Dagga-kettinggroepeienaar vasgetrek

Die kettinggroepeienaar is glo een van die grootste verskaffers van dagga in Suid-Afrika. (Foto: Verskaf)

ʼn Dagga-kettinggroepwinkeleienaar en twee van sy makkers is in onderskeidelik Brits en Hartbeespoortdam in hegtenis geneem nadat hulle glo met dagga ter waarde van miljoene rande betrap is.

Die kettinggroepeienaar is glo een van die grootste verskaffers van dagga in Suid-Afrika.

Die verdagtes, onderskeidelik 49, 34 en 27 jaar oud, het reeds in die landdroshof in Brits verskyn. ʼn Vierde verdagte (25) het hom later aan die polisie oorgegee en saam met die ander drie in die hof verskyn.

Volgens kapt. Tlangelani Rikhotso, polisiewoordvoerder, het die Valke beslag gelê op dagga ter waarde van R2 miljoen, R54 000 kontant en ʼn Toyota-bakkie. Intussen is ʼn bewaringsbevel uitgereik vir ʼn kontantbedrag van sowat R800 000 en vir ʼn plaas ter waarde van R3 miljoen.

“Aanklagte van daggahandel, die kweek van dagga, bedrog en geldwassery van ongeveer R10 miljoen staar die verdagtes nou in die gesig.”

Die kettinggroepeienaar is in 2019 ook in hegtenis geneem toe polisie op sy winkel, Canapax, toegeslaan het. Beamptes het destyds beslag gelê op dagga en ander onwettige produkte ter waarde van R3 miljoen.

Verskeie Canapax-takke oor die hele Suid-Afrika is kort ná sy inhegtenisneming gesluit.

Twee van die verdagtes is Dinsdag vrygelaat op borgtog van R100 000 elk, terwyl borgtog van onderskeidelik R10 000 en R5 000 aan die ander twee toegestaan is.

Die saak is uitgestel tot 9 Julie terwyl die polisie die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Rerig? het die Polisie niks anders om te doen as om mense wat bietjie plantjies groei vas te trek nie?

Misky ·

Wonder hoeveel van daai dagga gaan voetjies groei en wegloop?

Andre ·

Ai, nou gaan duisende boomkoppe nie n fix kan kry nie. Gelukkig groei die goed wild orals.

Elize ·

Klink nou vir my bietjie onregverdig. R100 000 vir daggakwekers terwyl moordenaars op R500 en R3000 borgtog bvrygelaat word? Wonder ook hoeveel van ons ryk biljoeners het soortgelyke besighede wat deur ander vir hulle bedryf word?

Misky ·

Ek het dieselfde opgemerk en wonder toe juis oor die bedrae. Maar ek dink 100k maak meer sin as die sinnelose R500 of R1000 borg van deesdae. G’n wonder hulle daag nie op vir hofdatums nie en daai is kleingeld vir misdadigers

Anoniem ·

Ag nee, wat nog. Die ou plantjies en verwerkte produkte is dan oral te koop en sò goed vir die gesondheid. (Die wie dit gebruik)

Onnie ·

Ek dink dit is belaglik dat die polisie hulle tyd mors op dagga ( wat mos wettig is om te rook) en ander pad kyk as daar ernstige misdade gepleeg word. Die rastas hier verkoop hul produkte vanaf hul stalletjies of huise. Ek dink hulle kan maar nou regtig die dagga rokers uitlos en vir n verandering n paar plaasmoordenaars of politkuste agter tralies sit.

Tanniepetoors ·

Reik die mense se permitte betyds uit dan sal SAPD nie nodig hê om siviele eise te betaal vir hierdie onwettige inhegtenisnemings nie. Lanklaas soveel twak, letterlik en figuurlik, op een plek gesien en gelees.

Kakamiet ·

Great! Dagga verskil van cbd olie. Gesondheids doel eindes is verkies ipv dit rook! Neuk jou breins op!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.