‘Dagga-kleuter’ opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vierjarige kleuter wat glo deur haar ouer boetie gedwing is om dagga te rook, is gevind, het die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap, Woensdag gesê.

“Die ministerie is Dinsdag in kennis gestel van ʼn 17-jarige tiener wat foto’s op sosiale media gelaai het waar hy glo sy vierjarige sussie oorhaal om dagga te rook,” het LUR Albert Fritz in ʼn verklaring gesê. “Ons maatskaplike werkers van die betrokke streekskantoor is onmiddellik ontbied en het met ʼn ondersoek begin om te bepaal waar die kleuter haarself bevind.” Dit was moeilik, aangesien inligting ontbreek het en ʼn adres nie verskaf is nie.

Volgens Fritz het maatskaplike werkers Woensdag die kleuter opgespoor en die kind se ma genader om in te gryp. “Die polisie is ook versoek om bystand te lewer, gegewe die 17-jarige se betrokkenheid by bende-bedrywighede.”

Die departement stel ook ondersoek in en werk saam met die polisie om die tiener op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Dankie dat ek grootgeword het in ‘n tyd van lyfstraf gepaardgaande met dissipline . . .

Ai tog ·

Die tiener was self onder die invloed, hemelhoog want dis onmoontlik om jou vierjarige sussie te laat dagga rook. “Die duiwel loop op haksskoene”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.