Dag van verkiesing amptelik ʼn vakansiedag

(Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Pres. Cyril Ramaphosa het kragtens artikel 49(2) van die Grondwet die dag van die verkiesing amptelik as ʼn vakansiedag verklaar.

Dit volg ná konsultasie met die Onafhanklike Verkiesingskommissie.

Hy het vroeër bevestig Suid-Afrikaanse burgers sal op 29 Mei 2024 hul kruisies trek in die provinsiale en nasionale verkiesings.

Die verkiesingsdatum is ook in Vrydag se Staatskoerant gepubliseer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.