die konstitusionele hof bevind het hy moet teregstaan wie is jy om te besluit hy mag nie aangekla word?

Zumie ·

Is dit nou nie erg toevallig dat juis die hoe bome wat el prezedente krap vervolg word nie….. as ek dalk nie so goedgelowig was nie kon ek dalk net begin dinge bymekaar sit…

Destyds het el prezedente baie goed geleer toe Mbeki as destydse president hom via die strafregstelsel wou bykom. Kom ons kyk wat gebeur met die waarde van die Randela….

Wilma ·

Disrespek… Mnr ek glo nie u weet self wat die woord beteken nie… U no.1 het dit dan nie eens teenoor die OB nie… en hy is ons voorbeeld…

Hein ·

Wanner het die besluit gekom van dae is verby ?
Hoeveel dae is nou al verby vir die BAAS JZ ??

Nici ·

Dis SIEK … maar hey wat worry hy, met sy soort salaris kan die rand maar vryval. Zuma se puppets regeer die land, dis nou behalwe die belhames, krimenele en die FMFall gang … ons land is in diar straights en ek is bevrees verby die draai punt van herstel.

Theo ·

Gaan kyk in die Afrikaanse verklarende woordeboek wat disrespek of respek beteken. Hopelik sal jy dan beter die kommentare hierbo verstaan.

Jan maak n Plan ·

Dis duidelik soos daglig dat min Pravin nie deel is van die maatjies nie.

Jenny ·

Die ergste van alles, dit is nie disrespek nie die regte woord is wanrespek. Hoe pateties word ons taal verkrag deur hierdie mense wat geen respek het vir mense wat hard werk om ons land se ekonomie te herstel. Zum-Zum weet sy dae is getel en nou sal hy enigiets probeer om sy sondes te laat verdwyn. Ek dink ou Zum-Zum is bankrot met al sy vroue en nou gaan hy nie meer vir hulle kan sorg nie as hy nie prez kan wees nie. Hy moet die goue hen so lank moontlik aan sy kant hou.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jenny

Die woord is inderdaad “disrespek”, daar bestaan ongelukkig nie ‘n woord soos “wanrespek” nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Basjan ·

Wel Mr Abrahams, die punt is, nie ‘n regter of die openbare beskermer het nie besluit geneem nie – jy het, en jou onafhanklikheid is nie juis bo verdenking nie. Sorry.

andrea van vuren ·

Ek is wanhopig, depressief en huil oor my kosbare kleinkinders se toekoms.

Edward ·

Wie kan jou glo Shaun Abrahams, Zuma skoot hondjie? Ek het mense in die Kaap leer ken met die van Abrahams – goeie, eerlike, opregte mense. Jy trek die naam Abrahams deur die modder! Verander jou van na Lapdog, Zumaambei of so iets.

karin ·

Dit slaan my dronk dat mnr Abrahams so vinnig is om mnr Gordhan te wil vervolg maar Zuma met sy 783 aanklagtes kan maar voortgaan met sy skelmstreke.

Columbiana ·

Nobody is above the law? Behalwe as jou naam jakob zuma is. Dan is jy ‘n law unto jouself. Abrahams se skeinheiligheid is skokkend en maak mens sommer naar. Wat ‘n klug

belasting betaler ·

Ek het gee probleem indien bedrog ondersoek word nie maar ek hoop mense wat politiek speletjies speel word ook tot verantwoording geroep indien daar niks van die sogenamde bedrog kom nie.

Aitoggie ·

Toe moes Zuma juis nou landuit! Hyt geweet van wat gaan gebeur, toe vat hy maar die pad. Sy dag Sal kom, daars n ding soos die wiel draai.

Luister ·

Stomgeslaan!!! Die man; Abrahams, wat nou reken regeringsamptenare moet vervolg word, is dieselfde man wat so hard veg om te keer dat Zuma vervolg word!

solange ·

kyk how vernaam tog. het julle hom op TV gesien ? wat se hulle nou weer van hoogmoed?

Kobus ·

Aaaaag asseblief Abrahams! Gaan trek jou langskoene aan en sit jou rooineus op sodat mense jou vir ‘n slag ernstig kan opvat…

Hasie ·

Die ware feite is, Abrahams is sy pos te danke aan Zuma, want Zuma gebruik hom as ‘n puppet omdat hy eintlik geen ruggraat het ‘n nie. Sy ma bid elke dag vir hom want sy het hom nie groot gemaak om vir Jacob Zuma se gemors te dans nie.

John ·

Die groot stoel stoel sit nou eers warm. ‘n Nuwe vliegtuig sal ‘n ex ok, ook studente-kerjakker. Wanneer die land in die rommel tjommel val instansies cheap in die skote van pelle. Met die geldlaai leeg en die reserwebank geinkorp druk ons geld op piesangblare a la Zim. Maklik!
Nes Turkye word die’ wat kla, verkla… Hoor die tromme…

Zumie ·

Mnr Abrahams, oortuig ons van jou onafhanklikheid deur jou president aan te kla terwyl Regter Squires reeds bevindings gemaak het rondom ‘n korrupte Zuma -Shaik verhouding. DIT sal nou verseker my beindruk en oortuig van die NVG se onafhanklikheid…..

Tot op daardie stadium is die getuienis heeltemaal TEEN onafhanklikheid van die NVG.

Lola ·

Ag asseblief. Jy, Abrahams, moet nie dink as jy jou stem dikmaak gaan jy nou enigsins respek kan afdwing nie. Wees konsekwent in jou besluite. Wat van Zuma????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.