Dag Zero kom: Nuwe noodmaatreëls

Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeester. Foto: Tamaryn Africa/ANA

Die Stad Kaapstad het nuwe noodmaatreëls aangekondig aangesien dit lyk of Dag Zero onvermydelik is.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, sê ondanks die feit dat Kapenaars vir maande lank gemaan is om water te spaar gebruik 60% steeds meer as 87 liter per dag. “In dié stadium moet ons aanneem dat hulle nie hul gedrag gaan verander nie en dat die kans dat ons nou Dag Zero op 21 April 2018 gaan bereik baie waarskynlik is.”

Inwoners van Kaapstad se waterverbruik word vanaf 1 Februarie tot 50 liter per persoon per dag beperk. De Lille het gesê die nuwe vlak 6B-waterbeperkings het ten doel om die nuwe mikpunt van 450 miljoen liter water per dag te bereik. “Dit sal vir 150 dae in plek wees waarna die stad weer die situasie sal herevalueer.”

Volgens De Lille kan mense nie meer gevra word om water te bespaar nie en moet hulle nou gedwing word. Sy het gesê die raad sal Vrydag stem oor bestraffende tariewe waarvolgens inwoners eksponensieel hoër tariewe vir waterverbruik bo 6 000 liter per maand gehef sal word. (ʼn Tabel volg onderaan die berig met die voorgestelde hoër tariewe).

“Die voorgestelde droogteheffing sal waarskynlik laat vaar word weens die protes van Kapenaars dat dit onregverdig is. Ek verstaan die reaksie en dit was ʼn moeilike les vir die stad. Die stad het die heffing voorgestel om seker te maak dat ons kan voortgaan om belangrike en noodsaaklike dienste te lewer tydens die krisis.”

Daar is intussen 200 plekke geïdentifiseer waar spesiale waterpunte opgestel gaan word waar mense ná Dag Zero water sal kan gaan haal. “Die stad sal van volgende week die punte se liggings begin bekend maak sodat gemeenskappe kan begin voorberei vir daardie moontlikheid.”

Volgens De Lille word daar hard gewerk om die noodplan, wat ontsouting, grondwater en die hergebruik van water insluit, in plek te kry. “Soos ek egter alreeds gesê het, sal dit nie genoeg wees om Dag Zero te vermy nie.”

Verbruik per maandHuidige tarief – totale huishouding se waterrekening Nuwe tarief – totale huishouding se waterrekening
6 000 literR28,44R145,98
10 500 literR109,50R390,82
20 000 literR361,06R1 536,28
35 000 literR1 050,04R6 939,57
50 000 literR2 888,81R20 619,57

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hennie Theart ·

Die stad Kaapstad het geweet vir die afgelope 3 jaar dat die gemiddelde reenval onder gemiddeld was. Vir 3 jaar het hulle niks gedoen nie. Nou moet die inwoners meer betaal vir hulle niks doen nie. DA luister mooi – julle mag dalk die verkiesing in 2019 verloor, en dan het julle net julle self te blameer.
Sedert verlede jaar het stad Kaapstad niks gedoen nie. Julle is laks en hoort nie in die stoele te sien nie.

Vraagteken ·

Hi Hennie, ek wonder nou net; wat moes hulle doen? Is 1 jaar nie te kort nie?

Die kaanse is amper 0 dat hulle die verkiesing in die Kaap gaan verloor. Indien hulle verloor, wie dink jy moet oorneem – die ANC?

Adam ·

Vraagteken, Hennie is korrek. Die DA kon in Kaapstad in “aquifers” geboor het ( enorme hoeveelhede van die VSA se water kom uit “aquifers” en boonop kon hulle desalinasie projekte gedryf het. Ongelukkig het die DA die laaste paar jaar op hulle hande gesit en nadat Maimane oorgeneem het, mors hulle gewoon tyd op allerhande binnegevegte.

Doemprofete ·

Hi Hennie, weet nie of jy in Kaapstad woonagtig is nie, maar die stad het beslis nie “niks” gedoen soos jy dit stel nie. Die geld vir nuwe water skemas behoort van nasionale regering te kom en daar is nou vir jou n klomp ouens wat op hulle hande sit! Deur net een party (naamlik die stad Kaapstad of DA) te blameer vir n komplekse probleem wys dat jy nie die grooter prentjie verstaan of wil verstaan nie. Hierdie is lankal nie meer n probleem wat mense kan regmaak nie. Ons is nou in God se hande en dis waar ons vertroue moet wees.

Leon ·

Hi Vraagteken, Hennie en Adam is korrek. Patricia de Lille het HAAR ODTP ten alle koste gedryf deur die begrotings van verskeie departememte te halveer. Ja, dit was ook ten koste van die waterkrisis wat ons nou in die gesig staar. Indien sy toe haar aandag en energie en die van haar Raadslede wie sy in die ODTP ingeboelie het, eerder op die maatreëls wat sy nou wil implimenteer gefokus het, dan sou die krisis nie so erg gewees het nie.

Onthou net Vraagteken, indien jy nie vir die DA stem nie, beteken dit nie dat die ANC outomaties gaan oorneem nie. Die ANC kan net oorneem indien mense vir hulle stem. Ek gaan veel eerder vir die Cape Party stem wat staan vir ń Kaapse Republiek. Hulle het ń model wat besluitneming sal terugbring na die mense, m.a.w. iets soos eie munisipaliteite en nie een onaantasbare sentrale uitvoerende Burgemeester wat alleen besluite neem en dit op ons afdwing nie. Gaan lees gerus hul manifes op hul webtuiste by http://www.capeparty.com

LB S ·

Leon, julle klein partytjies kan maar vergeet. Buitendien wil ek, self ‘n Kapenaar, nie in ‘n Kaapse Republiek van SA leef nie. Daardie dae is vir goed verby. Nee wat jong, stem maar eerder vir die DA en onthou, die DA IS NOG STEEDS die Provinsie wat die beste bestuur word. Almal van julle spring nou op die “band wagon” om die DA af te kraak, maar behoed julle siele as julle nie vir die DA stem nie, en die ANC spring weer hier in. Asseblief tog, spaar ons dit. Onthou, geen een van die partye is volmaak nie, die DA is net die beste van die spul!

rollie ·

So as daar 10 mense in ‘n shack woon kan hulle 500 liter water per dag gebruik, KOSTELOOS.

Hennie ·

Ek sal graag wil weet hoe De Lille gaan bepaal hoeveel persone bly op n perseel om sodoende te bepaal wanneer jy die hoër tarief moet betaal.

Frikkie Geld en huis ·

Maw, as die huishouding- shacks natuurlik uitgesluit-20 000 liter per maand gebruik wil die stadsraad ons R 7.68 per liter laat betaal ?? Gebottelde water kos R6.00 vir 5 liter.

Marius ·

Ek weet daar is water tekorte maar die straf reels is net n geld maak storie. Die mense in die nedersettings wie kyk na hulle verbruik en ons wat in huise woon moet vir hulle ook betaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.