Dag Zero: Kapenaars sal dalk moet toustaan

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die Stad Kaapstad het Sondag gesê hulle sal watertoevoer na krane afsluit sodra damme ʼn gesamentlike vlak van 13,5% bereik.

Die stad sal Maandag die ramp-operasiesentrum aktiveer om die stad se water-rampbestuurplan uit te voer wat in werking sal tree op “Dag Zero” wanneer die stad se water amptelik op sal wees.

“Terwyl die stad al sy pogings op die stryd teen Dag Zero fokus, moet ons voorberei vir ʼn situasie waar ons beheer neem van die stad se watertoevoer om dit tot in die wintermaande te verleng. Ons sal die toevoer na krane afsluit wanneer ons damme ʼn gesamentlike vlak van 13,5% bereik,” het senior beamptes van die stad Sondag in ʼn verklaring gesê.

Volgens beamptes moet verbruik tot 450 megaliter per dag verminder word om dit te vermy. Dit kom neer op 50 l water per persoon per dag.

Die stad se departement van water en sanitasie het sedert Maart 2017 verskeie maatreëls in werking gestel in ʼn poging om waterverbruik te verminder. Dié maatreëls sluit in ʼn vermindering in die druk van die watervloei, asook die installering van watermeters om verbruik te verminder.

“Wanneer ons damvlakke 13,5% bereik, sal ons begin om die toevoer na krane, behalwe in kommersiële sleutelgebiede en instellings soos hospitale, af te sluit. Wanneer dit gebeur, sal inwoners toegang tot water hê by versamelingspunte oor die hele stad. Elke inwoner sal 25 l per dag kry. Daar sal verskillende toegangspunte vir voertuie en voetgangers wees, asook vir dié wat water afhaal namens kwesbare groepe,” het die beamptes gesê.

Die waterversamelpunte is slegs een vlak van die rampbestuursplan. Watertenkers sal gebruik word om water aan byvoorbeeld tehuise vir bejaardes en versorgingsfasiliteite af te lewer. “Ons praat ook met handelaars om te verseker dat daar genoeg gebottelde water is vir mense om te koop.”

Die beamptes het ook laat hoor dat hulle die waterpunte voor Dag Zero gaan toets om te verseker dat dié punte so doeltreffend moontlik funksioneer en ook veilig is.

Niemand sal by versamelpunte weggewys word nie. Geen bewys van identiteit word ook vereis nie. Die versameling sal ook gereguleer word.

“Ons is besig om die punte as hoë, lae of medium risiko te klassifiseer en veiligheidspersoneel sal volgens dié klassifikasie ontplooi word.”

Die polisie en die weermag het laat hoor dat hulle sal hand bysit om die versamelpunte te beveilig.

“Ons is wel bewus van die feit dat die afhaal van water vir alle Kapenaars ongerieflik sal wees. As ons nie wil toustaan nie, moet ons nou water spaar. As ons ons daaglikse waterverbruik tot minder as 50 l per persoon kan verminder, kan ons Dag Zero vermy,” het beamptes van die stad gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

En geen woord word gesprak oor die watervermorsing in informele nedersettings waar karre en kombi’s met tuinslange gewas word. Daar is slegs gesê ‘nie verpolitiseer moet word nie’. Hoe op aarde kan daarna gekyk word anders as deur ‘n politieke bril? Vraag is hoe ‘n dag zero in nedersettings toegepas sal word.

Ben ·

Dit is reeds bevestig dat die water na informele nedersetting NIE gestop gaan word nie.

Cherokee ·

Dan is hulle nie werklik bekommerd nie – onbevoeg om so ‘n krisis te hanteer. Die informele nedersettings kan dus water gebruik na willekeur. En DA-kiesers wil dit nou nog nie weet dat die DA en ANC dieselfde is en net verskilend gespel word.

Whaaaaaaaaaaaaa ·

Gaaaaaaaaaaaaaaaap, julle raak nou vervelig. HOU OP OM MENSE TE DREIG< in die tyd wat julle die mense dreig oor 'n krisis (waarvoor julle direk aanspreeklik is) kon julle al die ontsoutingsaanlegte aan die gang gesit het en 'n dam of drie gebou het . maar nee .kom ons DREIG die publiek liewer, al is ons 17 jaar gelede gewaarsku die water gaan opdroog, maar tipies . weer gedink solank daar water in die kraan is is dit REG. DOEN IETS DAARAAN EN HOU OP DREIG!

zeno ·

Loue – Ek stem saam,hoekom word die water na informele nedesettings nie afgesny nie,m.a.w. daar is politiek by betrokke. Betaal die nedesettings dalk maandeliks dienste gelde, het hulle water meters by elke huis, ek glo nie,dit maak `n mens rooi in die gesig.

Mike Kaapstad ·

My stukkie grond het baie baie water ek sal daar gaan haal en in die stad kom verkoop,mmmmm ek gaan skatryk word…..

Theresa ·

Het ENIGE iemand ooit die Franse se aanbod om ontsouting in werking te kom stel en te finansier aangegryp!!!!?????? Kan ons iets hieroor lees? Wie het dit nie laat plaasvind nie? Tweedens: wie is die sogenaamde kwesbare groepe??? Dis mos eintlik almal wat deur kriminele geteister word?? Laat die soldate die plekke bewaak. Die polisie het baie ander werk. Waarom nie ‘n ID wys vir jou waterhaal nie? Sal dit onwettige inwoners maklik identifiseer?? Ideale geleentheid.

zis ·

Owerhede het gesit en slaap,hulle kan nie ons krane toedraai nie, dan moet hulle die nedesettings se krane ook toedraai,wat vir my lyk dit gaan die gebeur nie. Die regering en owerhede moet maar 24 uur werk en sorg vir water.

Dors ·

25L per persoon maar hoe word daar bepaal hoeveel mense/kinders in n huishouding is?

Pop ·

Mensr wat dink dit kan net in die kaap gebeur moet weer dink. Die hele aardbol word mee gemors. Ons ontbos en besoedel die lug. Hulpbronne word vermors. Die mens het nie brieke as dit kom by water mors nie. Praat en smeek help nie. So nou moet ons maar voel

Drikus Kotze ·

Toe die ANC aan bewind gekom het was dit dag “0”!!!!!

BOLANDER ·

Hoop julle draai die krane toe in die areas waar hulle nog nooit vir enige water betaal het nie en nog steeds water mors!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.