Dag vir groot gronddebat is hier

Die gebou van die Nasionale Vergadering op die perseel van die parlement in Kaapstad. Foto: www.parliament.gov.za

Die hoogs omstrede verslag waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig moet word om uitdruklik voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, sal Dinsdagmiddag in die Nasionale Vergadering voorgelê en debatteer word.

Dié verslag was die rede vir ʼn hofsaak in Kaapstad verlede week toe AfriForum probeer het om ʼn interdik te bekom om die proses stop te sit nadat die grondwetlike hersieningskomitee die verslag aanvaar het. AfriForum het aangevoer die komiteeverslag is ongeldig omdat duisende geskrewe voorleggings wat gemaak is nie oorweeg is nie.

Die organisasie se poging was egter onsuksesvol en sy aansoek is van die hand gewys.

Die grondwetlike hersieningskomitee is op die been gebring nadat daar in Februarie vanjaar ten gunste van ʼn EFF-mosie gestem is om die Grondwet te wysig om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die ANC het die EFF se mosie ondersteun nadat die regerende party in Desember tydens sy verkiesingskonferensie ten gunste van ʼn beleid van onteiening sonder vergoeding gestem het.

Die Nasionale Vryheidsparty en United Democratic Movement het ook die mosie ondersteun, asook die verslag wat deur die hersieningskomitee aanvaar is.

Die DA, Cope, ACDP en VF Plus is almal gekant teen onteiening sonder vergoeding.

Indien die nasionale vergadering vandag die verslag aanvaar, sal die bal amptelik aan die rol wees om artikel 25 van die Grondwet te verander om grondonteiening sonder vergoeding wettig te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Nita ·

Al wat ek kan se is: Mag die Almagtige God ons genadig wees. SA is reeds in n afwaartse spiraal. Indien vandag verkeerde besluite geneem word, sal dit die spyker in die doodskis wees, vir ons land.

Vreemd ·

Nee. Die spyker was in die kis toe ons te lui was om te dink in 1992. Ons besluite is op hoop i.p.v feite basseer.

Wie van ons het die Freedom charter gelees?

Grysburger Pretoria ·

Wie onthou die datum 25 April 1974? Dit is die datum van die revolusie in Portugal waartydens die bewind omvêr gegooi is en daartoe gelei het dat Kommunistiese regerings in Mosambiek en Angola gevestig is.

Daardie gebeurtenis het seker ongemak veroorsaak vir Portugese wat al dekades in Angola en Mosambiek geleef en gewerk het. Op daardie dag het hulle seker nog nie besef dat hulle binne ‘n jaar sou moes vlug vir hulle lewens nie.

Daardie Portugese settelaars is ook seker deur paaipraters verseker dat gebeure nie so erg sou wees nie.

Onthou gerus die datum van vandag. Die paaipraters gaan almal gerusstel dat Ramaphosa en sy regering hierdie net gebruik as verkiesingspraatjies. Die paaipraters sal vervolgens mense verseker dat die regering mense gaan ontwapen om misdaad te bekamp.

As jou kleur “verkeerd” is, moet liefs nie na die paaipraters luister nie. Kry jouself gereed vir vlug en veg.

Nikita ·

Jip..Angola & Mosambiek was daai tyd nog ryk Portugese kolonies.

AJ. ·

Ons land is verdoem onder die ANC en die EFF en almal van hulle aanhangers. Weereens is dit n` klinkklaare bewys dat die ANC dans volgens die EFF se pype, en alles wat die EFF wil he kry hulle van die ANC.

HULLE IS ALMAL KOP IN EEN MUS.

Dirk Breytenbach ·

CR het reeds etlike maande tevore al by verskeie geleenthede aangedui dat OSV sal kom of “ons” daarvan hou of nie. Ons moet leer om te luister. Dit is ‘n voldonge feit en sal gebeur.

lewies ·

Sy wee is nie ons wee nie en Sy gedagtes nie ons gedagtes nie. Hy het ‘n verborge plan met alles wat nou in Suid-Afrika aangaan en wat vir ons aanvaarbaar en onaanvaarbaar is. Die mens wik, maar Hy beskik, Gevolgtrekking: “Wat moet gebeur sal gebeur” Sterkte aan AfriForum

@lewies ·

Gevolglik sal jy op jou levies sit en geduldig wag dat dit gebeur en dan daaroor kla! Né

Apie ·

En so maak CR die pot water met die paddatjie (wit mense) in, al warmer. Wanneer gaan die paddatjie tog wakker skrik?

Soekies ·

@Apie, en wat sou jy se moet “ons” doen nadat ons wakker geskrik het? Oppak en emmigreer? Ons het lankal wakker geskrik. Ons voer oorlog op ons kniee, en wanneer die bom bars, sal ons verseker triomfeer. Ek is nie bang nie!

Nikita ·

Die paddatjies is wawyd wakker..maar hoe moet ons hier uitspring!!

Staak saam ·

Maak goed gebruik van die tyd, dit gaan aanvaar word en hulle gaan grond vat.
Die bloed gaan loop, dit is ook n feit soos OSV.

Al ·

Here ek lê hierdie saak voor U. Laat U Heilige Gees in die parlement se harte en verstand en siel werk om te besef dat die Grondwet nie moet verander nie.
By U is als moontlik. Amen.

Jaspaas met sy stil geraas... ·

AMEN
Ek dink ons almal moet bid vandag!!!

Jacques ·

Dit is net baie snaaks dat die mense wat so hard aandring oor grond sonder vergoeding diegene is wat ook self nie grond het of basies niks het nie en ook nie belasting betaal nie .
Dit wys net vir my met watse mentaliteit ons in die land sit , en ook in die parliment het wat die beluite moet maak . Daar is geen beplanning nie , dus sal ons nie weet of ons more nog sal kos he op ons tafels nie , maar hulle wil net grond he en vat ? Wat dink die ANC en EFF mense gaan gebeur as al die landbou grond vol schacks staan waar daar veronderstel is om miellies te wees vir hulle stapel voedsel ? Hulle gaan dan seker die bietjie wat oor is afbrand want daar is nie meel of brood , ens in die winkels nie . Kom by want julle is besig om julle name met n hele paar planke te slaan .

JAN ·

Rosie ons bont kat rol ook so in die rooigrond dat die-bad na die -oplossing lyk . Om ons kussings skoon te hou.
Hmm lag?

Rudolf Venter ·

Reik uit na hoekom jy n mens is, leef daar volgens tesame met jou dinamieka van verantwoordelikhede, moenie mislei word en gevang word in paniek nie, op die ou einde sal jy sien, dit het niks saak gemaak wat jy hiervan dink nie…

Anoniem ·

@ Soekies, ek stem 100% saam met jou. Ons Hemelse Vader gaan ons beskerm en verlos uit die hande van die ABNORMALE REGERING.

pieter ·

Mesne maak maar week blikkies kos bymekaar, hierdie keer mag jy dit dalk nodig kry

Johan H. ·

Een groot feit wat uitstaan soos n paal bo water….baie wittes gaan nie loop nie,ek is een. Ons wag,geduldig ,gedienstig,gedwee.
Dis nie sommer net van vat nie!!!!!!!

MTSteyn ·

By berigte soos hierdie is dit altyd interessant om die kommentare daarop te lees. Met reelmaat skryf Christene – tereg – dat God ons uit die gemors (sal) verlos.

Geen ware volgeling sal God se vermoee om ons te kan verlos, betwyfel nie. Maar soms neem God volgelinge, volkere, gemeenskappe deur die vallei van doodskaduwee. Baie Jode is tydens die Twee Wereldoorlog vermoor, so ook Christen Armene deur die (moslem) Ottomaanse ryk in 1915; smeekgebede ten spyt.

Ek wonder soms of ons as volgelinge voortstoom in ‘n rigting waar God nie is nie. As ‘n God van liefde, is sy raadsplanne vir almal en alles egter nie ondergeskik aan Sy liefde nie.

Dus, as God jou so lei, emmigreer nou! En as God jou so lei, bly hier. Bly op jou kniee, deurstaan die toets van geloof, en hou daai kruit droog; of jy hier bly en of jy oorsee woon. Jy gaan binnekort op al drie getoets word.

Werner ·

Hulle het besluit om voor te gaan en art 25 te verander dit is nou nie juis n verassing nie vir die wat ge glo het Afriforum sal hulle keer kry maar blikkies kos en kerse ons gaan dit nodig kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.