Dag Zero skuif wéér aan danksy skenking van boere, besparings

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die Kaapstad-metro het Dinsdag aangekondig dat Dag Zero nóg verder aangeskuif is.

Ian Neilson, adjunkburgemeester van Kaapstad, het gesê Kapenaars het die skuif moontlik gemaak deur middel van beduidende waterbesparings wat sedert die begin van die jaar geïmplementeer is.

Dié aankondiging volg nadat Dag Zero vroeër vandeesmaand tot 4 Junie aangeskuif is – dit nadat dié dag Kaapstad aanvanklik begin April sou tref.

Volgens Neilson daal die damvlakke in die provinsie op ʼn weeklikse basis met ongeveer 0,5% teenoor 1,9% in 2014.

Die aanskuifdatum is ook te danke aan die miljarde liter water wat vrugteboere van die Overbergdistrik aan Kaapstad geskenk het wat volgens Neilson die damvlakke redelik laat styg het.

Volgens hom gebruik Kaapstad ook net 532 megaliter water per dag teenoor 1 130 megaliter per dag in 2014.

“Die waterskenking van die Groenland Watergebruikersvereniging (GWUA) en die vermindering in watergebruik het ʼn dramatiese uitwerking op die Dag Zero-datum gehad. Ons verwag egter dat die datum weer na êrens in Junie vervroeg sal word wanneer die Groenland-water alles in die Streenbasdam ingevloei het omdat ons nog nie in staat was om slegs 450 megaliter per dag te gebruik nie,” sê hy.

Neilson sê dit is noodsaaklik dat Kapenaars hul persoonlike watergebruik selfs nog meer moet verminder om uiteindelik net 450 megaliter per dag te gebruik. Volgens hom sal Kaapstad eers dan moontlik Dag Zero heeltemal kan vryspring.

Hy sê inwoners moet hulself waarskynlik voorberei op nóg ʼn droë winter aangesien Kaapstad verlede jaar ʼn rekord lae reënval gehad het tydens die wintertydperk.

“Die enigste manier om ons watervoorraad uit rek is om te hou by die 50 liter water per dag per persoon. Die waterbesparings in die stad wat die beste tot nog toe. Ons moet egter nie nou gemaklik raak nie.”

Neilson het gesê hy wil namens die metro die GWUA bedank vir hul waterskenking wat nou verligting bring.

Die stad het sedert 1 Februarie vlak 6B-waterbeperkings en -tariewe ingestel in ʼn poging om selfs meer water te bespaar. “Dié tariewe bly gekoppel aan verbruik: Hoe meer water jy verbruik, hoe meer gaan jy betaal. Die stad maak nie ʼn wins op die verkoop van water nie. Die nuwe tariewe is bloot deel van die stad se pogings om Dag Zero vry te spring en om finansiële stabiliteit te vestig om water tydens só ʼn tydperk te voorsien,” het Neilson vroeër gesê.

Vir ʼn volledige uiteensetting oor die nuwe waterbeperkings en -tariewe besoek die stad se amptelike webwerf hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan B ·

Ja maar dag Zero het reeds aangebreek vir die boere teen die Bergrivier.
.

Francois Joubert ·

Die boere in Grabouw het water gegee. Die Bergrivier boere se water is gevat. Daar is nog water oor op sommiges se pompmeters maar geen meer water in die rivier.

perd ·

Maar nou lees ek van mense in die kaap wat rekeninge kry ver bo hulle water verbruik. Asook die verhoogde tariewe laat dit bleik dat die munisipaliteit nou verlore inkomste wil melk uit die mense. Wil voorkom of die kapenaars voor en agter geskroef word deur die munisipaliteit

snotters ·

kan iemand my asseblief vertel hoekom daar geen vuil taxies in die kaap is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.