Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 19-jarige vrou is Maandagaand in verband met die ontvoering in hegtenis geneem. Die baba is ongedeerd aan die ma terugbesorg.
Ramaloko het gesê die ma het buite die Job Shimankane Tabane-hospitaal gestaan nadat sy en haar baba ontslaan is, toe die verdagte haar glo genader het. “Sy het die ma gelukgewens met haar nuwe baba en haar R23 aangebied om kos te koop. Die vrou het die baba aan die verdagte gegee en is na die hospitaalwinkel om kos te koop,” het Ramaloko gesê. “Toe sy terugkom, was die verdagte weg.”
Die polisie is dadelik in kennis gestel en die ondersoek het hulle na Sondela naby Boitekong in Rustenburg gelei. Daar het hulle die vrou en die kind opgespoor by die vrou se ouerhuis. “Die verdagte is in hegtenis geneem en word by die Rustenburg-polisiestasie aangehou,” het Ramaloko gesê. “Sy sal binnekort in die hof verskyn op ʼn aanklag van ontvoering.”
Die vrou se ouers het glo vir die polisie gesê hulle was verras toe hul dogter met die pasgebore baba by die huis opgedaag het, want sy was nooit swanger nie. Die ma was verheug om met haar baba herenig te word en het gesê die jong verdagte het so onskuldig gelyk. “Ek kan my nie indink wat haar planne met my baba was nie,” het sy gesê.
Daar is kinderhuise met HOPE kindertjies wat huise soek!!! Hoekom gaan jy steel jy ‘n baba, en dan boonop nog weet mens nie eers of jy vir ‘n kind kan sorg nie!! Babas leef nie van water en vars lug nie!!!
Watse tipe ma oorhandig ‘n pasgebore baba aan ‘n vreemdeling vir R23? Nee, magtig! Het mense geen ‘common sense’ nie?
hoe stupid van die ma anyway om haar pasgebore baba aan ‘n vreemdeling se sorg te plaas en gaan kos koop
Ek ruik ‘n rot.Waar het jy nou al van so iets gehoor?
Noem my enigiets, maar moet nie my inteligensie onderskat nie.
Hoe stupid en onervare kan n ma wees om kind te gee in die hande van n vreemdeling. Ken sy nie die crime in SA nie? Wa bly sy dan?